Bad luck Brein

Ek se mos as ek nie bad luck gehad het nie , het ek nie luck gehad nie.Kom bad

luck in driee of in sarsies soos in my geval?

Die afgelope vier weke.

1: My dogter slaan `n pothole met my bakkie naby Carnival City, nuwe tyre en              

    magrim……………….moer toe.R1600.00 skade.

2:My dogter en haar vriend vlieg UK toe en word terug gestuur. R18 000.00  moer toe.

3:Struwelinge met my dogter en haar kerel vir `n paar dae, gelukkig is dit nou verby.

4:Konfrontasie by die werk.

5:Vandag verbrand my dogter haar handpalm erg op die stoof, fok nou het ek ook seer vir  

   haar part.

6:My vrou was siek, en ek was ook nie te wel nie.Maar nou is ons weer perdfris.

7:My pa was vier weke gelede in `n bad motorongeluk, kar afgeskryf.

Ek hoop nou dit was die laaste strooi.Maar `n depro sal ek nie slaan.Elke donkerwolk het `n silverrand.

 

    

22 Responses

  1. Ai tog Brein 😛 ,
    Wat sal mens se? As die stront die fan slaan dan spat dit.
    Sterkte jong, hoop dit hou hier op.
    Ek dink mens word ook net so ver beproef.
    Soos jy self se: elke donker wolkie het ‘n goue randjie.

    Rustig wees 🙂

  2. Monna, Dankie,ek het jou op die foto gesien. Mmmmmmmmm…….

  3. waarso is die foto ekke wil ook sien !!!!!!!!!!

  4. Patches , wat se jy aan daardie kant van die globe? Die foto is hier op my laptop onder My Pictures.Nie vir publikasie nie.

  5. Die Brein, ek dink jy word getoets, hang in there ……

  6. Nou gaan ek slaap. Geniet die koue in NZ.

    Hastilla Vista.

  7. Patches ek hou nie van toetse nie.

  8. A nee a breintjie, ek is alleen ek wil chat!!! Niemand hou van toetse nie, ek persoonlik dink ons hele lewe word gestrooi met toetse en goeters, dit maak jou net ‘n sterker mens. Hoop jou meisiekind se hand is beter en word sommer vinnig gesond. Koud? Nie darem nie op die oomblik nie, sneeu? Ja baie baie sneeu 🙂

  9. Ai Brein. Lyk my jou dogter moet bietjie wegkom van die huis. Maar jou efforts het ook nie uitgewerk nie – selfs die ingilse is teen jou.

    Strongz!

  10. Yello

    More julle. Ai Brein. So het elke huis ok maar sy kruis. Soms wens ek ek kan vir ‘n maand alleen op ‘n eiland gaan sit. Voel julle ook partykeer so? Dit sal so salig wees. Son, see, sout, voëls, natuur, rustig. Amper hipnotiseer ek nou myself …. zzzzzzzzzzzz

  11. Bad luck is maar iets waarvan ons elkeen ‘n share kry so nou en dan, lucky vir jou Brein, jy sien darem ten minste die silwer randjie.

    Wees bly jy’s nie met my man getroud nie, hy kry my onder met sy negatiewiteit, ek’s al raad-op. >sug<

  12. lol @ Annie 🙂

  13. Hello Werflinge 😉
    Ag nee magtig Brein, jy weet van beter, moet ek jou nou kom uitsort. Kom nou tel jou kop op en kyk die lewe vol in die gesig en ry hom bloots.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 🙂

  14. Hi julle almal, ai Brein dit klink erg, maar dit sal beter gaan, glo net, hoop julle mense oorleef die koue, ek is so bly ek is `n huisvrou nou hoef ek nie so vroeg uit in die koue te gaan nie, lekker lekker.

  15. Ja White Knight jys reg ek weet van beter, maar ek kan my net nie sover kry om outoriteit oor dinge te vat en oorwining te eis nie, eks verhard.

    Koeksister ek sou beslis nie met jou man trou nie, glo my eerder met jou ,I luv woman.(lol)

    Annie jou eiland klink nice maar die topless vrou ontbreek.

  16. Fokkit is al wat ek kan dink om te sê! Sterkte met die volgende paar drieë 😆

  17. Nee Demoerin dit stop nou hier.Maar sterkte het ek altyd nodig.

  18. Nee fokkit Brein! 👿 Moenie dat ek jou nou kortvat nie. Lig op daai ken, gryp die goete en ry hulle bloots, man! Maak skoon jou kop, kry jou “happy plekkie” en behou jou logika. En dan wys jy vir “Murphy” wie is DIE BREIN! 😉

  19. Hi Dellie kwaai man, ek sal kop skoon maak en Murphy opfok.

  20. Shit happens… Dit is nou maar die lewe, maar dit is wat jy met daardie shit maak wat die verskil maak. Jy kan of kniediep daarin gaan staan of jy kan besluit om kompos te maak… En I’ll be damned as iemand my met skoene vol k*k vang, so spit Brein dis kompostyd… 😉

  21. Liewe genade Brein jy was regtig hel toe en terug, ek is bly jy is darem nog positief.

    Ek is seker die “bad luck” is nou verby….. oor ‘n paar weke hoor ons die “Good lucks” wil nie ophou nie. 😉

  22. Pikkelik ek sal die kompos omspit, dis deel van die lewe.

Leave a reply to WhiteKnight Cancel reply