Een van daardie dae…

Die urge om iemand se kakebeen te wetter dat hy soos in die Daffy Duck comics agter sy kop sit het my vandag beetgekry…

Ek is nie van nature ‘n verskriklike aggresiewe mens nie. Daar is ‘n paar goed in my lewe waarmee jy nie mors nie. Dis my vrou, my kind, my huis, my kar, my geld en my menslikheid. As jy dit sou waag speel jy met vuur my mens.

Vandag daag ek by die werk op om ‘n vrou daar te ontmoet wat haarself as Fahtiema voorstel. So vind ek mos uit by een van my alma mater dat die ene nou aangestel is om my te assisteer in my posisie as rekenmeester. Nou vir agtergrond…

Ek werk vir ‘n Griek wat twee maande ouer as ek is. Aanvanklik het dit soos ‘n goeie idee gelyk aangesien die ou suksesvol en selfversekerd by my onderhoud voorgekom het begin Desember 2007. Ek het die posisie uit noodsaaklikheid aanvaar…my kind was op pad en voortploeter met ‘n besigheid wat dalk vrugte oor twee jaar kon werp kon ek nie. My job, as die eerste interne rekenmeester van die groepie, sou wees om ‘n splinternuwe boekhoustelsel te ontwerp, te implementeer, ens ens ens. Dis my kos daai, en ek het die uitdaging met ope arms aanvaar.

Sonder om in detail in te gaan, die ou is ruggraatloos. Ek het by tye hom gevang vir verskaffers vertel dat ek die oorbetalings doen terwyl ek in die eerste plek geen toegang tot internet bankdienste het nie. Hy is ook by tye so blatant dat hy in my teenwoordigheid vir verskaffers vertel dat sy rekenmeester hom verkeerde syfers gegee het…daarom die oponthoud in betalings wat moet geskied. Nodeloos om te se, ek is al heelwat smoorkwaad bydie werk weg. My werk het vir my ‘n las geword.

Toe nou vanmore…
Sy was gese om in die agterste kantoor deur die verskaffer leggers te gaan en seker te maak die outjies is gesort. Ek neem toe innisiatief en besluit om haar meer welkom te laat voel deur haar die ins and outs van die verskaffers te vertel. Ek eindig toe af met “Vra as jy nie oor iets seker is nie”. En die antwoord van haar…”Selfde vir jou”. En toe gaan die rooi liggies mos nou op!
En ek besluit oom die ou te corner!

Wat toe volg is een allemintige woordewisseling. Vertel my hy’t geglo hy stel iemand aan wat die verskaffers aan die nekke kan gryp en reg te skud! En ek vertel hom dat die enigse rede hoekom ek dit nie kan doen is omdat my “credibility” by hulle des moers is as gevolg van sy leuens en ook oor hy my ondermyn elke keer as ek hard raak met ‘n verskaffer! Veral as dit boonop hulle skuld was!
En so het dit aangegaan…elke punt wat hy lug gee skiet ek af met akkurate waarnemings en feite van die laaste paar maande. Tjoef tjaf…wind uit sy seile.

Toe besef ek dat die enigste rede oor hy die girl in aangestel het is oor hy nie oor my geloop kan kom nie. My integriteit is vir my te veel werd en ek weier volstrek om soos ‘n viool gespeel te word.

Ons moet kwansuis die werk deel. Daar is nie meer so iets soos ‘n rekenmeester by hom nie…’n titel beteken niks. Ons moet mekaar opcheck! HUH? En ek strip myself toe sommer van voor af…en toe raak Gumtree my beste maatjie! Soek naarstigtelik na iets anders, want as die doner nu nog een keer oor my menswees moet loop, staan ek onder sy voetsole op en bliksem sewe soorte stront uit hom uit voor ek doodgerus by daai deure uitstap.

En al wat my keer tot dusver is my familie…maar dis nie maklik nie. Die tande is al stomp gekners!

19 Responses

  1. Ai Pagoda32 ek bid en hoop regtig jy kry baie baie vinnig ander werk, eintlik wens ek hier in my enigheid dat jy die groot lotto moet wen, sodra jy daai geldjies in jou bankrekening het, gaan in sy kantoor in, poef op sy tafel en skryf dan ZORO STRIKES AGAIN, die verdomde &^@*^*&$%^$%*&%^*& ek hoop hy loop homself vas, byt vas jy sal ander werk kry by ‘n beter plek en by mense wat jou sal waardeer. Sterkte !!

  2. Hello Werflinge😉
    Pagoda32, al wat ek kan se is bid vir genade en kalmte, want ek sien as jy gaan krag kry, breek jy daai Griek op in klein vis en chips pakkies. 👿
    As daar een ding is wat ek met ‘n passie haat is dit onregverdigheid. Hoop en bid jy kry gou ander werk en dat jy jouself kan uitleef in jou strewe na geregtigheid in die saak.

    Groete van Huis to Paleis, Pondok en Varkhok 🙄🙂

  3. Jy skryf “my kind was op pad en voortploeter met ‘n besigheid wat dalk vrugte oor twee jaar kon werp ”

    Het jy nog steeds jou besigheid om op terug te val?

  4. Hallo Julle…. Ek sien hier is mense wat ek ook darm ken…. ek wonder of hulle my nog onthou!!!!

    Hi Twisted Sister…. was jy darm betyds vir werk vandag met jou eie kar of hoe?My man het vanoggend pap nat gereen om my kar te “jump start” 6uur in die oggend. My rug was pap nat toe ek by die werk aankom hoe hy my seat nat gemaak het van in en uit die kar klim. Maar se maar niks anders is daar ook nou weer ‘n issue.

    Die weer maak mens lekker lui. Ek wil net in die bed bly le…. lekker warm… ek is lekker Vrydag en Saterdag af, lekker lang naweek en ek gaan amper met verlof, kan nie wag nie!!!

    Wel, die van julle wat werk moet lekker werk!!!! Lekker dag verder vir almal!!!!!

  5. More Se Julle,
    Pagoda32, klink daai nou nie toe bekend nie, net die verskil is ek het vir ‘n Indier gewerk, selle storie. Ek het my handsakkie gevat en geloop. Tata Hasie. Genade, my integriteit was meer werd as daai “bestuurspos”, en vergoeding. Gelukkig my man kon my darem “opback”. Ek kyk nie terug nie, soos jy se mens se menwaardigheid word so aangetas deur ander se onvermoe om eerlik besigheid te doen. Sterkte man, hoop daar is gou vir jou uitkoms🙂
    Hi Patches, White Knight hoe gaan dit? Wat is fout met die sssb-chat? Kan glad nie meer inlog daar nie.
    Lekker dag almal🙂

  6. Welkom Babbelbekkie..

    Ja-nee, genadiglik het my kar darem gestart vanoggend, jy moes my bel sodat ek jou ‘n lift kan gee man!

    Hoekom is jy Vrydag en Saterdag af, heh?

  7. Hallo hallo hallo Hoeners

    Monna, howzit en al die anner hane en henne!

    Pagoda, daar is min dinge so erg as om ongelukkig by jou werk te wees. Ek weet, want ek is sielsongelukkig en my werk is ook geweldig stresvol, maar daar is nie kanse van loop nie. Ek werk al 28 jr hier en my pensioen groei nou teen die spoed van lig (nog ‘n ander kwessie – sal vandag iets daaroor post). Jy moet maar uitkyk vir iets anders en intussen op jou tande kners tot jy ‘n ander werk het. Jy is nog jonk. Ek stem ook saam met Monna dat mens se menswaardigheid en sielsgeluk meer werd is as geld, en as jy in die gelukkige posisie is (soos sy was) om te kan waai, maak so.

    Lekker dag julle

  8. My dogter sit nou by haar vriendin (Sanika) se begrafnis, sy is een van die 3 van in die motorongeluk in die Vrystaat oorlede is.

    Ek het gisteraand my 2 dogters baie gedruk, want ek weet iewers sit ‘n Pa en Ma vanaand alleen in die huis en luister na dieselfde reën as ek, maar hulle 3 kinders se stemmetjies is verewig stil.

    Ai tog😦

  9. Goeie bleddie more aan almal, ek was so rukkie stil, het letterlik my g@t afgewerk. Ek is een van die gelukkiges om vir die waterraad te werk saam met ongeveer 80% “non-swimmers”. Ek lag my byna flou vandag met die Cosatu staking, want noudat die “dames en here” in “ons” posisies sit kan hulle nie saam met hulle boeties en sussies strike nie….hahahaha – life’s a bitch nê??

    Ek is super gelukkig vandag want my meisiekind kom die naweek kuier en ek kan nie wag nie. Sy trek in ‘n nuwe plekkie in met die boyfriend en het darem die ordentlikheid gehad om ma en pa eers te ken in die storie. Dis my laaste voëltjie wat nes verlaat (sy’s 21) so nou is dit “party time” vir my en pa!

  10. Dit moet aaklig wees om so te werk! Maar mens kry krag van iewers af as dit ter wille van jou familie is, né.

    Ek wonder ook oor jou besigheid, het jy dit heeltemal laat vaar?

  11. Hallo almal,
    Ai Pagoda, en die slegste van als is dat jy daar MOET wees om jou gesin te onderhou.
    Byt vas totdat jy ‘n ander werk het.

    Koeksister – Dis vreeslik, het in die koerant gelees. Jis, ek weet nie of ek so iets sal oorleef nie.

  12. Ja Koekie, dit moet seker vrek moeilik wees, vandag gaan baie moeilik vir hulle wees. Wel baie dae hierna, maar spesifiek vandag.😦

  13. Ek is sommer piepierig vandag en wil nie sulke hartseer goed lees nie. Die lewe is so kort mense

  14. Pagoda ek sou ook erg tande gekners het in jou posisie!
    Sterkte!

  15. Annie – ja, ek ook!

    ((Koeksister)) – Thanx !! – sommer net..

  16. (((Koekie))))

    Nou-net met my dogter probeer praat, roudiens nounet verby, sy wil nie eens met my praat nie, wil net huis toe gaan. Arme ding.

  17. Annie is reg, die lewe is kort, nou sal ek ophou moan,🙂

  18. Sjoe, hoop maar iets kom vinnig jou kant toe. Ek het ook vir so ‘n poephol gewerk voorheen. Die lekkerste was die dag toe hy nou weer nuwe reëls neerlê, en natuurlik daarmee saam sê as jy nie daarmee kan saamwerk, moet jy maar loop. Ek sit toe juis met my bedangkingsbrief in my skoot! Ai, dit was lekker! Sterkte met die soektog.

  19. Ja ek was ook vanoggend hoogs die moer in. Ook vir my “baas” `n blanke vrou wat nou aflos en dink sy is die kat se snor. Maar voor almal vanoggend in `n vergadering toe sy my ook valslik beskuldig , toe crack ek en se my se soos nog nooit. Ek het sommer gemoer en gefok en alles.Sy het my probeer stil maak, maar ek het uitgepak.Wel na die tyd het ander personeel my gebel ander het in die gange oop en bloot gesing “viva brein viva.”

    Ons is in dieselfde bootjie, my werk het ook vir my `n las geword, maar terwille van die geld en voordele hang ek maar nog aan `n tak.

    Ek weet as die hoof Maandag terug is is ek op die rooitapyt, maar ek sal julle op hoogte hou.

    Pagoda sterkte en vreet maar op terwille van jou vrou en kind, maar kyk uit vir iets anders.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: