Slanghoek Camerca, Paintball en masochistiese waagmoed.

Die naweek was nou lekker ontspannend. Skoonfamilie het by ons gekuier.Nadat die bokke die All Blacks afgerantsel het, het ons lekker gebraai en `n paar bottels Slanghoek Camerca (A soft, well-balanced wine blended from three noble cultivars – Cabernet Franc, Merlot & Cabernet Sauvignon. Matured in small French oak barrels for 14 months., seker die lekkerste rooiwyn wat daar is kaf gedraf.Die wat van rooiwyn hou , ek wil graag hoor wat dink julle van die wyn. Ek het nou al gesoek vir die perfekte rooi wyn , ek JA dis hy die.

Maar ongelukkig het die wyn veroorsaak dat ek gedare was deur my swaer en my dogter se vriend om te staan as teiken vir `n paar skote met hul Paintball guns.My bek was groot en het gese dit kan nie seer wees nie. Nodeloos om te se eks mos nie bang nie en het buite gaan staan en sowat tien skote van elke getrotseer , gelukkig was `n paar mis.

My vrou is kwaad vir my oor my masogistiese waagmoed, ek het so paar lelike blou letsels, maar dit lyk vandag al beter. Ek lyk soos `n Cheetah. Wel nooit weer nie, nou weet ek hoe voel dit en nou noem hulle dit sport?!?!

14 Responses

  1. Maar gewoonlik dra mens Camo’s! Het jy dalk Camo’s aangehad? LMFGA!!!
    Drank verdra nie onreg nie!

  2. hie hie ek hoop jy vrou het jou lekker uitgetrap🙂

  3. Liewe aarde Brein!! Ek kan glo jy het blou kolle!! Hierdie storie is seer!!

    Wyn maak mens sterk!!!!

    Lekker week vir jou Cheetah 😈

  4. Ken nie Slanghoek nie, maar sal probeer en laat weet, ons was die naweek knie-diep in die sneeu op Matroosberge, net warm glu-wein het my deurgetrek en 2 bottels obs… hehe
    Wat die paintball aanbetref: dis hoekom my versekering (first for women) nie mans verseker nie.🙂

  5. Hahaha Koeksister!!
    Jip, paintball balle maak lelik seer.

  6. Nou praat ek nie meer met jou nie koeksister…jy is een van daai feministe wat die bra gebrand het, jou eie versekering wil he, dieselfde as ‘n man wil doen, maar verwag steeds deure moet oopgemaak word en jy moet soos prinses behandel word…
    LMGA! Speel sommer!

  7. Ja Brein, gedink daai dag sal aanbreek wat iemand, jou gaan wil skiet om jou lewe te red.👿

    Jy sien, drank verdra nie onreg nie.😀 Laat dit nou vir jou ‘n les wees. Hoop die Brein agter die brein het jou behoorlik laat les op se.🙂

  8. Natuurlik Pagoda, onthou ek sit met die troefkaart. hehe🙂

  9. Rooiwyn het GEEN brieke nie. Maak jou braaf en daana blameer jy iemand anners hiehiehiehiehie. Brein hoe lyk dit mette pic van daai blou kolle. bwhahahahhahahaahaha

  10. Ai Brein😛

    Vir seker nie baie slim nie hoor! hehehe

    Het Saterdag op AF (MK op DSTV) dieselfde ding gesien, maar daai manne het elk so 25 paintball balletjies gevat. Een vir elke program uitgesaai. Duidelik is hulle so bietjie “af”.
    Stuur ma gerus daai foto’s, ons wil sien *giggle* 🙂

  11. Fokkit ek sukkel met Vodacom 3G.

    Hi julle dis nie my stupidgeit nie dis Camerca se skuld, maar ek sou dit ook doen al was Camerca nie betrokke nie.Ek moes dit net ervaar.

    Monna eks eintlik baie kleinserig en sal beslis nie op AF aard nie, maar ek like daardie program, dis weird.

    Koeksister ek sal jou in `n posting laat weet van First for Woman.

    Sorry ongelukkig geen fotos geneem nie.Eks te wit en moet eers weer tan.

  12. Ek beaam Phibbie se stelling: Wyn het nie brieke nie!!

  13. Annie koop `n bottel vir die naweek en laat my weet wat dink jy van dit.

  14. Sal so maak. Ek is natuurlik ook mal oor Zandvliet Zhiraz. Die Ingilsman het dit vir my gevoer die eerste aand toe hy in my broeks wou klim soos hy dit noem …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: