Om die boompie te breek

Na aanleiding van Patches se comment op ‘n post hier op Die Werf het ek besluit om iets te plaas wat goed inpas by daardie topic.

Vandag sit ek en vroulief saam met klein Jacques by my skoonouers. Terwyl die vuurtjie knetter het ek en ‘n vrou wat daar kuier ‘n lekker geselsie oor kinders grootmaak en die moets en moenies wat daarmee gepaard gaan.
Ter aanleiding: Ek en my vrou was laas Desember by haar grootouers gewees en ek het daardie dag terwyl ek met my vrou se tannie se laitie speel vir hom beloof dat ek hom ‘n rugbybal vir sy verjaardag sal koop. Ek het grootgeword met min, maar sal nooit vergeet hoe dit gevoel het om iets so eenvoudig soos ‘n genuine krieketbal op my kopkussing te kry vir my tiende verjaardag nie. Ek het die waarde van beloftes nakom al vroeg geleer, en alhoewel my pa baie skete in sy mondering het is die feit dat hy gereeld van sy beloftes verbreek het een van die eienskappe wat my rerig dwars in die krop gesteek het. En dis nie asof ek ‘n daadwerklike poging aanwend om nie dieselfde pad te loop nie…dis veel eerder ‘n ingebore drang om deur te voer wat ek beloof het ek sou doen wat gemaak het dat ek myself die laaste paar maande aan my eie belofte herinner het.

Klein Timothy se gesiggie het gestraal van geluk toe hy met daai bol in sy hande staan en toe hy my vertel dat hy more soos Steak Burger (ja jy lees reg!) in die parkie gaan speel! En ek het meer as net bewondering in sy gesiggie gesien…daar was ‘n duidelike trust wat daar gesmee was. Een wat hy vir die res van sy lewe saam met hom sal dra aangesien Oom Gert onthou het, selfs na al daai maande, om die rugbybal vir hom te kry…en daarmee saam die besef dat Oom Gert se woord goed is!

En ek vertel toe vir Trudy dat ek daardie aand besef het hoe maklik kinders gebreek kan word deur beloftes wat nie nagekom word nie. Wanneer die wereld beloof word maar die noodlot ingryp en jy of noodgedwonge of aspris nie jou belofte nakom nie.

En dis daar waar my stelling toe beaam word as 100% korrek. Volgens Trudy is al drie haar seuns (almal uit die huis) nie juis van die mees wel aangepaste persone in die land nie. Hulle skuur deur die lewe en sy draai geen doekies om nie…sy blameer haar man daarvoor. Die belangrikste figuur in ‘n jong seun se lewe is ongetwyfeld sy pa want al sy ques vir die lewe word gekry by hom. Elke denkbare belofte wat hy ooit aan hulle gemaak het was verbreek, en dan moes sy tussenbeide tree, die trane wegvee, probeer regmaak waar hy verbrou het…en dit was ‘n nimmereindigende stryd! Vandag wil hulle niks met hom te doen he nie, maar van daardie einskappe wat hulle haat in hulle pa stel hulle byna daagliks ten toon teenoor die mense die naaste aan hulle in hul eie lewens.

Daardie boompies was vroeg gebuig…en gebreek.

Ek weier om dit wat met my in my lewe gebeur het af te skryf as slegte herinneringe. Ek wil dit vir ewig onthou, leer daaruit en alles wat ek emosioneel van my ouers wou gehad het en bykans nooit gekry het nie, sal ek vir Jacques op ‘n skinkbord gee. Hy verdien dit…en selfs het hy nie, verdien hy steeds nie om soos iemand behandel te word wat niks meer as ‘n nul op kontrak in die onmiddelike omstandighede is nie.

Die enigste buig aan daai boompie sal wees teen die wind in. Dat hy selfs die dag as die Suidooster hom wil ontwortel hy sterk genoeg sal kan staan om te kan terug druk!

6 Responses

  1. Hello Werflinge😉

    As daar een ding is wat ek persoonlik goed kan onthou van my eie ouers was dit, dat ‘n belofte maak skuld en jou skuld moet jy ten alle tye vereffen.
    My Ouers se Ja was Ja en Nee was Nee basta met die res. As jy egter vir hulle iets gevra het en hulle was nie seker of dit wel gedoen sou kon word nie, was die antwoord altyd “Ons sal sien”.
    Dan ook in meeste gevalle was, indien hulle kon, die uitkoms van “Ons sal sien”, het hulle ‘n plan gemaak en dit wel vir jou gegee of gedoen wat jy gevra het.
    As daar egter die dag gese word nee, het jy geweet waar jy staan en dit het nie gebeur nie.

    So My eie kinders leer ook, Ja is Ja en Nee is Nee, maar as ons nie seker is nie word daar nie beloftes gemaak nie en dan word dit ook “Ons sal sien”. Ons probeer dan alles in ons vermoe om dit vir hulle te doen of te gee, wat ookal die geval is.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄🙂

  2. Pagoda – jou post is so waar!! Ek sien dit met my eie kinders. Hulle is ook nog klein, so ek en my man leer elke dag. Een ding is verseker ‘n kind vergeet nooit iets wat jy hom belowe het nie.
    Baie nice post!!

  3. Jislaaik amper dog ek ek is in die moeilikheid oor ‘n comment wat ek gemaak het, toe moes ek mos eers nou my comment gaan soek en seker maak eks nie in die moeilikheid nie, sjoe ek is darem nog okei, nie in die moeilikheid nie🙂

    Pagoda32 dit is so waar wat jy hier oor praat, maar weet jy wat is die moeilikste as een van jou kinders ietsie soek en jy weet voor jou siel jy het nie die geld om dit te koop nie, ek het al soveel keer trane weggesluk as my kinders iets soek en ek dit nie net nie kon bekostig nie, dan praat ek van iets wat R20/R30 kos maar ek kon dit net nie bekostig nie, maar gelukkig het my twee monsters verstand en as ek aan hulle verduidelik het dat hulle net moet wag tot payday dan was hulle heel okei daarmee, en soms het payday verby gaan en ek het vergeet daarvaan en as ek dit dan dae of ‘n week na payday koop moes jy my monsters se gesiggies gesien het.

  4. Hi almal
    ‘n Kind se geheue is soos ‘n olifant as dit by beloftes kom.
    As jy iets belowe, kom daardie belofte na! My ouers het hulle beloftes nagekom, ek het my beloftes aan my kinders nagekom en moet dit nou vir al die nuwe kinders in ons lewe (familie en vriende se kinders) nakom!

    Deesdae skryf ek my beloftes, wat ek redelik gereeld maak neer …. die geheue mag my dalk in die steek laat🙄 🙂

  5. Hi Patches…jy laat my nou voel soos iemand wat ‘n sweep klap…😦

  6. Nope dit is nie hoe ek jou sien nie, maar ek moet se jy lyk na ‘n bedonnerde stukkie mens op daai foto van jou🙂 Toemaar ek joke net !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: