Die Grondwet versus Koeksister en First for Woman.

Hierdie posting word spesiaal gedoen vir Koeksister omdat sy `n polishouer van “FIRST FOR WOMAN IS“. 

Indien jy van mening is dat jy nie billik behandel is nie of dat daar regstreeks of onregstreeks teen jou gediskrimineer is, nader jou naaste gelykheidshof vir bystand.

Diskriminasie kan wissel van diskriminasie op grond van ras, GESLAG, swangerskap, huwelikstatus, etniese of sosiale agtergrond, seksuele voorkeur, ouderdom, liggaamsgebrek, godsdiens, sosiale ingesteldheid, oortuigings, kultuur, taal en afkoms.

Volgens Die Grondwet hoofstuk 2, artikel 9 (4) Is elkeen gelyk voor die reg en moet gelyke voordele geniet.Geen persoon/instansie mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer met inbegrip van ras, GESLAG  enssovoorts nie.Dit is `n onbillike wanpraktyk.Maar hier word blatant en kwaadwillig teen mans gediskrimineer.

 Op grond van die volgende Bybel tekse en Wet 108 van 1996 Die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika het ek my ADVOKAAT opdrag gegee, om  tesame met `n paneel regs deskundiges ondersoek in te stel, oor die ongeruimdhede van die versekerings maatskapy wat skepsele wat die Bybel `n vrou noem en nie mense nie onregverdig te bevoordeel bo MENSE (MANS).

1.                GÉNESIS 2:25
En hulle was altwee naak, die Mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

2.                GÉNESIS 3:8
En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die Mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.

3.               GÉNESIS 3:21
En die HERE God het vir die Mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek

Daar is ook voorgestel dat alle polishouers van First for Woman ook gedagvaar gaan word.Alle voordele sal verbeur word en dat die maatskapy gelikwideer moet word, kriminele en strafregtelike sake wag dus op alle polishouers en dat al die bates en finansies oorbetaal moet word aan die nuut gestigte  FOR MEN ONLY.

Die sake sal begin sodra my Advokaat in 2015 uit die tronk vrygelaat word, hy dien tans `n twintig jaar vonnis uit vir bedrog en korrupsie.Bwa ha ha ha ……..Hoe lekker kak het ek nou gepraat.As kak praat grade was, was ek nou `n Advokaat.

Jammer as ek nie reply op comments nie , maar ek het erens `n probleem, sodra ek op DieWerf self gaan word ek afgegooi, hoekom weet ek nie.Maar as ek die probleem uitgestryk het , hoor julle weer van my.Anders antwoord ek julle maar in `n posting.

Hastilla Vista.

40 Responses

  1. Ek besef al te goed dat hierdie post tong in die kies bedoel word, en ek lag saam, maar daar is wel geraak aan ‘n punt wat my nogals lelik omkrap, en ter wille van debat gaan ek vir eens en vir altyd van daardie las op my gewete ontslae raak en my se se…of ek nou ongewild hierna gaan wees of nie. Miskien moes ek eerder ‘n ander post geplaas het as om hier op joune een te hijack, Brein, maar hier gaat ons…

    Ek het ‘n groot pyn met First for Women versekering. En hiers hoekom!

    Ek was grootgemaak deur my ma om respek vir alle mense te he, nie te diskrimineer nie, nooit my hande vir ‘n vrou op te tel nie, te weet dat ‘n vrou die reg het om self te besluit wat sy in haar lewe wil doen, ens…
    En ek glo dit vandag nog, maar nou het ek die volgende paar vragies…

    As enige soort diskriminasie verkeerd is, gebasseer op ras of die tool wat jy tussen jou bene dra, verduidelik vir my hoe ‘n advertensieveldtog wat mans soos kinders laat lyk en die daaropvolgende stigting van ‘n versekeringsmaatskappy wat cater vir vrouens nie onwettig is nie?

    Feministe in die veertigs, vyftigs en sestigs het hulle vingers stompies gewerk om vrouens dieselfde regte as mans te laat kry. Die bra was gebrand, en orals het vrouens soos een man (excuse the pun) saamgestaan om te kry wat hulle wou he.
    En dis goed. Geen probleem daarmee nie. In ons eie land se geskiedenis is daar tientalle voorbeelde van verskillende groepe wat hulself deurentyd voos gewerk en baklei het dat die riviere rooi gevloei het om hulle plek in die son te bewerkstellig. Swart mense het in hulle massas betoog en baklei vir dekades om GELYKHEID te bewerkstellig. Nes vrouens vir GELYKHEID baklei het… Hoe is dinge vandag gelyk met vrouens en swart mense wat voorkeur kry?

    Vra maar net…
    Ek het die grootste respek vir vrouens en alles waardeur hulle moet gaan elke dag. Om mediese redes sal die meeste mans nooit rerig verstaan wat soms in die pragtige koppe van dames aangaan nie, maar dan weer…besef vrouens rerig waardeur mans gaan? Ons mag dalk nie maandstondes of die geboorte van ‘n kind eerstehands beleef nie, maar maak dit van ‘n man in vandag se tyd so min dat dit sommer net as vanselfsprekend aanvaar word dat dit OK is om ‘n First for Women versekering te he? Ek vra die vraag met dieselfde voorbehoud as wat ek die vraag vra oor of dit OK is om oop en bloot teen blanke groepe te diskrimineer sos daar destyds teen swart groepe gedoen was? OF is daar ‘n logiese verduideliking wat my plat manlike kop net nie begryp nie?

  2. Ek verstaan nie hoe jy so ‘n advertensieveldtog as onwettig beskou nie, hoe verstaan jy dit dan as vrouens in bikinis, bote / motors/ motorfietse (noem maar op) adverteer op televisie.

    Maar wonder ‘n vrou daaroor word daar gesê ons sit al ‘n 100 jaar wydsbeen in die saal en sit nog steeds ongemaklik…

    Ek het aangesluit by fvw omdat hulle meer in touch met my vroulikheid is, enigiets verkeerd daarmee?

    So by the way, ek is ‘n lady, nie ‘n feminis nie.

  3. Ek’s nie kwaad vir jou nie Koeksister! Ek is inteendeel kwaad vir geen vrou nie!
    Ek het nie net gewonder oor die advertensieveldtog nie, maar oor die wettigheid van ‘n besigheid wat geen doekies omdraai dat dit op grond van seksistiese redes geskep is nie…
    Kom ons kyk na die flipside! As daar ‘n “first for men” versekering geskep was was die gort gaar!

  4. Ek hoor presies wat jy sê Pagoda en waarnatoe jy mik!

    Kyk mans veral wit mans kry regtig swaar deesdae ek weet dit, ek beleef dit elke dag in ons beroep.

    Glo my maar as ek vir julle sê dat besigheid eerder vir my gegee sal word as vir my Teddie! (Ek gee die kwotasie in ek doen die onderhandelinge, alhoewel die besigheid in ons altwee se naam geregistreer is) Omdat vrouens en swartmense nou voorkeur kry! Dit maak nie eers saak dat my Teddie se kennis 3 maal meer as myne is nie. Dis hoe dit is.

    Ek wil nie besigheid of voorkeur kry omdat ek ‘n vrou is nie.
    Dit pp my af…. ek is nie ‘n Amoeba nie!

    Ek dink First for woman is nie ‘n slegte storie nie, hulle maak blykbaar voorsiening vir ‘n paar oulike goed wat net op vrouens van toepassing is. Dit was goeie bemarking!! Ons vrouens hou daarvan as hulle ons bietjie voortrek.

    Julle mans weet dit mos, of hoe? Ons wil spesiaal voel of dit nou deur ons manne is of ‘n versekering maatskappy, maak nie saak nie, behandel ons net soos die koningin van die mishoop en ons is putty in julle hande 😆

  5. Ek kan myself nou uiteindelik ‘n blogger noem en nie meer net ‘n commenter nie check my blog uit . http://christolouw.wordpress.com/
    Geluk Griffel jy is amptelik my eerste commenter.

  6. Inteendeel Pagoda, ek dink nie vrouens gaan opstêrs raak as daar ‘n first for men is nie, moet dit net die first for white men maak nie, dan is die hel los.

    Pelle?🙂

  7. Hehehe Koeksister…. jy raak nou ‘n celeb hier by die werf. Dis nou die 2de keer dat jou naam die “opskrifte” haal!!! Ek like!

    Stem saam met al die comments hierbo. Ek sal ook nie ‘n probleem hê as daar ‘n “A first for men” versekering is nie.

    Brein – ek sukkel netso om by die werf in te log. Probeer bietjie – as die “home” page oopmaak click dadelik op enige post se “comments”. Dit help vir my. As ek wag dat die “home” page heeltemal oopmaak word ek ook afgegooi.

  8. Die konsep van First for Woman versekering is glad nie ‘n nuwe ding in die korttermynversekering bedryf nie.

    Baie jare voor die stigting van First for Woman het van die groot versekerings maatskappy in die land reeds volgens harde statistieke gesien vroue versekerdes eis baie minder as hul manlike ewekniee. Hulle maak ook baie, baie minder motorongelukke. Daarom het van die versekeraars lank terug al, ek praat van so 15 jaar terug al begin om addisionele korting op motorpremies te gee as die gereelde bestuurder van ‘n motor ‘n vrou was.

    Dit gaan glad nie oor diskriminasie nie. Dit gaan oor die tarief bepaling rakende ‘n spesifieke risiko. bv. jy eis dalk 1 keer in 5 jaar. Mnr X eis ten minste 2 keer per jaar, elke jaar. Maatskappy sien totale eise is R x hulle sien ook totale premie inkomste is R z . Hulle bepaal die eise ratio is te hoog en verhoog alle polishouers se premies. M.A.W wat in werklikheid gebeur is dat jy wat baie selde of ooit eis “sponser” die groot eisers.

    In die tyd wat ek ‘n korttermynversekering makelaar was het ek gesien dat die finansiele voordeel wat mense (mans en vroue) gekry het met die addisionele korting die verskil gemaak het of hulle wit brood deur die maand eet en of hulle net bruin brood kon bekostig het.

  9. Ja Koekie, ek met my groot mond🙂 hehe

  10. Hello almal. Die arme arme vrouens.

  11. Hi Rory, jy was ook maar lanklaas hier. Hoop dit gaan nog goed.

  12. Wetie hoekom almal dink “arme vrou” nie…LOL
    Niemand was kwaad vir haar nie! LMGA!! Dis net ‘n topic wat by dwars in die krop steek.

    Kom ons wees nou eerlik…hoe sou die populasie van SA dit hanteer het as daar “First for Men” of ‘n “White Management Forum” gestig was?

  13. Daar is ‘n rede hoekom daar nie ‘n First for men is nie. Die maatskappy sou sekerlik binne die eerste maand bankrot gespeel het..LOL.

    Hello Koekie, dit was mos lekker skool vakansie. Ek het minder as niks gedoen, so stadig as moontlik.

    Hoe gaan dit met jou?

  14. Eks nie kwaad vir Koeksister of enige iemand nie, dis die “system” wat my pla, so by the way Koeksister jy se hulle is in touch met jou vroulikheid, ag kom nou ….hulle is in touch met jou beursie.

    Hi Rory arme vrouens se jy.

    Boskind ja julle maak baie minder ongelukke as mans omdat baie vrouens nog net tot by standerd agt kon vorder en vroeg ryp getou het en op manlief steun.

  15. Whahaha Brein… ek dink jy moet solank hardloop!! Jy tas darem nou lekker in die donker rond!

    Phibbs – Jy het mos brein se addy, ne? Ek wil gou my niggie (wat nou ‘n man is), wat net st 6 gehaal het, laat weet….hehehe.

    Rory – gaan goed dankie. Geen klagtes.

  16. Arme ons JA, ons moet met julle mans opgeskeep sit.
    So ou breintjie………..leef jy darem nog? Het mev Brein jou nog nie gepos nie?

  17. Hokaai, ek hands-up nou!!!

    Brein, as ek van Venus is en jy van Mars, wil ek graag hê iemand wat venutian praat moet my kan verseker.🙂

    Jou laaste opmerking vir Boskind ???????? Eish

    Pagoda die “White Management Forum” gaan bietjie waves maak, eintlik wens ek iemand wil dit doen.

  18. Jislaaikit! Brein ek laaik ok nie jou laaste opmerking teenoor Boskind nie. Jy is nou besig om teen vrouens te diskrimineer. Nie almal het net std 8 of het vroeg ryp getrou of maak op hulle mans staat nie. Jy praat nou mos poef! Groot stukke, roomysgedraaide bolle poef!

    Nog ‘n ding, ek sou nie omgee as hulle ‘n First for Men versekering stig nie. Anyway, die arme mans het nog steeds die room van die lewe. Ek sê mos in my vlg lewe wil ek tog net ‘n man wees, want dit is steeds ‘n “mans’ world”. Mans is geregtig om nooit groot te word nie en tot laat saam hulle pelle te kuier, vrouens nie, ens ens ens. Ag whatever, ek’s nie lus vir debat vandag nie… Gaan nou eers gym

  19. Koeksister, ten eerste is ek `n man praat Aards tale venutian is iets wat net vroue kan verstaan.Maar Boskind sal verstaan, sy sal sien feite is feite Bwa ha ha ha …..

    Rory eks te misbaar en met `n man soos ek waarom sal Mev Brein my wil los.

  20. Ag Anniegetyourgun,ek joke net maar dit hou julle tweesporige huisdiere wat spore trap soos `n mens op jul tone.My vrou is darem geletterd en ek glo julle ook.Njarrrrrrr. Woef!!Vat hom Flaffie.

  21. Grrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr…..

  22. Ek maak `n statement I luv woman en ek kan en wil nie sonder julle lewe nie.Met wie gaan ek fight en terg en sukkel en en en en …………..

  23. Brein, ek verstaan en feite is feite en dis ook ‘n feit dat dit ‘n baiiiiiie kleiiiiin persentasie van ons eva’s geslag is waarna jy verwys.

    En dis ook ‘n feit ons bestuur beter as mans !!!

    Wat dink jy ??

    For boys with big toys ……. ons verseker net windgat bakkies

  24. Ja natuurlik bestuur julle baie beter as ons ook 60 kilometer per uur betuur terwyl ons eyeliner, onderlaag en maskarra op sit en onsself bewonder in die spieel. Sal ons ook beter bestuur.

    Wel as jy gaan kyk wie het die meeste bestuurders lisensies in die land is daar sowat vyf mans vir elke vrou op die pad, natuurlik aan die stats baie hoer wees.Maar sekere ondernemings se kleinkoppes kan dit nie insien nie.

  25. FFW is ‘n rip off- hulle kon nie eers my slegste ander versekering kwotasie ‘match’ nie. Ek dink hulle het ‘n klomp ultra-feministe gevang met hulle naam.

  26. Hier is ‘n bug of iets op die Werf. Nes ek inkom gooi hy my uit en sê iets van of ek wil debug of ‘n report send. Pagoda, Brein? Julle is mos die slimmes. Help tog ons stupid vrouens (hehe) …

    Horie julle. Ek glo ook nie aan FFW nie. Hulle word nie gelys op die Financial Institutions Board nie. Ek oorweeg wel om van Outsure na Miway oor te loop. Hulle bied blykbaar dieselle voordele vir helfte vannie paaiement (die eienaar van Miway het blykbaar van Outsure weggeloop).

    OK, nou gaan ons firewall my weer 2 uur afgooi. Uiters frustrerend! Sal vanaand by die huis inloer wat sê julle nog.

  27. Chow! Lief vir julle almal…. tot later hoeners

  28. FFS ek dink isse kak topic want disse stryd wat ek altyd voer met mans. Ek se altyd die mans is gelee deur hulle mammas bestuur en die vrouens deur hulle pappas. Ek ken mans en vrouens wat ewe kak bestuur. En dan ek mans wat NOG kakker bestuur. Ek issie ‘n feminis nie. Ek het my eie regte en of jy like dit of nie. Keuse is maklik hehehehehehhehehehehehe.

  29. Anniegetyourgun,

    First for Women is wel geregistreer by die Finansial Services Board. Hulle voldoen ook aan al die FAIS standaarde. Let asb hulle is nie ‘n versekerings maatskappy nie maar wel makelaars. FFW bestaan al van 1998 af.

    Daar was die laaste paar dae op verskeie blogs, inskrywings oor mense se ongelukkigheid en ontevredenheid rondom versekering.

    Ek het ‘n paar waarnemings gemaak uit al die comments wat gelees is.

    Makelaars / agente word aangesien as die versekerings maatskappy. Dit skep verwarring by die klient.

    Makelaars / agente verkoop nog steeds “gimmicks” aan die kliente en nie polisse. Hulle verduidelik nie aan die kliente wat die polisse behels nie.

    My raad aan almal is, vat jou poliskontrak en LEES hom, saam met al die edossemente en dokumentasie rakende bybetalings, ens.

    Versekeringsmaatskappy betaal eise op gronde van wat in die poliskontrak staan. Weet wat is jou regte volgens die poliskontrak. Makelaars / agente probeer baie keer eise “blok” of verlaag om ‘n laer eiseverhouding by ‘n versekerings maatskappy te he. Moenie dat hulle julle vang nie.

  30. Boskind jys reg en jy is sommer oopkop met die dinge, ja ons moet nie altyd dink dis die versekering nie, die middelman is meeste van die tyd die vark in die verhaal.

    Ja Anie lief vir julle almal ook.

  31. Ek het presies dieselfde probleem met my internet explorer. Ek glo die beste ding wat ek kon doen was om te upgrade na Opera 9 of Mozilla / Firefox. Ek dink julle moet so doen hoor. Daar moes erens iets op die site gekom het wat teenstrydig is met IE.

  32. Hoekom is daar ‘n debat oor as daar ‘n1st for men versekering? Vir DUISENDE jare kom mans al eerste, stemreg, toelating tot skole en later universiteite, top-werke.

    Nie lank gelede nie kon vroue nie eiendom besit nie. Ag daar is honderde voorbeelde, Net verpleegkunde en onderwys was oop vir hulle.

    In in die Bybel wat jy so aanhaal: Weduwees sonder familie (en hul kinders) het gesterf van die honger omdat hulle of prostitute moes word, of sterf, want hulle mag nie werk nie.

    Maar as ons dit ‘n bietjie afbreek: Hoekom is paternalisme so taai om af te breek? Want die wat die meeste het om te verloor (mag), klou die swaarste vas daaraan, want as dit weg is, is daar niks oor vir hulle nie.

  33. Die probleem Rosalind, lê in die denkwyse.
    Ek trek veral parralelle tussen die einste versekering gemik SLEGS op vrouens en wat sou gebeur as elke groep, geslag, ens. kon diskrimineer soos hulle wil.

    Nes ek vandag van mening is dat ja, daar was die skending van menseregte vir baie jare, maar wanneer raak die regstelling daarvan genoeg? AA en BEE was veronderstel om die verkeerde van verlede reg te stel, maar dit raak toe ‘n speelbal warmee die ryk, sogenaamde agterblewe, homself verder kan verryk. En as die meeste van ons vandag kan insien dat dit niks meer as omgekeerde diskriminasie is nie, hoekom moet mens maar gedwee aanvaar dat daar ‘n versekringsmaatskappy is wat net vir vrouens cater? Sekerlik is dit wat vrouens ontneem was vir baie jare al reeds reggestel? Wanneer raak genoeg genoeg?

  34. Pagoda32

    Jy het nie nodig om te aanvaar dat daar enige versekeringsmaatskappy in SA is wat uitsluitlik vir vroue “cater” nie, want nie een van hulle doen dit nie.

    Kom ek verduidelik vir jou presies hoe die beginsel van First for Women versekering werk.

    First for Women is korttermynversekerings makelaars. NIE ‘n versekeringsmaatskappy nie.

    Die makelaar het ‘n versekeringsmaatskappy genader om ‘n “unieke” produk te bekom. Dit is ‘n standaard polis met ‘n naam m.a.w. ‘n gewone polis met ‘n ander voorblad. Al wat die tipe polis onderskei van ‘n ander polis is die tarief stuktuur dit wil se die premies wat betaal moet word. Wees verseker First for Women Makelaars sal vir jou ‘n polis skryf maar jy moet weet jou kontrak gaan nie ‘n Frist for Women voorblad he nie en jou premies sal verskil.

    Ek verseker jou hierdie konsep is nie so uniek nie, so is daar bv ‘n Mercedes polis vir n merc en ‘n Ford polis vir alle Fords, ens die lys is oneindig lank.

    Lees my vorige postings ook. Hierdie tipe polisse het gewoonlik sulke oulike extra opsies en voordele by (“gimmicks”] Dis gewoonlik goed wat bygesit word om die produk meer aanloklik te laat lyk.

    Met watse “gimmicks” gaan ‘n makelaar vorendag moet kom op ‘n polis om dit vir ‘n First for Men klient ‘n aanloklike produk te maak?

  35. Ek kan jou daarop antwoord, maar dit gaan ‘n heel nuwe blik wurms oopmaak LOL!
    Ek het jou comments gelees, en ek verstaan die konsep. First for Women was as voorbeeld gebruik. En ek glo deur Brein ook. Dis nie die konsep waarmee ek noodwendig ‘n problem het nie, dit is die moedswillige groepering van groepe wat my dwars in die krop steek. Hoeveel dames daar buite weet presies waaroor die versekering gaan? Vir die oorgrote meerderheid beteken dit iets wat net hulle s’n is. As elke groep op gronde van seks, kleur of agtergrond dit goed ag om groepe te stig wat die trots vir jou eie groep aanwakker is dit niks beter as die apartheidsera waarin ons onself gevind het so paar jaar gelede nie.

    So vir afsluiting van my kant…dis nie sosseer die versekering wat vir my ‘n problem is nie…dit was die moedswillige stig van ‘n organisasie of maatskappy wat teer / geld maak uit een groep terwyl dames, of die meerderheid van hulle, die kans aangryp aangesien daar iets is nou net vir hulle. En daarmee saam word elkeen van daardie dames vertel watter slegte bestuurders mans is (daarom hulle premies wat sal laer wees), watter onverantwoordelikke wesens mans is (kyk maar na die advertensies) en ons as mans moet maar sluk en saamleef met die steriotipe. Daar le my probleem!!

  36. En nou moet ek lag kry…ek het so paar dae gelede op Hippo versekerings premies gaan opsoek vir ‘n motor…First for women was duurder as almal! LOL!

  37. Dalk moet jy daai blik wurms uitgooi, ek sal vir ons ‘n produk by ‘n maatskappy gaan beding, dan kan ons ook geld maak. LOL LOL

    Lekker dag vir jou verder

  38. Pagoda ja jy is heel reg met ” die moedswillige groepering van groepe” self die advertensies wat FfW PLAAS in tydskrifte kryt ons mans uit as beasts.

    Maar Rosalind Franklin, paternalisme sal daar altyd wees dit loop hand aan hand met enige regerings vorme en met die norm.As jy weet wat ek bedoel.En ja as jy niks het om te verloor nie, worry jy nie, maar as daar is dan klou jy , wie jy ookal is, dink nou maar aan ons buurman Mugabe.

  39. Raait…hier’s my lysie!

    Een gratis toegang per maand tot Teazers.
    ‘n Halwe tenk petrol elke twee maande verniet.
    Twee gratis rugby kaartjies na enige twee toetse in ‘n jaar en ook twee gratis kaartjies na enige krieketwedstryd elke jaar.
    Gratis inskrywing tot die Playboy channel.

    En ek weet op al 5 daai punte is my vrou langes my…LMGA!!

  40. Pagoda: Is daar mans wat ook dans by Teasers? Halwe tenk petol…..ek gebruik ”n kwart werk toe en trug per maand. so dit sallit doen. Rugby kaartjies OH YES BABY. EN KRIEKET YESSSSSS!. Solank playboy channel is en nie playgirl nie. Anyways ek het die manne gekyk met die boer soeke vrou. My een was Hennie. En raai toe cancel die man homself sommer 3 keer. Hy kyk NIE rugby NIE. fokkit. Eks diep teleurgesteld. bwhahahahahahhahahahaha. Manlief ook want hys nou opgeskeep met my

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: