Ouers en kinders – op aanvraag van Bons

 

 

Op aanvraag van Bons het ek besluit om ‘n “ouers en kinders” stuk te plaas.

En om die ding aan die gang te kry sal ek die eerste stuiwertjie gee…

 

Ek is nog nie lank pa nie.  Maar die laaste vyf maande was by tye vrek moeilik, maar die meeste van die tyd ‘n allemintige plesier.

Ek was al vir baie jare reg vir kinders.  En dis waar wat mense sê, jy mag dalk reg wees vir hom, maar jy sal eers weet hoe dit jou lewe op sy kop omdop sodra hy daar is! 

Ek vang myself saans vir hom sit en kyk en wonder hoe dit moontlik is dat so ‘n bondel kan grrotword en soms ook soveel pyn aan sy ouers aandoen.  Dit gebeur daagliks…kinders wat betrokke raak by dwelms, drank, verkeerde vriende…ens.  Ek ek raak dan paniekbevange!

 

Ek weet nie aldag hoe om daardie gedagtes uit my kop te hou nie.  My vrou doen haar bes deur my te vertel dat sy my en hom saam sien en sy kan nie glo dat hy ooit so iets aan ons sal doen nie.  Ons is te lief vir hom en ons is al reeds te “involved” vir so iets om te gebeur.  Sy het ‘n punt beet, maar dit beteken nog nie ek kan ontspan nie.

 

Ek maak nou die vloer oop vir raad, wysheid van ons ouer garde!

Enige ander probleem, gooi, ens ons probeer saam die dinge uitsort…of dalk net perspektief gee!

8 Responses

  1. Ag ffs daars my hele relaas ou weg. Ek het nie kinders nie en dis dalk bleddie goeie ding soms, maar vir my is daar 3 belangrike dinge met kinders, dis nou met my beperkte kennis van die goedjies mos. Ek se respek vir jouself en ander mense. Asse kind geen respek het vir homself het sal hy nie vir anner he nie. GOEIE MANIERE – ffs ek hette dooitjie aan die ding hoor. Ek vermoed eks obsessief hieroor.
    En dan dink ek kinders moet kinders bly. ‘n Kind behoort nie op 3 en 4 van vaginas etc te praat nie. Dis my beskeie opinie die nou

  2. Ek het my 2 dogters gevra en dis die antwoorde:

    Nicky (17 amper 18 moenie vergeet nie!):
    Verstandhouding tussen mekaar is baie belangrik, en Pa moet asb, tog onthou dat hulle sosiaal moet wees anders gaan hulle swak wees daarom is airtime baie belangrik!!!.

    Michelle(16)
    Die huis moet mooi wees, daar moet kos en beddegoed wees, ouers moet kinders ondersteun by die skool en met hulle loopbane, belangrikste is RESPEK, veral tussen Ma en Pa.

  3. Onthou net dit is nie te sê as jou kind dalk eendag betrokke raak met dwelms en drank dat dit die ouers se skuld is nie, verkeerde vriende speel ‘n baie groot rol in hierdie besluit. Ek het vriende waar die een kind ‘n pastoor is en die ander het baie sleg uitgedraai, die kinders verskil net met een jaar in ouderdom so het saam groot geword met dieselfde opvoeding, maar deur dit alles is hulle nogsteeds lief vir hul kind en tough love is partykeer die beste, niemand het gesê ouerskap is maklik nie.

  4. Al wat Cruella de Ville hier kan sê is: Moet die bloedjies tog net nie so bederf dat hulle k@k persoonlikhede kry nie – daar is min dinge so erg soos ‘n spoiled teenager brat wat jou vriende irriteer met sy/haar slimgeid en jy dink als wat oor sy/haar lippe kom is sooooo oulik en cool. Leer hulle respek vir alle ouer persone (onderwysers ook) en ek voel as hulle van kleins af goeie morele waardes geleer word, kan niemand dit ooit van hulle af wegvat nie. Daarby bedoel ek hulle moet besef dat geld (en brand names) nie alles is waarom die lewe draai nie.

    OK, ek praat maklik wat ek het nie een van my eie nie, maar ek kan ook as stiefma sien watse foute my man met sy seuns maak. Beertjie jy’s reg: TOUGH LOVE!

  5. hi julle, my 3 kinders was baie verskillend, die oudste het daai julle skuld my en die wereld skuld my ook, die middel kind het vreeslike goed aangevang, as hy nie skool geslip het nie, dan het hy en sy vriende by die club ingebreek en drank gesteel, vandag is sy middelste kind die selfde of nog erger, my jongste was die soetste gewees, van my 3 stief kinders sal ek liewer niks sê, hulle was erg verby, wel wie die skuldige was weet ek nie, ons het tog hard probeur om hul goed groot te maak, maar vandag dat ek baie ouer is, sien ek die foute wat ons gemaak het, gelukkig was daar nooit dwelms nie, en die een wat in sy jong dae drank gesteel het drink nie juis nie, so af en toe `n bier of 2.

  6. Ek weet nie want gbeur altyd dat kinders so sleg uitdraai nie,maar dit is soos beertjie ook hierbo gese het vriende speel ‘n groot rol en kan kinders baie vinnig beinvloed. Ek is ook skuldig aan die feit dat ek my kinders so ver as moontlik probeer beskerm in die sin van seerkry en met verkeerde maats deurmekaar raak of met kinders betrokke raak wie se ouers baie drink en so aan, maar ek gaan dit nie kan doen eendag as hulle begin werk nie, so wat gedoen? Ek dink dit is maar hoe jy jou kinders grootmaak van reg en verkeerd leer, maar moet net nie daai jong boompie breek nie want as hy groter word gaan hy skeef aangroei en rebelleer en dan sit jy met erger probleme. Elke kind verskil in sy/haar enigheid en ons as ouers kan maar net ons bes probeer om hulle op die regte pad te hou.

  7. Hallo almal, hoe gaan dit nog met almal, ek is vandag weer hier in Edenvale. Die klomp trek hopelik oor Pretoria toe einde julie dan sal ons netwerk dalk werk daar in Pretoria, op die stadium sukkel ek maar daarmee en moet maar Edenvale toe kom om my mails ens te download.

  8. Genade ons!!! Ek het net mooi ‘n week verloor omdat ek die hele tyd van die werf af gegooi word – sorry Pagoda ek weet nie wat dit was nie. Ek kan so een paragraaf lees dan smyt hy my uit, maar dit lyk of dinge nou weer terug na normaar is.

    Pagoda, baie dankie vir die stuk, ek het die naweek ‘n paar stukke raad desperaat nodig gehad – en dinge het toe so in die stilligheid homself uitgewerk.

    Ek dink julle weet nou al dat ek en manlief “highschool sweethearts” was wat geëet het voor ons gebid het en baie jonk getrou het en kinders gehad het. Ek het 2 seuns en ‘n dogter, die seuns het normale seuns dinge gedoen maar my nooit koue rillings gegee nie. My dogter het opgemaak daarvoor.

    Ek moet darem ook sê dat sy met tyd kalmer word en dat sy baie meer bederf is as die seuns a.g.v. ‘n mediese probleem en ons het haar jammer gekry – GROOT fout!!!! Ek kan met alle eerlikheid sê dat respek die belangrikste is en dat bederf die grootste fout is. Wanneer ‘n kind ‘n ding kry sommer net vir sommer……trek hy dit deur sy g*t, hulle moet alles verdien al is dit op die kleinste manier.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: