Vir al die mammas daar buite

VIR AL DIE MAMMAS.   Dit is vir die mammas wat die hele nag regop sit met siek kleuters in hulle arms, wat probeer opbeur met Enterprise Viennas en cherry Cool-Aid en sê “Dis als OK Mamma is hier”

Mammas wat in “rocking chairs” sit vir ure aan een om huilende babas te troos en te kalmeer.
Dit is vir al die mammas wat by die werk opdaag met melk vlekke op hulle bloese en weggooi doeke in die handsak.

Vir al die mammas wat taxi moet ry en koekies bak en partytjie kostuums moet maak. En sommer vir al die mammas wat dit nie hoef te doen nie.

Dit is vir al die mammas wat geboorte gee aan babas wat hulle nooit sien nie en vir die mammas wat die babas neem en vir hulle ‘n liefdevolle huis gee.

Dis vir die mammas wie se onvervangbare waardevolle kunswerke aan die yskas vas is met magnete.

Die is vir al die mammas wat hulle sterre vries op die metaal paviljoen by die rugby of krieket wedstryd in plaas daarvan om dit van die warmte van die kar sitplek af te kyk sodat as die outjie vra “Het ma dit gesien” dan kan jy antwoord “Maar natuurlik, ek sal dit vir niks in die wereld mis nie” en dit bedoel uit hulle harte uit.

Dit is vir al die mammas wat met hulle kinders sit en vir hulle vertel hoe en waar babatjies vandaan kom. En vir al die (Ou)ma’s wat wil, maar nie die regte woorde kan vind nie.

Dit is vir al die mammas wat honger bly sodat hulle kinders kan eet.

Vir al die mammas wat vir hulle kinders “Goodnight, Moon” twee keer elke aand vir ‘n jaar lank gelees het en dit dan weer “net nog een keer” lees Dit is vir al die mammas wat hulle kinders leer om hulle skoenveters self vas te maak voor hulle met skool begin en vir al die mammas wat besluit het Velcro werk beter.

Dis is vir al die mammas wat hulle seuns leer kook en hulle dogters leer om ‘n goeie opstopper te kan gee.

Dis is vir elke moeder wie se kop outomaties draai as hulle ‘n stemmetjie hoor “mamma” sê in ‘n winkel al het hulle nie hulle kinders saamgebring nie – of hulle sit ver weg in die kollege Dit is vir mammas wie se kinders die pad byster geraak het, en die wat nie bereik kan word nie.

Vir al die mammas wat hull lippe byt tot dit bloei vir die 14 jarige wat nou weer haar hare groen gaan kleur het.

Wat maak ‘n goeie Moeder in elk geval?

Is dit geduld?

Is dit deernis?

Is dit die breedte van die heupe?

Is dit die vaardigheid om terselfdertyd ‘n baba te voed, kos te kook en ‘n knoop aan te werk?

Of is dit net eenvoudig haar HART?

Is dit die pyn wat jy voel as jy jou seun of dogter sien verdwyn om die hoek oppad skooltoe – alleen – vir die eerste keer?

Is dit die skok wat jou van slaap na vrees neem, vanuit jou bed na die babakot haas om 2 uur in die oggend en met jou hand agter die koppie van ‘n slapende babatjie staan?

Is dit die paniek, jare later. wat kom weer om 2 uur in die oggend as jy wakker lê en wag om die gerustellende geluid van die sleutel in die voordeur hoor en weet nou kan jy slaap, hulle is veilig onder jou vlerk terug?

Of is dit die gevoel om te hardloop en jou kind ‘n drukkie te gaan gee as jy hoor van ‘n brand, ‘n kar ongeluk, of ‘n kind wat sterwend is?

Die emosie van moeder wees is universeel, so ons gedagtes gaan uit na ons jong moeders wat sukkel met doek omruil en te min slaap…………….

En ouer mammas wat moet leer om te laat gaan. Vir werkende mammas en vir by-die-huis mammas.

Enkel mammas en getroude mammas. Mammas met geld en mammas sonder geld. Dit is vir julle almal. Vir ons almal. “hang in there”. Op die ou end doen ons die beste na ons vermoë.

“Home is what catches you when you fall – and we all fall.”

 

11 Responses

  1. Hello Werflinge😉

    Pagoda32 as jy my sal veroorloof dan plaas ek die as aansluiting op jou skrywe oor die mammas.

    Mamma Blom

    ’n Blom is sy gemaak
    om elke dag haar geur te bring
    deur klein gesiggies omring
    wat vra om groot te maak

    sonder ophou liefde gee
    al voel die taak soos ’n las
    verslap sy geensins haar pas
    om planne te smee

    dit vra kreatiwiteit
    om te deel met elke geit
    wat kom van alle kante af
    en sy moet antwoorde verskaf

    sy gaan voort asof sonder einde
    al ervaar sy self ook pyne
    gee sy alles wat hulle vra
    want sy is mos hul ma

    Groete van Huis tot Paleis; Pondok en Varkhok🙄🙂

  2. Baie nice stuk Patches, ek voel sommer pure Ma vandag!🙂

  3. Hi Patches,
    Baie nice post.

    Wk – 10 uit 10.

  4. Hi julle, Patches dit was mooi, ek het nie meer kinders in die huis nie maar het altyd gesê as jy jou kinders nog onder een kombers kan toe maak het jy nie baie probleme nie, as hul eers uit die huis is dan raak mens erg bekommerd en om van die kleinkinders nie te praat nie, groete.

  5. Nice patches! Lees die ander dag oor die spesiale band tussen ma’s en kinders. Die interessante is as die soldaat sterwend is word daar altyd vir Ma gevra! Ma is die nurturer, die versorger. Hulle glo dit is vanweë die onderskeid dat jy bv. kry moedertaal vs. vaderland.

  6. Ja maar wat van ons PA`S??

    Ek grap net , mens se ma is ongelooflik kosbaar en haar ondersteuning en onderskraging is van onskatbare waarde.

    Soos White Knight se ma`s gaan net aan en aan en aan asof daar geen einde is nie.

    Wie het gisteraand die ou Afrikaanse film “Pikkie” om 22h00 op Kyknet gekyk, die laaitie het darem `n grouse ma gehad.

  7. Hello al die mense van die werf! Patches, dis nou sommer die tipe ding wat my oge pisserig maak, maar baie baie nice….ek verlang nou sommer stukke na my ou moeder wat so ver is.

    WK dit voel of jou stukkie spesiaal vir my is – my van is “Blom”. So ek sal ewe vraatsig dit vir myself eien.

    Pagoda, wanneer doen ons ‘n “kinders en ouers” stukkie? Ek sit met ‘n moerse toffie met my seun en sou ander se opinie waardeer het !! Ek is seker ons klomp kaaiing koppe wat groter kinders het sal ‘n paar staaltjies kan vertel wat mekaar sal kan help. Dit laat probleme soveel kleiner lyk as iemand anders sy vyf sent ingooi !!

  8. Ek is Cruella de Ville … stiefma van formaat, en kan nie saampraat nie

  9. Whahahaha @ Cruella!!

    Brein – dit klink interessant. Ek’s spyt ek het dit gemis. Sal dophou miskien is daar ‘n her-uitsending.

  10. Patches – dis pragtig….

  11. Baie mooi Patches en WK!!

    he he he @ Cruella

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: