TV Guide virrie week

Het jy per ongeluk jou Dish Magazine weggegooi? Dalk die TV-seksie uit verlede week se Rapport uitgeskeur om die poedel se poefies op te tel?  Moenie stress nie, hieso is die lowdown vir SA se TV-vermaak vir die maand en waarskynlik ‘n paar maande…

 

Days of Our Lives – The nimmer-eindigende storie wat afspeel in Salem, Amerika.  Pasop vir die omnibus.

 

The Oprah Winfrey Show – Mense in die gehoor kry persente onder hulle stoele en maak of hulle verras is. Oprah huil.  Die gehoor huil.  Almal kry geld.

 

Bad Girls – Bleek lesbians nog steeds in tronk.  Iemand doen drugs.  Iemand gaan dood.

 

Supersport 3 – Twee spanne speel sokker.  Heeltyd.  Dit lyk tog so onnodig.

 

Jerry Springer – Iemand slaap by sy ma se niggie. Bleep! Bleep!  Blokkies blur so oor niggie se hangtiete en grilkots-sellulietboude.

 

CNN – Bush, Irak, Kerry, Irak. Weervoorspelling, Bush, Irak, Bush, Bush.

 

Carte Blanche – Mense met kameras en ongemaklike vrae daag by jou graft op. RRRRrrt! Jy wou mos perlemoen smokkel in bote sonder nommerplate.

 

The Simple Life – Rykgat meisie van bekende kopkou-videos saam met haar oopbeen heroïene-vriendin sit nog steeds verveeld op die plaas sonder vaste werk. Hoe wyer die bene, hoe kleiner die verstand.

 

Fear Factor – Dapper mense veg teen al die elemente: Lug, water, vuur, varkballas. O ja, en Colin Moss se sarkasme.

 

The Naked Chef – Britse seun met lisp maak kos. Ry soms scooter om bestanddele te koop wat mens net in Londen of dodgy plekke in Tibet kry.

 

SABC Africa – Al die reekse wat jy nooit weer wou sien nie – nou op een kanaal.

 

Discovery – Extreme Engineering: Die toring van Babel.

 

Animal Planet – Fokken baie spesies op aarde en gevolglik ‘n storie vir elke liewe een.

 

MTV – Laas maand se musiekvideos word herhaal vir jou gerief.  Advertensies deur oorbetaalde twenty-something skateboardkinders wat eenkeer die woord “retro” op coke gehoor het.

 

Power Rangers – Tupperware-mannetjies baklei teen die bose en praat in kort sinne sonder dat hulle tupperware-monde beweeg. Vrotterige karate-moves en teleurstellende morele lessies.

 

Egoli – Walco International se mense. Het ses jaar terug die Sonet uitgebring (proto-tipe kar wat na Sonet Vorster vernoem is). Diens al hulle Walco karre en Walco trokke by Toyota (wat blykbaar deel is van Walco).  Eet by Dros en drink tee by Liptons in Rosebank. Almal check hulle e-mail by Tisali en vlieg met Nationwide Airlines. Daar is wel story-breaks tussen al die advertensies.

 

7e  Laan:  Almal lieg vir almal en luister af wanneer ander praat.  Moord en bedrog is OK – net in 2004 is twee moorde sommer so goedsmoeds gepleeg, sonder om ondersoek te word, die Matrone saboteer almal, daardie vieslike Paula kry alles reg deur bedrog, ens.  Dis om van te kots.

 

Die nuus:  Wit mense het opgehou om nuus te maak, behalwe wanneer ‘n boer ‘n

werknemer agter die bakkie sleep of Eugene weer ‘n slag tronk toe gaan.

 

Binnelanders:  Almal is dokters – van 20 tot 60. Stefanie kort ‘n ‘n nuwe haarstyl en drastiese dieet, Pippa kerm fokken aanmekaar.

Ek het Binnelanders bygesit.  Kan jy aan nog een dink?

18 Responses

  1. 😆
    Travel Channel: Waar ander mense betaal word om plekke te besoek wat jy nie kan bekostig nie.
    SABC Nuus: Waar jy ‘n interpreter nodig het om die Engelse nuus te verstaan.

  2. Hehe! Dis 2 wat defnitief bygevoeg moet word. Ek laaik jou Travel Channel demoerin!

  3. Hello Werflinge😉

    anniegetyourgun – Puik gestel, die ergste is net dat mense hulle hele aand voor daai een oog monster deur bring om na die gemors te sit en kyk.

    demoerin – Puik gestel, moet net byvoeg – SABC Nuus: Dagboek van Mbeki se reise en hoe om uit die tronk te bly op 1001 ANC maniere .

    Groete van Huis tot Paleis; pondok en Varkhok 🙄🙂

  4. Uitstekend WK! Ek het nou kliphard gelag. Gelukkig is hier nie iemand naby my nie.

  5. Hi Annie!
    Baie goed gestel. Het nou lekker gelag.

    Stem saam met WK se SABC Nuus. Tog so waar!!

    lol @ Demoerin!

  6. Annie op watter kanaal is The simpel Life ek worry nie oor die klein verstand nie , die wyer bene doen dit vir my.Bwa ha ha ha ……………..

    Ek stem saam met jou oor 7 DE Laan.

    Ek like Jerry Springer dit laat my aan SSSB dink.

    Binnelanders gee my `n GATKRAMP!!!

  7. Moet sê my favourite is Crime & Investigation Channel. Ek kom partykeer op Jerry af, kyk dit dan so 5 minute, en dan sê ek my dankie-gebedjie!

  8. Ek is ook mal oor die Crime channel.

    hahaha Brein.. Ai!!

  9. ek weet nie hoekom jul so kla nie – alles wat op daai tv gesien word sien ek daagliks in die howe of in my kantoor! dis real life net onder jul neuse…
    enigste verskil in die tv gebeur alles met een ou en by ons darem met verskillende ouens bly disconnect
    ekt ook nou genoeg afgeval. bye!

  10. Julle sal my nie glo nie maar ek is mal oor die History Channel, en ook Discovery. Die stories oor Hitler interesseer my vreeslik. My pa het boeke en boeke gelees oor die 2de Wêreld Oorlog, en hy was daar toe hy 14 jr oud was!!! Ek dink dit het bietjie op my afgevryf – nie die oorlog nie, die belangstelling daarin.

    En Brein moet nou nie weer dink dis hoekom ek gun issues het nie. hehe

  11. Triggerhappy woman,??!! ek joke ek weet hoekom soek jy `n gun , ek hoop jy kry hom gou.

    Demoerin ,ek like ook Crime and Investigation en History, asook BBC Food en Travel Channel, maar wag nog vir die Debbie Does Dallas Kanaal.Bwa ha ha ha …………

  12. Nope, TV issie vi my nie. Ek sukkel my gat af om lippe te lees, behalwe oppi ouens vannie nuus….want hul sit darem bietjie stil, maar ek haat dit om nuus te kyk!

  13. Die brein, daarso is nou ‘n program hier in kiwiland op Debbie does America🙂 Regtig ek jok nie, dit is hierdie stupid vroumens wat kyk of sy iets met haar lewe kan doen van bounty hunter tot rapper, elke week probeer sy iets niets. Anniegetyourgun wat van Bold & the Beautiful? “My ma het met my oupa geslaap wat eintlik my pa is maar my suster is eintlik my tannie want sy is my oupa se kind en my ma se suster?”

  14. Touché Patches! Goed gestel. Brein, jy hoef nie te wag vir Debbie Does Dallas nie. Ek kom nou die dag af op daai lesbian een, wat’s die naam nou weer? The L word, of so iets. Kon my oë nie glo nie. Het net so rukkie gekyk en toe change ek maar. Julle mans hou mos van girls that like girls

  15. Dit was nou baie snaaks om al julle posts te lees… het kliphard hier in my kantoor gesit en lag, dink die mense voor in die werk plek dink eks bietjie mal vandag….Ek kyk elke aand Egoli en Binnelanders, ek mis dit nie. Ek kyk glad nie meer 7de Laan nie, Paula gee my ‘n kramp. Weet julle wat maak my die donner in:

    As iemand (soos ek) wat elke aand stories kyk, bv Egoli en Binnelanders en hulle moan reg deur die storie oor hoe stupid dit is en hoe stupid dit lyk en hou glad nie van daardie een nie, want sy is so en so en so…. MOET DIT DAN NIE KYK NIE…. ek kyk dit, maar moan nie oor elke ding wat gebeur nie. Dis hoekom ek nie 7de Laan kyk nie.

    Ek is mal oor Crime and Investigation channel en ook daai channel wat hulle kamstig in die huise die spoke uit dryf, maar dan is ek so bang dat ek nie eers alleen wil gaan piepie nie en in die koue vir my man se om saam my te loop…. hie hie hie

    Lekker dagie

  16. Ek kyk nogal Binnelanders, lag my vrek vir Hans Strydom as At Koster, come to think of it, dis eintlik al rede hoekom ek dit kyk.

  17. Babbelbekkie, ek moet ook bieg dat ek Binnelanders kyk. Ek dink as jou man oorsee werk, hou die tv jou geselskap. Hy bel my in die aand na Binnelanders. Dan sê hy: “Ja, binnelanders is mos belangriker as die buitelanders.” Ag, ek weet sepies is tydmors maar what the hell. Elkeen doen wat hy wil en te mo@r met die res. Ek hou ook van daai spoke een. En jy moet weet ek is alleen!

  18. Babbelbekkie – ek kyk die een van die spoke ook. Is dit nie reality channel nie? Ek en my oudste kyk gewoonlik en dan loop ons ook so saam-saam bed toe…hahaha. Party van daai goed laat my hare regop staan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: