H.K.G.K=Hier Kom Groot k@k!

 

Ek wil nou nie soos `n doemprofeet klink nie maar ek wonder hoe gaan die Gautrein oor `n jaar of twee lyk. Vandag is die eerste van  ek dink dertien afgelewer. As die regering en plaaslike owerhede nie eers die paaie en geboue instand kan hou nie, waar gaan daardie gesofistikeerde stelsel instand gehou word.

Ek sien dat daar vanmiddag `n gat van ongeveer 12m x 8 m en sowat 5m diep ingesak het by Oxfordstraat in Rosebank, Johannesburg, fok dit reg bokant die Gautrein tonnel.Weereens net in Suid Afrika.Hier onder  is `n foto van die Gautrein oor twee jaar.

8 Responses

  1. Die brein ek dink ook DKGK = Daar Kom Groot K@K. Ek gee die mense nie eens 2 jaar nie ek gee hulle ses maande dan lyk daardie gautrein soos iets uit back to the future of iets, hulle gaan nie eens 6 maande vat om die gautrein te verniel nie. Sterkte aan die mense wat in hom werk toeen terug gaan ry.

  2. Hello Werflinge😉

    Wat my totaal verstom is toe daar begin is met die beplanning van die Gautrein, is die stelling gemaak dat die bestaande spoor stelsels nie geskik se wees vir so projek nie. Die Gautrein se spoor wydte is wel breer as die bestaande stelsel, maar dis nie die punt nie. Die feit is dat begin Mei maand het Metrorail die bestaande stelsel gebruik om ‘n Besigheids klas trein in te stel en dit werk. Die trein vertrek net na ses uit Pretoria en arriveer in Johannesburg net na sewe. Daar word verdere uitbreidings beplan om meer ritte tussen die stede te doen later die jaar.
    DUs met behoorlike beplanning kan die bestaande stelsel uitgebrei gewees het teen ‘n minimale koste in vergelyking met die kostes van die Gautrein.
    Koste per maand vir die Besigheids trein beloop ongeveer R700-00 per persoon en die koste van brandstof vir dieselfde afstand R1800-00 + per maand.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄🙂

  3. Ek is positief, en hoop dis ‘n Mo@rse sukses!!

  4. Ek stem. Die regering kan boggerol in stand hou, wat nog van so ‘n duur projek. Die Gautrein (en ek wil ook nie ‘n doemprofeet wees nie, maar net realisties gesien in die lig van wat elke dag in die land aangaan) gaan ook ‘n lekker crime playground wees.

  5. Ek hoop ok maar dis ‘n sukses. Aan die anderkant sal ek ‘n rukkie wag voor ek trippies aanpak. Ek is nie so seker of daar kort paaie gevat word met tonnels ens. om bietjie ekstra geldjies te hê vir bonusse ens. nie. Ek het dieselle bedenkinge oor die 2010 stadions wat soos mushrooms opspring!😆

  6. Koeksister, ek is ook positief, maar die plunderaars en vernielsugtiges nie.Hulle steek gereeld treine wat laat is aan die brand.Ek kan jou gaan wys aan die Oosrand waar staan `n paar wat gebrand is. Tussen Springs en Brakpan het die bliksems met loadshedding die oorhoofse kabels gesteel so erg dat dit nie vervang kan word nie en sodoende geen vervoer nie.Ook op `n ander spoorlyn in Brakpan het hulle `n hele paar spoorstawe uitgehaal asook sleepers en ook daar is geen vervoer meer nie.

    Eks positief verby maar hulle nie.

  7. Ek is ook positief hieroor! Al wat ons nou kort is ‘n interprovinsiale snelspoornetwerk, sodat ek vir R200 of wat vanoggend vanaf Kaapstad na JHB kan vertrek.

    Maar kom ons gee dit nog so vyftig jaar.

  8. Jaans dis `n briljante idee, maar miskien in die VSA.
    Dankie vir jou comment.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: