Dinge wat my gat krap en ander lagwekkende dinge.

Daar is `n paar dinge wat my gat behoorlik krap soos:

Jy kry nerens in hierdie mooi land meer Tweedehandse motors of secondhand cars nie, maar deesdae “Pre-owned vehicles”, wie probeer hulle bluf met ander “meer gepaste” woorde secondhand bly secondhand.Pre-owned is secondhand of used cars.Oor `n paar jaar van nou af dan klink pre-owned weer commin dan gaan dit seker  halfnuut wees.

Dis nie meer Citroen (sitroen) nie maar Se-trin.Dis nie meer Peogeot (Piejoe) nie maar piz-zjo.

Wie het al opgelet van die nuwe soort kerk in Suid Afrika , fok hier is al 3 350 500 verskilende kerkgroepe en die nuutste op die mense se lippe is……………………….”GEEN DENOMINASIE” kom besoek my gemeente ons is van “GEEN DENOMINASIE.”Baie probeer deesdae mens by hulle sinagoges kry met die nuwe naam, wat maar net weer een of ander ou se eie sienswyse is en manier om mense te trek. 

Sportklubs in Gauteng , die arme provinsie is die kleinste provinsie in die land dan sal jy nou iemand kry wat brek my kind het tog Sentraal Gauteng klere in rugby.Jy kry nou provinsiale klere in Noord Gauten, Suid Gauteng. Wes Gauteng, Oos Gauteng en Sentraal Gauteng.Ag liewe FOK!Nou wat maak jou Gauteng prestasie so merkwaardig?

Dan is daar die verskillende groete wat jy kry, mense wat omsendbriewe skryf en afsluit met Boeregroete. Hengelgroete, Tennisgroete, Kaappenaargroete, Skole se naam Afrikaans Hoer = Affiesgroete, Hoerskool Waterkloof = Kloofiesgroete, Laerskool Jan Van Riebeeck = Janniesgroete.Kerke,PPK Kerk= Pinkstergroete, AGS Kerk = Apostoliese groete.FOK ASSEBLIEF TOG GROETE IS GROETE.Wat maak die een meer spesiaal as die ander?????

Mooi bly.

Breingroete. ………………………………..Bwa HA HA HA .

11 Responses

  1. Nee ek sien ek issie die enigste ene nie LOL!!!!

    Sien nou die dag ‘n Pajero ry met een van daai covers oor die spaarwiele agterop…en op dit staan gedruk – “Born on the landscape of the Dacar Rally, Making use of tomorrow’s technology today”
    WAAAAAAT!
    Tomorrow’s technology today? As jy hom vandag gebruik het het jy daai technology al gister gehad pappa!

  2. diebrein😯

    Pla die liddorings en ingroei toon naels alweer.👿

    Ridderlike Groete :Roll:😀

  3. Goeie een Brein! En wat van die specialised number plates! Dis om van naar te word – Queenie (gewoonlik ‘n dame met dik lippe en groot sonbril in ‘n swart X5), Onelife (gewoonlik ‘n Audi TT), Youwish (‘n swart Mercedes), Eish (‘n swart Z4). Maar nou die dag het ek ‘n goeie een gesien – ‘n outjie op ‘n motorfiets met die nommerplaat “Sorry Oom”

    Geweergroete

  4. White Knight , liddorings kry mense nog die goed in hierdie verligte era waar ons Mercedese dra vir skoene, daai goed het ou tannies dekades terug gekry van te veel klompe dra en palestina tekkies.

    Ek sit nou hier in `n lee gebou in Jeppe en surf, my dogter is hier besig met `n Tv advertensie waar hulle pretend dat hulle in `n verkeersknoop vas sit.Ek het saam gekom omdat die geweste maar vir my gevaarlik is.Die mense betaal die jong klomp R300 `n uur, so vir die drie ure kry hulle R900. nie te bad nie dink ek.Maar dis koud hier in die betonoerwoud.

  5. Stem met Annie, daai nommerplate krap weer aan my gat! As dit nog voor die handliggend en oulik was….nee nie eers nie, maar daai wat jy ‘n IT spesialis moet wees om te ontsyfer? WTF

  6. Ek sien nou die dag ‘n nommerplaat : 4u2nv…. brêgggat, ek beny hom nie sy lang slap motor nie, weet vir ‘n feit sy petrolrekening is meer as my pay. hehe🙂

  7. Hi Almal, dit gaan nog steeds die selfde met Kkeet, haar ma sê sy lê net met haar oë toe, sy is nog steeds in icu, groete bytjie

  8. dis goeie ene brein! hie by ons ini namakwaland is dit bja nat! ons is glo ook nou vasgeval en niemand kan in of uit. ek dink nie iemand wil nie maar toemaar. dis baie lekker eintlik so in die koue nat want hier reen dit mos maar min! sal ons ons nommers noem erg nat WP haha!!

  9. dis goeie ene brein! hie by ons ini namakwaland is dit bja nat! ons is glo ook nou vasgeval en niemand kan in of uit. ek dink nie iemand wil nie maar toemaar. dis baie lekker eintlik so in die koue nat want hier reen dit mos maar min! sal ons ons nommers noem erg nat WP haha!!
    NAT GROETE JULLE OUKS

  10. Daar was iemand wat op SSSB gecomment het op ‘n tyd, en sy/hy het altyd so afgesluit:

    Groete vir sproete en dankie virrie blomme

    Ek wou my altyd doodlag as ek dit sien!😆 Weet iemand wie dit was?

  11. Nei Dellie ekt dittie gasienie.Maar is dis ougat.Beter as die waarvan ek geskryf het.

    Dis hoekom ek Hastilla VIsta se.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: