Zanu-PF in SA, pensioene, bicycles en Neverland

Ek lees in Sondag se Rapport  dat Zanu-PF so wragtie ‘n tak in SA gestig het.  Ek haal dele aan:  “Die pas gestigte tak van Zanu-PF SA doen nog nie sake onder dié naam nie.  Tans staan dit net bekend as Black Business and Professional Organisations (BBPO), maar die ledelys is indrukwekkend.  ‘n Hele tien prominente organisasies wat die room van SA se skatryk swartes verteenwoordig.  Onder hulle is the Black Management Forum, die Black Lawyers’ Association, die Black Information Technology Forum en die National African Federated Chambers of Commerce (Nafcoc).

 

Die BBPO alias Zanu-PF is vasbeslote dat SA dieselfde pad as Zimbabwe loop.  Met geringe wysigings.  Die oorhoofse doelwit is identies aan Zim s’n: SA se hulpbronne en opbrengste word gekanaliseer na die sake en bankrekenings van ‘n klein rasgedefinieerde elite, verkieslik met politieke konneksies.  In sy finale fase is dié proses in Zimbabwe voltrek deur “oorlogsveterane” en ‘n milisie wat bloot boere se grond afgevat het en sake-ondernemings gekonfiskeer het.  Dis dan uitgedeel aan grootkoppe in Zim se Zanu-PF.  Zanu-PF reken dieselfde doelwit kan tans nog in SA met SEB-wetgewing bereik word.  Wittes soos Beyers Naudé en Joe Slovo wat hul lewens vir die struggle gegee het, kwalifiseer nie.  En natuurlik mag niks van die SEB-voordele afgewentel word na die massa brandarm swart en bruin mense nie.

 

Zanu-PF wil pres Thabo Mbeki vra om sy beskermheer te wees.”  Ek dink Thabo sal maar te gretig wees!  Of wat sê ek als.

 

Op die voorblad is ‘n artikel oor Jan publiek se vrese dat die staat beplan om beslag op ons pensioene te lê.  Die vrese word verder aangeblaas deur die sogenaamde “afvat-wet” – die wetsontwerp wat tans voor die parlement dien wat die regering magtig om enige eiendom te onteien mits dit “in die openbare belang” is.  Mense onttrek hulle pensioene en spaargeld en emigreer daarmee.  Versekerings deur die tesourie en ander owerhede dat daar geen sprake daarvan is dat pensioene in 2010 “genasionaliseer” gaan word nie, het nie die gewenste uitwerking nie.

 

Ek werk al 28 jaar vir ‘n groot organisasie en my pensioen staan sterk, maar kan ek die kans waag om te wag tot ek kan aftree?  Ek wil nie emigreer nie!  Ek wil in Boggomsbaai gaan bly!  En ek wil nie my ma op haar oudag hier agterlaat nie.  Ingilsman wil met alle geweld oppak en gaan.  Ek skop viervoet vas.

 

Moet ons maar ons bicycles se wiele begin pomp en ons spaargeldjies agterop vasmaak?  Ek sal dit so lank as moontlik uitstel want ek is baie lief vir my land, maar enigeen wat nog positief is oor ons regering leef in Neverland.

12 Responses

  1. Ag nou ja, en daar is my laaste biejie positiewiteit ook nou by die deur uit.

    Ons is gefork! 😈

  2. Annie so mooi gestel ek hoop Koeksister lees jou comment , ek dink sy leef in Neverland.(Of wat se ek Koeksister).

    Dis komerwekkend ons moet erens `n teenvoeter erens stig.

    Ja ek dink Thabo sal te graag inwillig.

    Fok ek glo Zuma sal dinge regruk.

  3. Jis Annie, jy roer ‘n sakie nou aan wat my bang maak!! Wat word van mense wat nie sal kan immigreer nie, soos ek??

    Ek hoop en bid dat Zuma dinge sal regruk soos Brein voorspel.

  4. Ja Brein, almal hoop maar op Zuma, maar ek glo hy is wolf in skaapsklere en maak die regte geluide tot hy president is. Maar kom ons hoop maar die ou met die baie vrouens gaan die land regruk. Ek is helemal te sinies vandag vir my eie beswil. Vergewe my.

    Koeksister en Koekie. Dis maar net my mening. Moenie dat ek julle negatief maak nie. Ek skryf net oor dinge wat my bekommer. Ons kan nie almal emigreer nie en sal ‘n uitweg iewers moet vind.

  5. Jy maak my nie negatief nie. Dis iets waaroor almal praat en dink.
    Jip, ons sal moet ‘n ander uitweg vind.

  6. En hier glo jy dat Zuma dinge gaan regruk Brein, praat van lewe in Neverland, nou is ek eers bang….:)

  7. Annie, dit voel die afgelope tyd soos ‘n rollercoaster. een dag positief en die volgende dag weer af, ek wens ek kan ook op die gravy train klim.

  8. Daar is geen toekoms vir ons kinders in hierdie land nie maak nie saak wat almal se nie ek is jammer maar ek is een van daardie wat al besig is om my bicycle se wiele te pomp. Ek hou niks van negatiewe gevoelens nie en wil wragtig nie meer so lewe nie. Ons mag niks he nie hulle wil dit vir hulle self he en defnitief nie eers vir hulle eie mense nie. Dit is die mense wat ons land se wette maak ?????????????

  9. Wel hallo Melktertjie, gaan dit goed daar?🙂

    So hard as wat ek my wiele oppomp,blaas dit weer af,
    sal maar met my negative thoughts op die rollercoaster bly daar is in elke geval nie plek vir my op die gravy train nie. Hehe

  10. Jy se dit hoop dit gaan goed?

  11. Ek hoop so ja

  12. Ek het vir jou ‘n liedjie😀

    The Knife – Neverland

    Ek glo Zuma sal ons op die regte pad hou – in Neverland😛

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: