Sommer Sondag

  

 

Ek weet ek breek nou effe weg van dit waaroor daar die laaste paar weke geskryf is op Die Werf…maar dis hoe dit hoort.  Die Werf is oorspronklik begin met die oog om vir ons almal ‘n nuwe tuiste te skep, ‘n bymekaarkomplek waar ons almal kan lag, kwaad wees, stry, gesels, …So ek wil van hierdie oomblik gebruik maak om sommer net te skryf.  Oor my Sondag.

Ek is vir ‘n slag alleen.  So oppe Sondag.  Gister was my vrou na ‘n stork party toe.  Ek en sy het gereeld, net na ons uitgevind het sy is swanger, gespot met die mense om ons wat ook self daardie kiem opgetel het.  Ons het n epidemie begin.  Mense by haar werk, vriende van ons, kennisse, almal gaan tans gebuk onder die swangerskap kiem.

So ek moes gister na die laitie omsien.  Sy wou by tye die outjie saam met haar vat oor sy bang was hy raak te moeilik vir my om te hanteer; ek het by slot van sake mos nie melkgewende nippels nie.  Ek herinner haar toe maar aan die formula wat op die yskas staan.  En onwillekeurig herinner sy my dat die outjie nie raak daaraan nie, want dit kom mos nou uit ‘n silikoonnippel in plaas van ‘n vlees-en-bloed container.  Maar ek dog so stilletjies by my self dat honger die speelveld gelyk maak.  Ta sal vandag daai formula vat al moet ek dit met ‘n spuitnaald in sy bekkie pomp!

Sy’s toe weg en ek besef toe eers ek het nie gevra hoe lank sy sal weg wees nie.  Ek beluit toe dis ‘n goeie ding, dit wys darem ek is nie paniekbevange oor ek so op my eie nou na ‘n afhanklike 5 maande oue laitie moet kyk nie.  En ek voel trots.

So, die vuurdoop begin maar soos iemand wat ‘n paar mêtjies in die suidooster wil aanstek vir ‘n braai…kom nie aan die gang nie.  En dis ‘n goeie ding.  Ek gooi ‘n branna, laitie word geperch in die leunstoel sodat hy kan sien hoe die WP met die ex-Vrystaat losskakel die wind uit die seile van die Cheetas haal en die lewe is goed!  So tussendeir kom ek agter my seun is tippies latie…like woorde soos poep, poepies en drolletjies…alles wat meisies mos swaar aan sluk en laties verskriklik snaaks vind.  En hy lag uit sy maag elke keer as ek vra of hy gepoepies het!

En toe raak hy onrustig en ek besef iemand het sopas die vuur kom aansteek met ‘n blowtorch.  Hie komme ding aan-aan…’n ding wat spring aan-aan…

Ek ek dog toe, oor ek mos nou ‘n rekenmeester is van beroep en gereeld alles annalisseer, dat ek nou nie gaan mors deur ‘n hele bottel formula te maak nie.  Doe goed kos geld, man!  En ek kry sy mini botteltjie, skrop hom skoon en maak aanmet water wat ‘n ruk terug gekook het, volgens instruksies.

Ek het al op TV gesien die ouens toets die temperatuur van die melk deur so bietjie op jou pols te stort…en ek traai en ek kom met ‘n skok agter dat die wat nog hopeloos te warm was.  En die twee rooi brandmerke op my pols beaam dit.  Koue kraan oop en toe kry ek ‘n flashback van ou Biologie klasse van my … enigiets warm sal “contract” die oomblik wat dit in aanraking kom met ‘n koue stof.  En die silikoon nippel trek op ‘n knop soos ‘n ou sonder valstanne wat ‘n halwe suurlemoen heel in sy bek gedruk het.  Ek skrik, want hier het ek ons beste medisyne bottel nou opgedoner.

Helaas, verniet ge-panic.  Melk is nou koud genoeg en ek kry die laitie, by die tyd al maroon geskree in die gesiggie, en hy kom nou regop op my skoot sit.  Toe hy daai bottel sien nader kom gaan die bekkie sommer so automatic oop!  En daai nippel word sodiep ingesluk dat die gums vasslaan teen die plastic van die bottel.  En hy suip!  Soos ‘n alkoholis wat al ‘n paar dae sonder Oom Tas gegaan het.

Bottel is leeg en ek besef eers toe Willem de Waal die laaste skoopie oor die pale klits dat die outjie aan die slaap geraak het op my skoot…maar sit nog steeds en suie aan daai bottel, so in sy slaap.  En hy vang net lug en hy klink soos ‘n Kreepy Krawly wat so elke dan en wan met sy bek bo die water suig.  Toe ek daai bottel uit trek klink dit soos ‘n drein wat unblock word. DOEP!!  En daarmee saam vlug ‘n burp wat my laat dink aan my bierdrink dae!  Maar nou’s hy weer wakker.

Ek ek hoor ‘n poepie wat heel duidelik nie droog is nie.  Nou kyk, hy is onlangs op solids gesit, en ons weet mos nou dat die gestel ‘n rukkie vat om gewoond te raak daaraan en tot tyd en wyl dit doen, SAL daai poepies mos nou vrot en snaaks lyk.

Suiker op teen die trappe met hom en gaan vervang die doek.  Toe ek daai ene afhaal lyk dit soos velcro gemeng met toxic waste.  So groen soos avo…met ‘n tinge van “wet dog”…ugh!

Weer af teen die trappe.  Nou’s hy rustig en ons speel tot my vrou by die huis kom, drie ure later, en ons altwee vas aan die slaap kry op die bank. 

Na dit alles is ek vandag alleen.  Sy’t hom gevat na haar ma-hulle toe oor daar glo iemand in die familie is wat kanker opgedoen het en hulle eers gister daarvan uitgevind het.  Ek moet werk aan die paar privaat kliente wat ek het.  Middagete genuttig, ‘n glas oeldrank gedrink, my slippers aangetrek en reg geskuif om te werk. 

En toe let ek die stilte in die huis op.  Die stilte is oorverdowend.  Slaan teen die mure op soos muf.  En ek besef dat ek, as ek kon, elke dag eerder in die omtrek van my kind se gehuil en my vrou se gemoan en dan se gelag wil wees as op enige ander plek.  Dis waar ek hoort…

En ek stuur ‘n skietgebed op…

Hemelse Vader, kyk asseblief na my vrou en kind op die paaie vandag.  Dit reen en is soms gevaarlik.  Bring hulle veilig tuis.  Hulle’s my lewe.  Ek weet U verstaan…Dankie. Amen…

16 Responses

  1. Jy laat my dink aan amper een en twintig jaar gelede.My vrou het destyds by die Poskantoor gewerk en moes Saterdae ook half dag werk.Ek moes ook Saterdae na my dogter kyk, toe nog `n paar maande oud.

    Wel ja doeke omruil oh grouse, bad en aantrek ens, maar dit was lekker.

    Jou afsluitings gebed, spreek boekdele al is ek hoe verhard en het gebackslide , bid ek elke middag dat die Here my vrou en kind veilig tuis bring.

  2. Pagoda32 🙂 jou seuntjie is stunning, jy is ‘n goeie pappa, geniet elke sekonde daarvan, want as jy jou oe uitvee is hy groot en dan loop daar ‘n string girlfriends agter hom aan, die tyd vlieg ongelooflik vinnig verby so geniet elke sekonde wat jy het met hom, daardie 5 minute wat jy saam met hom spandeer is kwaliteit tyd. Vroulief het ook bietjie tyd nodig om te “chill” en dit laat ‘n mens altyd beter voel as jy weet jy kan jou kinders by dadda los om net bietjie asem te skep. 🙂

  3. Ek weet ook nie aldag hoe ek dit regkry om om te sien na hulle nie. Soggens al voor sewe by die deur uit, saans na 6 terug…dan werk aan kliente se goed…dit hou die pot aan die kook.
    Vroulief soek haar pond vleis en ek weier om enige dag deur te gaan sonder dat ek ten minste my laitie vasgehou het, met hom gespeel het, gepraat het, ens.

    Ek troos my daaraan dat as ek nie doen wat ek tans doen nie, ons nie die dak oor ons koppe of kos in die bord sou gehad het nie. Maar dit voel steeds asof die lewe my verbygaan en die oomblikke wat ek wel kan rustig raak so wyd uitmekaar verwyder is…

  4. Dit sal nooit verander nie Pagoda32, in vandag se lewe kan ‘n mens nie anders as om maar te werk nie, die lewe is net gans en al se duur daarvoor, maar onthou jy dien dit omdat jy jou famiie lief het en om vir hulle ‘n beter toekoms te skep

  5. Hi Pagoda, jy het Saterdag lekker memories gemaak. 😉
    Julle seuntjie is te “cute”, met sy mooi groot ogies!

  6. Ag hy is pragtig! En dis vir my sooo reg dat jy hom mooi oppas. My liefie het dit ook baie geniet. Voor jy jou oge uitvee, is hy groot en daai skaterlag oomblikkies is vir altyd verby. Moenie eendag terugkyk en spyt wees dat jy nie genoeg tyd saam met hom deurgebring het nie. Geniet hom! 😉

  7. Hy is opvreetbaar Pagoda! Ek kan verstaan dat jy so lief is vir hom

  8. 😆 Oulik geskryf!

  9. Jy het `n pragtige seun, geniet hom as jy die tyd kry, gistermiddag laat is my dogter en kleinseun huistoe, kleinseun het vir 2 weke hier gekuier, woelige knaap, wel hier het `n stilte oor ons huis gedaal, dit was erg en vanoggend 1 uur het my man weer gery Steelpoort toe, vandag was dit eers erg, as ek nie die 2 voëls gehad het wat so baie praat nie sou ek dit nie gemaak het nie.

  10. Baie oulik geskryf!!
    Jy’t ‘n pragtige seun. Soos almal al gesê het – geniet dit, een van die dae is hy uit jou hande.

  11. Dem mooi geskryf. Wens net ekke het een doekomruiler byderhand gehad soms….maar Boerseun was skytbang virrie doeke.
    Darie babatjie is vreeslik mooi!
    Jy kan ons gerus op hoogte hou van als wat nog daso gaan gebeur…kids doen die snaakste goed!

  12. Pagoda,

    Dit klink my jy het jou goed van jou taak gekwyt, en so sal dit maar altyd gaan, sodra jou geliefdes nie by jou is nie voel jy verlate en mis jy elke ou geluidjie en bewegingkie, selfs as hulle groot is en jy soms moeg word vir al die lawaai en omkrap en stry en soms baklei, mens is leeg sonder al daardie lewens drama en dinge wat ons maar aan die gang hou.

  13. Hi Pagoda,

    Mooiste ou seuntjie, en nie ‘n haar op die kop nie…

    “taras bulba” sou my pa hom genoem het, 🙂

  14. Hy het actually hare!

  15. Hehe, oke, sorry kan nie so lekker sien op die fotos nie.

  16. Is orraait. Jy’t nie sy menswees aangeraak nie!! LOL! Die hare was met geboorte dieselfde kleur as myne…rooi. Toe val van dit uit en ander, agter sy koppie, bly sit, maar begin ligter raak.

    Hy’t nou so ‘n fyn haredossie wat baie, baie blond is.

Leave a reply to Wipneus! Cancel reply