Zuma for Koeksister.

Ek sien Koeksister is bekommerd dat  Zuma `n wolf in skaapklere kan wees, maar ja eks ook bang daarvoor.Ek dink hy gaan alles reg doen vir sy eerste termyn daarna gaan hy sy wraak op ons loslaat, maar tyd sal leer.Maar wie anders kan die pos vul op die stadium? Beslis nie Eugene Terreblanche nie.Kyk  Zuma is baie omstrede en het dalk baie verduur is sy jonglewe, sy pa was `n polisieman en sy ma `n huishulp.Hy was `n  tuinwerker, teemaker, bode , was in die tronk op Robbeneiland  , na sy vrylating fabriekswerker en algemene werker.

 

Hy het hom altyd beter probeer  kwalifiseer.Hy het ten spyte van sy marrakas goeie leiers eienskappe en het die ondersteuning van die oorgrote meerderheid van die werkersklas.

 

Hy is tengunste van vryheid van spraak en persvryheid wat regverdig geskied en ja hy het `n drang om homself te bewys.Hy se hy is `n mens-mens, hy hou daarvan om op grondvlak met mense te gesels, uit te reik ens.Hy is gekant teen die gemors in Zimbabwe en glo daar moet opgetree word teen menseregte vergrype.Hy glo wit Afrikaners is deel van die bevolking en is deel van die oplossing en dat dit kan werk.

 

Maar ja my favorite is Smuts Ngonyama, net omdat Hellen Zille dit nie kan wees nie.Maar ek dink ons is in vir `n moerse verrassing die Black Business and Professional Organisations (BBPO), gaan almal `n pit druk en hulle eie Staatspresident daarstel en sodoende gaan ons en Zuma gefok wees.

 

Soos Anniegetyourgun se miskien lewe ons in Neverland.

 

Die T-shirt is van my aan jou,Koeksister.

8 Responses

  1. Hello Werflinge😉
    Die geagte President van die ANC, Jacob Zume het al meer as eenkeer homself veraai as ‘n iemand wat populer wil wees eerder as korrek. Hy maak seker dat hy presies dit se wat die gehoor voor hom wil hoor. As dit swart is en militant sing hy sy gewilde “Gee my, my masjien geweer”. Sodra die groep invloedryke blankes insluit dan vertel hy aan almal dat hulle deel is van Afrika en spesifiek die land se vooruitgang.
    My stelling – en moenie vrae vra nie – Zuma sal in elke geval nie die President van Suid-Afrika word nie.
    “Things aren’t always what they seem to be”

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.:roll:🙂

  2. Ek is bevrees hier moet ek saam met WK stem. Alles waarin hy kamtig glo wat ons wil hoor is net mooi broodjies bak. Hoe kan mens glo ‘n krimineel glo in reg en geregtigheid en regverdigheid? Maar kom ons hoop ek en WK is verkeerd.

    Ek is besig met filing, poefie verby

  3. Ek love my t-shirt, thanx Brein🙂 Hehe

    Maar ons staan met ons rue teen die see, en al wat oorbly is om te staan en fight (hier trek ek ‘n Julius Malema op myself).

    Zuma se deputy is Phumzile Mlambo-Ngcuka wat ookal haar share van scandals weghet.

    Om die waarheid te sê dis lekkerder hier in Neverland..

  4. Hi almal,

    Hahaha… Koeksister, miskien moet ek jou join daar in Neverland.

    Ek wil nou vir Wk iets vra, maar daar staan in sy comment ek mag nie vrae vra nie, ai tog!

  5. Dis lekker hier in Neverland …….. zzzzzzzzz ………

  6. Lyk my hier is baie van ons, almal is welkom, hehe

    ek het ‘n jolly tyd hier tussen die lost boys ……….:)

  7. Die ding is, dit maak nie saak wie in Afrika pressie word nie, power corrupt, en ek sal self sê dat dit dieselle met Zille sal wees. Politici kan dalk ‘n leier wees, maar ware leiers sal nooit so laag soos politici daal nie. Demokrasie in die wêreld is ‘n farce, die politici maak nog steeds jou besluite namens jou. Ek hoor nou die dag dat Ierland het heel moontlik die enigste ware demokrasie. Daar is verpligte referendums vir enige veranderinge aan konstitusies, wette ens.

  8. White Knight ek stem heelhartig met jou saam, Ek glo Zuma gaan dit nie wees nie, die swartgeldmag gaan daarvoor sorg, maar dan gaan ons en blanke besighede begin krepeer.Ek se mos Hellen Zille is my beste kandidaat. Sy het hoeka gister R100 000 000.00 se grond gekty vir die vloedslagoffers.Dit wil gedoen word.

    Koekie vra daai vraag aan WK.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: