Jok/lieg sonde of nie?

Ok voordat ek met hierdie storie begin, wanneer is jok/lieg ‘n sonde en wanneer nie? Ek persoonlik dink daar is ‘n moerawiese verskil tussen jok en lieg, maar ander mag nie soos ek dink nie…… okei laat ek begin met hierdie ene dan sal julle sien waar kom ek vandaan🙂

Saterdag, staan op maak huis skoon, Tinus werk nie so ons beplan ‘n heel lekker dag saam met ons twee “monstertjies”, die son skyn lekker buitekant, daar is nie ‘n windjie in die lug nie en dit lyk sommer net of dit ‘n lekker dag gaan wees. Sit die voeltjies buitekant op die tafel sodat hulle ook bietjie sonksyn kan kry op daardie lyfies van hule. Net vir bietjie agtergrond, ek het vir Louis 2 kokketiele en vir Jessica twee budgies gekoop net nadat ons in die huis ingetrek het ….. Nou ja so pak ons die trippie aan in dorp toe (so 15 minute se ry). Almal is in goeie buie en ons is sommer net lekker laf en gelukkig🙂

Na amper twee ure in die dorp, baie inkopies en weereens speelgoed vir die kinders pak ons die trippie aan huis se kant toe. By die huis aangekom begin ons Jessica se pophuis aan mekaar te sit, en ek moet byvoeg dat die pophuis langer as sy is en dat alles met skroewe en goeters vasgesit moes word, hy is omrent twee keer haar lengte, na amper 1 uur en ‘n half staan die ding mooi regop in die sitkamer en speel sy te lekker met haar pophuis en barbies. Louis speel met sy dragons, kastele en dinasours……

Ek pak alles weg en maak klaar sodat ons kan middagete eet, ons het ‘n paar goeie movies uitgeneem en ons sien uit na ‘n lekker lui saterdagmiddag, movies kyk en dan vir die groot wedstryd tussen die All Black en SA…. so raak ons doenig in die huis, die kinders speel rustig, manlief sit ‘n movie aan en ons sit sommer op die mat by die kinders, eet onsself trommel dik en kyk movies ………

Hier teen 4 uur se kant hoor ek ‘n moerawiese geraas buitekant, honde blaf, mense gil, ek storm buitekant toe, daar op die gras le die kinders se voel hokke….. agge nee !!!! daar is niks voeltjies in sig nie, ek hardloop rond soek, fluit jan pierewiet en siek, ek kry die een kokatiel op die trampolien, naduit hy my vingers stukkend gebyt het kry ek hom uiteindelik in sy hok terug, ek kry die een budgie op die stoep, nog ‘n paar byte daarna kry ek hom ook in sy hokkie, nou waar is Polly en Tweedledam? Ek roep my man buitekant toe, ek huil, want ek was lief vir die voeltjies, hy help my om die hokke in die garage in te vat, ek wil nie he die kinders moet weet nie, want ek weet dit gaan ‘n moerse tranedal veroorsaak.

Ek gaan weer buitekant toe, fluit jan pierewiet …… want Polly het mos geleer jan pierewiet fluit, hy was nog ‘n babatjie. So gebeur dit toe mos dat ek die hokke met die twee oorblywende voeltjies in die garage laat slaap met komberse saterdag aand.

Sondag oggend vat ek hulle in die eetkamer in want die kinders soek hulle voeltjies …….. seun kyk na sy hok …… “Mamma waars Polly?” Jessica storm nader want seun begin huil en let dadelik op dat Twiddledee is in sy hok maar nie Tweedledam nie, hulle staar my aan asof ek van mars af kom hulle huil en ek staan ek kyk magteloos toe soos hulle huil. “Seun, Jessie ek moes hulle gisteraand dokter toe vat, hulle is nie dood nie, ek moet hulle nou nou gaan haal.” My man kyk my aan asof ek dagga gerook het, ek gaan kombuis toe, ek huil snot en trane want ek raak net so geheg aan diere soos my kinders.

“Dadda maak klaar ons gaan “dokter” toe” “Huh? dokter toe?” “Ja dadda (dokter) toe, maw die petshop……”

So maak ons klaar vir nog ‘n trippie in dorp toe. By “The pet barn” spring ek alleen uit die kar uit, storm binne toe en vra vir hulp. Ek kry dadelik twee ander voeltjies, een kokatiel en een budgie.

By die huis aangekom en ‘n paar byte later is “Polly” en “Tweedledam” terug in hulle huisies.

“Mamma hoekom is Polly se hare nou geel? Seun nadat die dokter sy medisyne gisteraand vir hom gegee het het hy hom gebad nou is hy mooi skoon, dieselfde met Tweedledam, hulle is gebad daarom lyk hulle bietjie anderste nou, want hulle was baie vuil gewees”

Ok daar is die hele storie nie vasgele, ek het vir die kinders gejok oor die voeltjies, maar was (is) dit ‘n sonde omdat ek gejok het vir hulle omdat ek hulle trane en hartseer wou spaar? Wanneer mag jy jok? Is dit regtig so ‘n groot sonde om ‘n “wit leuentjie” te vertel om ander seer en hartseer te spaar?

13 Responses

  1. Ai Patches

    Ek dink die antwoord op so iets lê in die individu. Persoonlik voel ek dat so vraag spruit uit ons godsdiens wat vir ons vertel dat enige leuen ‘n sonde is. Maar as mens na die source van daardie reel kyk sal jy ook vind dat daar gese word dat mens jou kinders moet beskerm, ‘n goeie lewe moet lei, jou medemens net so lief moet he soos jouself, ens.

    Om die kloutie by die oor te bring is soms moeilik, maar ek glo vas dat die Bybel as ‘n maatstaf gesien moet word en nie as die alpha en omega nie. En as sulks wil ek glo dat as mens ‘n wit leuen vertel mens dit doen om iemand te beskerm. En persoonlik voel ek dit kan nie as ‘n sonde gesien word nie. Vra jouself af…wie’t seergekry uit die vertel van die leuen? Niemand. Wie was beskerm deur die wit leuen? Jou kinders. Nou hoe kan dit verkeerd wees?

    Ek weet vir ‘n feit dat baie leuens as wit leuens geklassifiseer word deur iemand net oor die skuldgevoel te veel sal raak as dit as iets erger gesien sal word. Daar is ‘n fyn lyn…maar in die geval is ek seker jy kan maar rustug slaap…daai poorte glo ek sal nie oor so iets vir jou gesluit word nie. God was nog nooit kinderagtig nie.

  2. Ai Patches! Wat ouers nie ook als vir hulle kroos sal doen nie! Ek sien al hoe jaag jy die voëltjies rond. Ek hoop net die ander tweetjies kom terug of kry goeie huise iewers. Ek stem saam met Pagoda dat dit nie as ‘n leuen gesien kan word as jy jou kinders seer wil spaar nie.

    Nou ja, ek het vanoggend vir Ingilsman afgelaai en nou is ek weer Home Alone Annie vir 3 weke. Is OK. Ek het rus nodig.

  3. Patches, ek dink ‘n mens sal op die oomblik weet wat jy wel vir die kleingoed moet vertel. Jou moeder instink het hier ingeskop om jou kinders op ‘n vroeë ouderdom hartseer te spaar en ek sou tien teen een presies dieselfde gedoen het.

  4. Sjoe, bietjie van ‘n panarie die! Dit hang sekerlik van die situasie af, en mens sou uit die hoogte wou oordeel, maar om kinders hartseer te spaar sou ek seker dieselle gedoen het. Wat mens laat wonner of dit nie dalk net die maklike uitweg is nie?

  5. Howzit mense.

    Nee ek sien dit ook soos julle om te jok om iemand te beskerm en emosies by kinders te voorkom.Is vir my nie sonde nie, maar blatante liegery om jou verkeerde dade te verbloem is sonde.

    As ek by die buurvrou gaan “hallo” se het en ons het oor die tou getrap en my vrou vra waar was ek en ek se ek het oortyd gewerk of iets het voorgeval.Dan kan ek mos vir haar jok, dink net hoe sou sy voel as sy die waarheid moes uitvind. Nee dan jok ek maar om haar harseer te spaar. (lol)

  6. Ai Patches… ek sien al hoe hardloop jy rond en fluit jan pierewiet!!
    Stem saam met almal hier bo. Ek dink jy het die regte ding gedoen.

  7. Hi Julle,

    My eerste keer hier🙂 Lekker blog wat julle het. Mens mis maar SSSB.
    Ja Patches, shame man ek dink jy moet maar so daaraan dink: jy het die kindertjies se gevoelens gespaar, en dit is nie ‘n slegte ding nie.😛
    Lekker aand verder.
    (sien Annie ek het kom hallo se)🙂

  8. Hi Mona dankie vir jou inloer, ek mis nie SSSB in `n honderd jaar nie.Maar hoop ons sien jou meer.

  9. Die sondes van ma wees het jou ingehaal. Mens wonder nie oor die dinge nie, dit is deel van die gawes. Mens moet op jou voete kan dink, kreatief wees en die lewe so aanpak. As jy die trane op die manier kan stop: goed gedaan. Wat belangrik is is dat jy ‘n klein herinnering geskep het – geblog het en jy kan oor 20 jaar daarna terug verwys. Dit is in elk geval al wat daar onthou gaan word!!

  10. Patches ek skuif maar ook langs jou in die bekuldige bank in…😉 ek sou presies dieselfde gedoen het. Ouers hou niks daarvan as hulle kinders hartseer is nie.

    Mens gaan haal daardie wegvlieg voëltjies by die dokter:mrgreen:

    Liewe Jesus sal jou vergewe, hy is baie lief vir kinders !!

    :

  11. Hello Werflinge😉

    Die verskil tussen wat Patches gedoen het en wat Brein hierbo kwytraak is die duidelike verskil tussen jok (om iemand te help of leed / hartseer te spaar) en lieg (om jou eie arrogansie en verleentheid te verberg).😀👿
    Dus kan julle maar self oordeel verder.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄🙂

  12. Hey Monna! Bly jy het kom inloer. Ek mis jou van SSSB se dae en ons lekker kuiers by Steve se shows.

  13. Hi Annie, ons kuier hoeka weer die naweek in Brits. Kan altyd vir jou “sleepover” reel?😛

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: