Die kat, die petrol en die vark in die SAPS

Ek skryf vandag oor iets wat vir my baie na aan die hart lê, naamlik wreedheid teenoor diere.  Ek weet nie almal is diereliefhebbers nie, maar ek dink hierdie storie sal almal se harte raak.  Ek hoor vanoggend op 94.7 Highveld dat ‘n sersant in die Polisie (swart ou) ‘n verdwaalde kat wat in sy huis kom skuiling soek het, voor sy vrou en twee kinders met petrol aan die brand gesteek het.  Die arme dier was nie dood nie, en toe gaan die vark buitentoe, kry nog petrol en steek die kat weer aan die brand.  Hy is toe blykbaar deur iemand aangegee by die SPCA en is R2000 gevonnis, maar hy is steeds in diens van die Polisie!  Die vuilgoed moes geskors gewees het uit die Polisie!

 

Ek kan nie aan julle beskryf hoe haat ek sulke barbare nie.  Dit vreet soos kanker aan my.  Ek sal so ‘n vark so bitter graag in die hande wou kry – ek is selfs bereid om in die tronk te gaan sit vir wat ek aan hom sal doen!

15 Responses

  1. Ja nee anniegetyourgun dit is iets wat my ook heeltemal koppie verloor, ek kan nie verstaan hoekom sulke mense “reg” kan wees in hulle koppies nie. Wat my verstand te bowe gaan is die feit dat daar soveel mense is wat 3 of 4 honde aanhou of selfs meer, maar as jy kyk in watse toestande die arme diere lewe, kry skaar kos, die water bak is die meeste van die tyd kurk droog, hulle kan skaars sorg vir die arme diere maar diere wil hulle he.

  2. So iets laat my ook op my agtervoete staan, ek het al baie keer mense aangegee by die SPCA, en dan is dit in ‘n gegoede buurt.

  3. Ek is nie iemand wat van katte hou nie, as ek nie my op en wakker hond gehad het nie was my voëls al op gevreet, maar ek is wel teen diere mishandeling, hoe slaap sulke mense, het hulle `n gewete, ek glo nie.

  4. Patches, ek stem saam met jou. Ek gaan ons bure aangee by die SPCA. Hulle het 3 honde en die arme wesens lyk so sleg – maer, vuil, nie behoorlike slaapplek nie, ens ens. Ek het al boodskappe vir hulle gestuur, maar dit val op dowe ore. ‘n Hond is nie net daar om jou te beskerm nie – hy het aandag en liefde nodig. Hulle het gevoelens nes ons. Gaan lees in vandag se beeld (online) van die boerboel wat bo-op sy baas se lyk gaan lê het om hom te probeer beskerm toe inbrekers hom geskiet het, en die boerboel was ook raakgeskiet, maar hy het nogtans sy baas probeer beskerm.

    Bytjie, katte het vreeslike interessante persoonlikhede en hulle is pragtige, skoon, grasieuse diere. Maar nie almal kan van dieselfde diere hou nie.

  5. Annie, ek het eenkeer sulke mense langs my aangegee. Hulle het 4 honde gehad, ook geen slaapplek of selfs ‘n ou afdakkie of boompie om onder te skuil vir reën nie. Hier by ons is dit vrekkoud as dit rëen.
    Het ook vir naweke weggegaan dan het my kinders vir die honde kos en water gegee. Die SPCA het al 4 honde verwyder, en die mense self het ook net daarna getrek.

  6. Koeksister, ek wou hulle al lankal aangee, maar kom nie so ver nie. Ek gaan dit beslis nou doen. En ek ken die SPCA mense by Waltloo in Pta want ek samel geld vir hulle in. Sit my blikkies by die local bottelstoor!!!!!! Jy sal nie glo hoeveel geld ek daar insamel nie!

  7. Hi Julle,

    Ja nee Annie gee die blixsems aan, daar is niks wat my so opwerk soos iemand wat diere verniel nie!!
    Ek se altyd, as jy wil weet hoe opreg ‘n persoon is, moet jy maar net kyk hoe hy sy of enige dier vir daai matter, behandel. As hy/sy diere kan verniel, wil ek nie sy vriend wees nie.
    Ek het vyf honde(verskillende rasse) 2 Jackies, 1 Rottie, 1 Engelse Bulldog en ‘n German Shepard puppie, en hulle regeer absoluut my plot en lewe😛

  8. As ek maar net my handjies op die irk kon lê!

  9. Hi Annie, na ‘n MOERSE gesukkel kan ek nou weer inlog by die werf. Ek het net so hier en daar jou post gelees want ek kan nie sulke goed handle nie!!! Eish.

    Hoe kan mense dit doen???

    Pagoda – Jy kap my ook maar lekker ignore, nê?? Ek het vir jou mail gestuur, wag nou nog vir reply!!

  10. Het al gereply!! Het jy dit genuine noggie gekry nie?

  11. Nee Pagoda. Ek gaan gou weer kyk. Seker my goete wat so opgef*k is. Jis ek het gesukkel.
    Sorry, no hard feelings…hehehe!!

  12. DIs barbaars!! Hierdie mense is gewetenloos. Daar loop siek mense rond, geen respek vir mens of dier nie.

  13. Ek het gister `n post hier geplaas. Maar nou lyk dit my dis gone with the wind.Wel ja God het gese

    GÉNESIS 1:26
    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Ons moet oor hulle heers.Maar nie roekeloos en onverantwoordelik nie.Die moegoe is ver te lig gestraf, hy moes gemeenskaps diens ook gekry het.Hoe kan mens so wreed wees voor jou kinders.

    In Genesis 49:5 & 6 se God :

    Simeon en Levi is die een soos die ander: altyd gereed vir geweld.

    Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie, in hulle vergaderings wil ek nie kom nie, want koelbloedig het hulle mense vermoor, roekeloos het hulle diere mishandel.

    God slaap nie en hy wil met so `n mens niks te doen he nie.

  14. kyk die mens wat `n dier mishandel is nie die naam mens waardig niie

  15. Sê ons almal!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: