Aan die moeder in ons :)

Aan die moeder in ons huis

 

Wat my ma my geleer het

 

Ma het my geleer hoe om te bid:

 

Elke aand, nadat sy my in die bed gesit het, het sy gesê:

“Dankie Here hy is in die bed”

“Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom”

 

Sy het my geleer van “time travel”: Ek sal jou tot in volgende week in klap!

 

Sy het my geleer pa’s is slimmer en ryker as ma’s: Gaan vra jou pa!

 

Sy het my geleer oor fotosintese: Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

 

Sy het my geleer om altyd nederig en Klein te wees:  Mannetjie !!!

 

Sy het my van die weer geleer: Dit lyk of ‘n dekselse orkaan jou kamer getref het

 

Sy het my geleer van fauna en flora: Moenie vir my vertel pêrredrolle is vye nie!

 

Sy het my geleer om myself te ontdek: Hou op om jou soos jou pa te gedra!

 

Sy het my die wetenskap van osmose geleer: Hou jou mond en eet jou kos!

 

Sy het my geleer van uithouvermoë: Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeeet het!

 

Sy het my geleer van sintuie: Kinners word gesien en nie gehoor nie!

 

Sy het my geleer van humor: Hou aan lag, Dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

 

Sy het my van jaloesie geleer: Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

 

Sy het geleer dat daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles is: As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek’t nou net hier skoongemaak!

 

Sy het my wiskunde geleer: Sit jy alweer en tanne tel!

 

Sy het my logika geleer:  Want ek sê so, dis hoekom!

 

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: Ek sal jou klap dat jy jou antie vir ‘n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!

8 Responses

  1. 😆 Min wetende dat ons al die tyd geleer het!

  2. Ek erken myself ook hier, soos moeder soos dogter😉

  3. Hehe, tog so waar Patches🙂

  4. Classic, dis so waar gn wonder ek is Die Brein nie , my ma het al die logika soos bo by my ingeprent.Bwa ha ha .

  5. Lekker post Patches.

    Veral “Want ek sê so, dis hoekom” gebruik ek baie en dan’s my oudste eers wild….hehehe.

  6. Goeie dag almal, ek is vandag weer in Edenvale, was verlede week siek, voel beter maar nog siekerig (GRIEP) Wie van julle weet of ons nog kan “chat” (steve se kletskamer)
    Groetnis

  7. Hallo PARKES hoop dit gaan nou baie beter.

    Ek like steeds die een “Dankie Here hy is in die bed..”

  8. Hallo Julle….

    Dis die oulikste ding wat ek nog ooit gelees het!!!!

    Nou verlang ek na my ma!!!!

    Lekker dag vir almal!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: