Moet ons nou dankie sê?

Ek sit gister weer in die verkeer en hoor op die radio hoe die groot koppe van SAL vir die publike wil gerus maak oor “hulle nie nou al hulle vliegkaartjies se pryse gaan aanpas nie”.

 

Ek sien toe sommer in my geestesoog hoe heelwat mense wat gereeld van hulle dienste gebruik maak ‘n helse sug van verligting gee.  Ek het nie.

 

Ek was nog altyd van mening dat groot besighede sover moontlik die publiek melk vir alles wat hulle werd is.  En dis seker nie ‘n probleem as jy Eskom of Telkom is nie…jy is darem by slot van sake die enigste verskaffer in jou veld in die land en sonder daardie dienste is dit maar bra onmoontlik om te bestaan.  Maar as jy SAL is is daar mos kompetisie, nie waar nie?

 

En dis waar ek ‘n ander kalant is.  Edgars kan maar sy 75% uitverkopings hou en in hul agterwerelde opdruk.  As jy klere teen 75% minder kan verkoop, dan het jy mos met daai einste klerereeks al vir maande mense gerook vir al wat hulle werd is?

 

Vertel my eerder jy stoot jou pryse op met 10c per brood oor die petrolprys hoër is.  Ek kan myself nog vereenselwig met so iets.  Produksiekoste is hoër agv hoër dieselprys, eskom tariewe wat verhoog het en die vervoer van die graan van die plaas na die meule na die bakker.  DIT sal ek verstaan.  Maar moet nou nie vir my ‘n aalmoes gooi en dink ek moet jou voete soen nie.  Brandstof is duurder. Punt.  Niemand sou jou gekruisig het as jy jou kaartjies duurder gemaak het nie (binne perke natuurlik).  Maar as jy mos nou met jou vroom gesig vir my wil vertel jy kry my (die publiek) jammer en gaan jou pryse vir eers dieselfde hou, dan het jy mos nou al lank jou dienste aangebied teen baie meer as wat jy moes?

 

Ek weet ek is nie al een wat so dink nie…

 

6 Responses

  1. Encore Pagoda! Jy is so reg!

  2. Hello Werflinge

    Baie raak en korrek opgesom. As jy afslag kan gee moet jy dit weer van iewers verhaal en dus betaal jy maar in elke geval weer, dalk net later op ‘n ander manier vir al die afslag wat jy kry.
    Hoekom sal die groepe wat se pryse altyd laer is, nooit sulke drastiese afslag of uitverkoping promosies hou nie?
    Laat mens dink ne.💡
    Groete van Huis tot Paleis; Pondok en Varkhok

  3. Jy’s op jou stukke vandag Pagoda!!
    Amen!

  4. Pagoda,

    Ek sê al lankal daardie ding, op uitverkoping is die prys half of minder en hulle maak nog steeds ‘n wins, so vir hoeveel het hulle dit aangekoop? en hoeveel wins is daar gemaak voor die uitverkoping? wat hulle nog steeds wins op maak.

    Ek stem hulle doen jou nie ‘n guns nie, hulle het reeds soveel uit die publiek gemaak deur daardie selfde ietem teen ‘n moerawiese wins te verkoop vir hoe lank.

  5. Die uitverkopingsveldtogte kos tog geld ook? En al wat hulle eintlik wil hê is om nie more met die verdomde ou reeks op die rakke te sit nie, wat low and behold, more kom ‘n nuwe reeks wat ten duurste verkoop gaan word totdat daar weer plek gemaak moet word…ens ens ens…die vicious sirkel van duur klerewinkels.

  6. Dis so waar ek het nog nooit so daaraan gedink nie.

    Ons bly maar die melkkoeie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: