Dankie vir al die goeie wense en vriendskap

Wel ek gaan hierdie inskrywing so kort as moontlik hou en hopenlik maak dit sin vir almal. Eerstens dankie aan Pagoda32 wat my deel van die “rubriek skrywers” gemaak het, ek waardeer dit baie, al het ek nie altyd baie posts geskryf nie het ek dit nog steeds geniet en ek hoop dat julle my inskrywings ook geniet het.

Mensies ek moet myself ongelukkig onttrek van Die Werf af, my man is nie gelukkig dat ek blog nie en ek het aan hom probeer verduidelik dat dit heeltemal onskuldig is en ek het sover gegaan as om in die blog in te gaan sodat hy kan sien en lees waaroor ek skryf maar hy is nog steeds nie gelukkig daarmee nie. Ek het myself ook verwyder van skype af want een van die bloggers het my geskype en dit was ook ‘n baie groot no go zone.

Ek gaan nie my eie blog sluit nie, ek sal seker nog so af en toe daarop iets skryf, maar verder sal ek ongelukkig nie meer kan skype of op die werf stukkies kan plaas nie. Ek kan nie my huwelik laat verkrummel as gevolg van skype en blogging nie, al was ek nie elke dag daarop gewees nie, is my man nog steeds nie gelukkig daarmee nie.

Dankie vir al die goeie wense wat ek ontvang het vandat ons klomp nog daar op Steve se Spoeg Blog was en dankie vir al die moed in praat wat gepaard gegaan het met al die immigrasie stress ens. Julle is ‘n goeie klompie mense ek sal dit altyd onthou.

Ek hoop julle geniet die blogging lewe verder en dat julle vinnig iemand anders in my plekkie sal kry. Dankie weereens vir al die vriendskap en ek hoop julle lewens vorentoe is net gevul met liefde, vrede, vreudge en geluk.

Baie groete hier vanuit Hawkes Bay, New Zealand

Patches (aka Christa van Staden)

11 Responses

  1. Voorspoed vir jou Patches, ek sal ook by jou blog inloer.🙂

  2. Ai ou Patches dis nou jammer!! Ons gaan jou mis. Ek sal ook daar by jou blog gaan inloer so nou en dan. Voorspoed!

  3. Voorspoed Patches. Ek verstaan hoe en waar en wanneer. Dis maar moeilik.

  4. Hi Patches ons gaan jou mis, maar sal gereeld by jou blog loer om te sien wat vang jy aan!!!

  5. daar sal geen ander blog wees nie van haar man

  6. Patches se man – Jy’s lekker jaloers, he??? Wat’s fout daarmee om met ander mense te chat?

    Patches – sterkte girl!!! Ek dink aan jou.

  7. Voorspoed Patches, ons gaan jou mis!

  8. Patches, ek verstaan maar te goed en sal dit nie by name noem nie. Sterkte girl. Hou net vas aan jou eie self, en moet dit vir niemand verander nie.

  9. Patches, dis baie jammer. Sterkte en voorspoed vir jou!

  10. Hadida Patches

    Dit is nogals baie jammer, maar dit is waar dat verhoudings kan ly agv die Net. Ek kon jou die ander aand nie antwoord op die chatroom nie, want ek het bly afval…maar ek het gelees wat jy se van die Malachite armbandjie wat jy so pal dra. Hoop dit gaan jou goed, girl.
    Gees! Sigeuner

  11. Pasop vir daardie tipe jaloesie en oorhand, dit kan jou enook jou ook n huwelik vernietig!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: