Reëls vir ‘n regte boerebraai …

 

 

 1.      Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. ‘n Braai is ‘n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter. Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As ‘n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai. Kak man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter.

2.    Daar is nie ‘n ding soos ‘n te warm vuur nie. Dikker snitte vir braai! Dun steak is altyd taai en proe kak.

3.    Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis ‘well-done hou – gebruik ‘n blow torch en hou jou vleis van ‘n braaier af. Hardloop dan ook sommer in ‘n muur vas. Herhaaldelik! Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer!

4.   ‘n Steak sonder vet is nie ‘n steak nie.( Fillet het geen vet nie ). Fillet is vir bejaarde mense. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op ‘n vuur nie!

5.   Wors moet nog kan buig as hy afgehaal word – dit moet nie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek.

6.   As jy nie kan braai nie, moenie! Jy fok net jou gaste rond.

7.   Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep – nie uit ‘n lou-oond uit nie.

8.   Uitpass voor die ete is uit soos boknaai! Dit is moerse ongeskik en ‘n aanduiding dat jy kak gewoontes het.

9.   As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up!

10. As jy ‘n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.

11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte. Baie hitte. Die rook van ‘n sukkelende vuur is ‘n steurnis. ‘Smokey Robinson’ word nie hier geduld nie. As jy kan braai en nie ‘n ordentlike vuur kan maak nie dan lieg jy.

12. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok anders moet hy leer?

13. Een slaai by ‘n braai is genoeg.

14. Hou jou stompies uit ‘n braaivuur uit! Jou kak gewoonte hoort by jou huis!

15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.

16. Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met ‘n mes en vurk.

17. As jy jou pap saam met ‘n braai met melk en suiker eet, is jy wanaangepas en skreeu jy seker vir die Leeus.  Vra almal by die braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie.

18. Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om ‘n braaivleisvuur. Rugby, jag, 4×4 bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm. Visvang stories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie saam kak praat.

19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai kort kort jou vleis.

20. Vleisbraai is nie net n geleentheid om te staan en drink nie. Baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste wil graag n lekker stukkie vleis geniet

21. ……. en so terloops, almal wil nie 12 uur die aand eet, as hulle nie meer honger is nie. Miskien is hulle honger maar te bemoerd om te eet.

 

 
 

 

29 Responses

  1. Ek like die een kwaai en ja as ek by jou huis braai, hou jy jou bek eks in charge.

    Medium rare is greate dan waardeer mens die vleis se smaak.Ek haat tenderised steake.

    Ons maandelikse vleis koop ek by die gesiglose rakke, maar as ek braai is Martin Web se Matts Meat in Northmead Benoni se persoonlike diens van uitstaande gehalte.

  2. Ek sal myself maar desm@ers teen die muur moet hardloop, want ek kan om die dood net nie rare vleis eet nie, al probeer ek hoe hard.

    Ek het eenkeer by mense gaan braai wat ‘n hele formele besigheid daarvan gemaak het, weird verby….
    beste eetgerei, die lot….. Hehe

  3. Howzit Annie,

    Beste reels ooit – hehe.
    Ek moet se dat ‘n goeie veearts nog my vleis kan red (behalwe natuurlik nou vir die hoender en vark tjoppie).
    Sal nr 17 defnitief vir Maurice moet wys, hy eet glad nie shebba oor sy pap nie, net botter en suiker (o ja, hy skree vir die Leeus).
    Met jou permissie – gaan die reels lamineer en op sit by die boma🙂
    Lekker dag

  4. My vleis moet ook nog kan MOO. En Ingilsman gaan Hokaai toe en kyk dat hulle sy rumpsteaks amper so dik sny as wat hulle groot is. Ek het mos gesê hy is ‘n Engelse boer.

    Sit die reëls op Monna! As ek daar kom wil ek dit sien! Ons dreig nou al so lank vir ‘n kuier. En wys vir Maurice No 17 (hehe)

  5. Brein: “Ek laaik braai kwaai …” Sal maar nie noem wat die ander gesegde is wat daarmee rym nie …

  6. Anniegetyourgun ja ek like dit wat daarmee rym ook kwaai.

  7. Hi Annie,
    Flippen oulik. Ek gaan dit ook defnitief print en op die muur plak. Dis reels so na my hart.
    Ek eet ook my steak, sodat dit amper nog gered kan word…hehehe. – die bloed moet nog loop – eish!!

    Ons het al so gekuier by ‘n braai dat niemand van ons ge-eet het nie, eers die volgende dag…whahaha dis swak!

  8. Moenie sleg voel nie Koekie… dit het met ons ook al gebeur

  9. Lol@Brein🙂

    Koekie, my man en sy pelle het een aand so gebraai en gekuier in die koue, toe ons uitgaan om te smeek wanneer is die vleis gaar, sê hy nou-nou, intussen is die kole yskoud……. en hulle braai vir ‘n vale. Hehe

  10. Koeksister / Annie – Hoe sê my neef – “Eating is cheating”!!
    hahaha… ek sien al hoe braai die manne op koue kole, ai.. en al wat gaar word is die manne!!

  11. Ja ons het ook gebraai die naweek, my man braai net as ons alleen is, soutlose vleis maar baie lekker, hy gooi net speserye oor, maar om terug te kom by die naweek se braai, die manne het 2 keer vuur moes maak en toe verbrand hulle die vleis, ek het vir die braaiers gesê wat ek dink van die vleis.

  12. Ag nee Bytjie, dis ‘n tragedie!! Vleis is so verdomp duur en dan verbrand hulle dit ook. Nee wat, dit sal my erg moerig maak.

  13. Daar is niks wat naby braaivleis kom nie, veral as daar ribbetjie is🙂 Ek sal vuisslaan vir ‘n lekker gebraaide ribbetjie mmmmmmhhhhh. Maar ek wil nie tot middernag wag nie, en wat is nou lekkerder as om ‘n stukkie braaivleis van die vuur af te gaps en dan skelm te eet🙂

  14. Patxhes
    Skaapribbetjie met growwe sout ingevrywe…ai hoe water my bek nou!

    Maar dit moet die hele flank wees, nie net die “blok” wat hulle in daai styrofoam bakkies oppie rakke neersmyt nie…

  15. Pagoda vanwaar gehasie?Jy is stil.Beat jou baas jou?Sterkte.

    Ja soos jy se Patches se lekker skaapribbetjies met growwe sout , fyn knoffel en roosmaryn ingevryf.Dis enige skaapvleis se geheim.

  16. Nee wat Brein… ek bestaan nog…onkruid vergaan nie.

    Net vrek besig met familiesterftes, werk, my kind…dis maar ‘n rowwe paar weke gewees.

  17. Ja Koekie, as Captain Morgan help braai, dan moet jy maar die vleis in die microwave verder gaar maak, jeg!!

    Hierdie skaapribbetjie klink darem nou lekker hoor, moenie die krummelpap vergeet nie.🙂

  18. Niks kom by ‘n lekker rare steak nie. Njammies. Die gaste is soms gaarder as die vleis?:mrgreen:

  19. Krummelpap met tamatie en uie smoor…mmm

  20. ‘n Braai-broodjie, met baie sout en peper!!!

    lol @ Koeksister.

  21. Nee net krummelpap met lekker baie garlic botter. Ek likie daai uie move nie. EN my vleis moet gaar wees anners het ek sommer die beeste langs die pad ge-eet. Niks lekkerder asse lekker varktjoppie met daai crispy velletjie, as jy hom so byt dan snap,crackle en pop hy sommer.

  22. Vrekkit, ek’s nou lekker honger, skei uit julle!!

  23. Helloooo! Ek kon nie aanteken vanoggend nie want ons werk het my geblok. Ek sal van nou af net voor agt en tussen 12-2 kan gesels, en natuurlik na werk by die huis.

    Ek is nou so honger ek kan iets oorkom! Koekie lyk my ek en jy hou baie van dieselfde dinge. Ek vrek ook vir ‘n braaibroodjie met baie sout en hope peper!

  24. En die kaas MOET gesmelt wees. My vrou kry ‘n oorval as die brood so vinnig bebraai word en dis lekker crispy maar die kaas is nie gesmelt nie…of die tamatie is nog koud!

  25. Ek pak my broodjie vol uie en smeer chutney ook op.

  26. Ek stem helemal saam met jou vrou Pagoda! My man haat natuurlik om braaibroodjies te maak want hy sê dit interfeer met die vleis se braaityd. En hy het ‘n manie daaroor om die vleis perfek gaar te maak. Is dit ‘n man-ding? Hang julle ego’s ook daarvan af? Lyk my julle ego’s het baaaaaaie met vleis (en wors) te doen! hehe

  27. Ek stem met daai kaas gedeelte. Kaas moet gesmelt wees en tamatie lekker warm….njammies!!

    Annie – Ek wonder ook partykeer. My man sal elke dag braai, as hy kan. Ek moet sê hy’s al so ge-olie in braai, hy moet altyd die braai-werk doen al gaan kuier ons by ander mense.

  28. As ek ge-olie is braai ek ook lekker !! Hehehe!

  29. hehehe… sodat jy net vet sien spat!!!

    Sjoe Pagoda daai ander post van jou is genuine “heavy”.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: