Dating Blues

Are you a nice guy who has always wondered why the cocky guy — the one who barely appears interested in the girl — is usually the one who gets the girl?

Have you suffered from hearing the words, “You’re a really nice guy, but I only like you as a friend,” from a woman who you would do (or may, in fact, have already done) just about anything and everything for — only to turn around and watch her date (or even chase) a guy who treats her like she’s nothing special? And are you stumped wondering why she would date a guy who treats her like that when she could have you who would treat her like a princess and give her everything she wants? Well, you better brace yourself because I’m going to tell you a couple of secrets that you might not want to hear.

First, “nice” equates with boring and predictable. Look up “nice” in the dictionary and you find: pleasant; agreeable; satisfactory. In other words, average — not exceptional, not exciting, and not sexy.I’ll bet you’ve never heard a woman say she didn’t want to date a guy because he was too confident, too passionate, or too exciting — have you? But, I’ll bet you have heard women say things like, “He’s such a nice guy. He’s so sweet and he’s always there for me, but I only like him as a friend.” Or, “He’s such a good guy — kind, thoughtful, generous, honest, loyal — but there’s no chemistry. He just doesn’t turn me on.”
Sadly, I hear it all the time. The fact is, Mr. Nice Guy, you cannot bore a woman into feeling attracted to you or into wanting to date you. And as obvious as that sounds, if you are one of those guys I described that is exactly what you are trying to do. And it won’t work.

Dis ‘n uittreksel uit ‘n yahoo.com artikel en het nog meer lyf gehad…maar dis die krux van die saak waaroor ek wou skryf!

Dis ‘n lange die…bear with me!

My ouers was haastig toe ek gemaak was. Ek is geensins ‘n olieverfwerk nie. En ek het in my middel twintigs vrede gemaak daarmee. Toe ek jonger was was dit ‘n bitter pil om te sluk as jy na fotos kyk waar ‘n groep vriende kuier en jy duidelik die lelike eentjie tussen die lot op fotos uitdraai. Maar met die tyd kom mens later agter dat mens nie noodwendig die goedkeuring van ander nodig het om ‘n baie hoë waarde op jouself te plaas nie. En as mens dan daardie sienswyse kan deurdra na jou verhoudings toe kan jy net wen, want jy gaan met genoeg “self confidence” daar in wat noodgedwonge wys dat jy nie die verhouding nodig het om jouself te voltooi nie, maar eerder oor jy aanvulling soek in jou lewe.

Na my stelselmatige verandering in sienswyse het ek einde gebring aan ‘n vernietigende verhouding. Om sielsongelukkig vir vyf jaar te bly vaskleef aan iets wat nooit gewerk het nie en nooit sou werk nie is net plein dom gewees. Maar met jou nuwe sienswyse kom ‘n sekere naiwiteit wat jou maak glo dat voornemende toekomstige meisies jou sal sien vir wat jy nou is en sal opline om deur jou opgeraap te word. HAHA! Toe nogals nie…

Dit het ‘n interessante email in my mailbox gekos om my oë oop te maak. Iemand het beweer om die voorste kenner te wees ten opsigte van hoe mans veronderstel is om vrouens te benader. Hy’t ook voorgegee om ‘n selfgetitelde Don Juan te wees. Eers wou ek net delete, want sodra ek mos emails kry wat iets soos selfhelpboeke aan jou wil afsmeer huiwer ek mos nie om die “X” te kliek nie…maar toe let ek op dat hy in die bekendstellings email van ‘n paar tips ontslae raak en ek hou toe maar vas…en slurp elke brokkie “raad” op. Maar probeer dit nooit.

Die raad het een ding in gemeen gehad. Jy moet as jy ‘n mooi vrou ontmoet jou nerve hou en haar, amper arrogant, laat besef dat jy sonder haar kan klaarkom. Jy moet geensins aanbied om drankies te koop nie…veral nie as jy haar sopas ontmoet het nie…ens ens ens… Ek kon my oge nie glo nie! Hier’s ‘n ou wat wil hê ek moet glo jy kan ‘n moerse nice cherrie optel deur soos ‘n vark op te tree…wat ek nie was nie! Maar desperate times calls for desperate measures. En ek besluit toe om daardie teorie een aand te probeer.

Dit was my eerste seisoeneindfunksie by Milnerton krieketklub. Ek was ‘n blind date gereel, wat maar net 17 was, so ek het myself reg gemaak om myself te gedra. Ek was darem al 28. Maar sy was vrek mooi, lank, blond, en het sommer voorgekom as iemand in haar vroë 20’s. Die ouens was stomgeslaan sy was so mooi. Ek het toe besluit om die beste van die geleentheid te maak en het ‘n ander girl by die bar probeer “tjaaf”. Ek onthou toe al my reels en stap haar tromp op en tune haar: “Dit sal nooit werk tussen ons nie!” Sy lyk half uit die veld geslaan terwyl ek my bier bestel en ek loop weg met ‘n bonsende hart…doeketie doeketie doeketie

Toe ek terug gaan bar toe vra sy of die meisie wat saam met my is my girl is. Ek se toe mos nee. Mos geen rede om te lieg nie. Sy vertel my toe dat sy kan sien die girl soek my stukkend! Ek draai om en stap weg.

Volgende bier terug by die bar vra SY VIR MY: “Kan ek jou ‘n bier koop?” En sy val weg met oor hoe sy nie kan glo ek se vir haar dit sal nooit tussen ons werk nie want ek ken haar dan glad niks! En die koeel is deur die kerk…sy was putty in my hande vir die volgende twee maande…tot ek agtergekom het sy het meer issues as ‘n swart girl in die Klu Klux Klan en toe is sy ook geskiedenis! Ek het mos nou tools om ander meisies te trek sonder om te worry oor alleen wees!

My vriend wil notte doner glo ek kan cherries met daardie goue reels optel nie. Ek dare hom toe om saam met my Cheetas toe te gaan in Brackenfell. Daar aangekom speel hulle die lekkerste afrikaanse langarm tunes en lekker R&B nommertjies. Maar hy is ‘n soutie in murg en been en al lank ‘n alleenloper. Hy’s 45 jaar oud en nog nooit getroud nie (hy speel saam met my krieket en lyk soos ‘n 30 jarige surfer). Ek sien toe die ideale kandidaat vir my eksperimentjie…’n langbeen donkerkoppie met lang hare wat hang bo die stuitjie. Pragtig! En Wayne lag uit sy maag uit want hy dink dat ek die bar nou te hoog gestel het!

Ek draai doodluiters om na haar en vra: “Kan jy langarm?” Sy sê ja. “Goddank” sê eke… “Die laaste klomp girls het al my tone aan nerwe getrap. Sodra jy reg is, laat weet my…”
En ek draai terug na Wayne toe en gaan aan met ons geselsie! Soos klokslag, so vier songs later, vat sy aan arm en vra of ek reg is…en ek maak EERS KLAAR met my geselsie, toe vat ek haar en swing haar deurmekaar op die vloer. Toe die song klaar is wil sy nog maar ek suiker terug tafel toe sonder ‘n boe of ‘n ba! Paar songs later selfde storie…en ons dans dat die biesies bewe, maar die keer het alkohol sy rol goed gespeel want my hand dwaal toe so bietjie en daai boude voel toe al te lekker…maar twee songs later drop ek haar weer soos ‘n warm patat en neem weer my sitplek in, drink my bier en gesels met Wayne.

By die tyd is Wayne se oë al so groot soos wawiele want hy kon sien hier kom ‘n ding…iets wat hy nooit sou verwag het nie!

So paar minute later SLEEP sy my vloer toe, weier om te los (asof ek nou gemoan het) en toe daai stadige Bon Jovi nommertjie begin laat sy haar tong so vier duim in my mond val. Uit die hoek van my oog sien ek vir Wayne…en ek dog die ou versuip in sy Gin en Tonic…dit drup so uit daai oop mond dat hy lyk soos ‘n poelliesperd op heat!

Ek het vir haar ook so maand of wat gesien…goeie tye. Maar dit het ook tot ‘n einde gekom…op ‘n ordentlike manier…sy’t Pretoria toe getrek…en so paar maande later het ek my vrou ontmoet en nooit terug gekyk nie.

Wat ek nou wil weet is die volgende…hou vrouens rerig van mans wat so verskriklik hard to get speel? Wat het jou na jou man gelok? Steek daar rerig waarheid in daai truuks wat ek nou hier genoem het en dit wat genoem is in die artikel, of het ek maar net gedroom?

As ek my vrou vra sê sy vir my dat ek nog steeds daai streke het met haar, en dit maak haar mal. Maar dan dink sy ook ek’s die seksieste ding op twee bene (ek dink dis waar wat hulle sê…beauty is truly in the eye of the beholder). Ek het nog altyd meer van average girls gehou met geen ooglopende issues voor ek op ‘n langtermynbasis met ‘n pragtige ene sou sit wat soveel issues gehad het dat haar ma na ‘n beter opsie sou lyk…

19 Responses

  1. Pagoda: Ek het dieselfde gedoen met mans. Hehehehehe. Vandag is ek nogals spyt daaroor, want mens besef nie eintlik hoe vulnerable mense is en hoe seer mens iemand kan maak nie. Pappa isse charmer soos niks. Fokkit ek kan soms in my broek kak oor sy charms wat hy uitoefen op ander, maar dis hoe ek hom ken en as ek saam hom wil wees, is dit hoe dit is met pappa. Asse man ongeskik is met my of my nie in die oge kan kyk nie, dan kom daar die swakheid in my uit…..dis soos ‘n challenge ………….fokkit ek moet weet hoekom waar en wat. Dis soos aantrekkingskrag. En ek sal nie ophou voor ek die ander persoon helemal mal het nie. Sorry disse swakheid, but I just cannot resist.

  2. Sulke grootbek ouens het altyd my aandag getrek, maar ek was maar altyd meer aangetrokke tot die stil outjie wat rustig in die hoek sit, en almal net bekyk.

    Hehe

  3. More almal.
    My man was nog altyd die middelpunt van ‘n geselskap omrede hy grappe kon vertel. Almal het aan sy lippe “gehang” as hy begin vertel. Het hom in die SAP ontmoet, by dieselfde stasie gewerk. Hy het ‘n mens altyd belangrik laat voel.
    Totdat ek en hy om ‘n paal gedans het. Genuine!! So sexy, wulpse “paal-dans” …hehehehe. Toe’s die koeel deur die kerk! (ek was darem toe nog baie jonk).
    Nou ja… 11 jaar later en ons is nog bymekaar.

    lol @ Phibbs.

  4. Het iemand daai ongeskikte ou by die “Harsteer verby” post gelees?? Flippen simpel ding!

  5. Lol @ Koekie🙂

    Ek het my man by ‘n swembad ontmoet, hy het gedreig om my in te gooi. Hehe, kan nie glo hy het nou die dag presies verduidlik watter bikini ek gedra het nie, ek dog hy het nie opgelet nie.🙂

  6. Pagoda stunning fokkit ek het my lekker ingeleef in jou posting, kyk as jy dit het dan het jy dit , of dit nou looks, personality, charm of verstand is , if you got it flaunt it.
    Jys `n meester.En ek dink jy `n moerse aangename ou nie soos Patches se freak van `n man nie.En ja baie Ma`s
    lyk na goeie opsies ek vrek oor mooi vroue in hul dertigs en veertigs selfs in die vyftigs klas is daar nog stunning vroue wat mooi na hulself gekyk het.

    En aan Phibbie, Koekie en Koeksister julle mans klink soos ouens saam met wie mens kan kuier en vereenselwig.

  7. hahaha Koeksister – wys jou net, jy’t ‘n moewiese impression by hom gelos daai dag. Good for him, dat hy dit onthou.

  8. Ja Brein, ek dink ook nogal so. Ons moet maar eendag ‘n plan maak om by mekaar uit te kom. Ek dink dit sal ‘n groot jol wees.

  9. Pagoda32, Offcourse die stil sterk, hard to get tipe njammies.

  10. Koekie, Ja Parys is darem nie te ver nie net so 200 kilos.

  11. lol @ omyfok!

    Brien – nee wat, dis nie ver nie. Enigiets vir ‘n lekker party!!

  12. Môre al die mense. Pagoda, jou stukkie is so waar dis scary. Ek is ook ‘n groot sucker vir ‘n challenge – (Phibbie), mal daaroor!!

    Snaaks genoeg ek sien myself nou in my dogter. Elke liewe ou wat sy by die huis aanbring wat ons van hou, word binne ‘n dag of twee gelos. Die manne wat ons niks van hou nie is juis dié wat sy wil hê. Nou doen ek en pa net “reverse psychology”…..as die mannetjie ons die hiebie geebz gee….. is ons absoluut MAL oor hom; en sussie los hom soos ‘n warm patat!

    Ons vroumense is regtig so simpel Pagoda – dit wat ons wéét is die verkeerde ou, is die een wat ons die graagste wil hê.

  13. Hi julle, jammer om julle die slegte nuus mee te deel maar Kkeet is gisteraand oorlede, ek het eers vanoggend die nuus gekry, het haar ma gebel, sy sê Krissie se binnegoed was septies gewees en hul kon dit nie gekeer het nie, my hart is baie seer, ek het haar nie goed geken nie, ons het maar deur sssb ontmoet en na haar operasie was ek eenkeer by haar gewees, `n dierbare mensie, dankie vir jul gebede.

  14. Bytjie: Ek is vreeslik jammer om dit te hoor. Jy moet asb alle sterkte toewens aan die familie en se ons gebede is saam met hulle. Sterkte aan jou ook.

  15. Bytjie, jammer oor die slegte nuus te hoor, al my meegevoel en simpatie met haar familie en ook aan jou.Al het ek haar nooit geken nie, het ek baie gewonder hoe gaan dit met haar.

  16. Pagoda: Bel my asb. Jyt mos my nr

  17. Sterkte vir jou Bytjie en vir haar familie, ek bid vir julle😦

  18. Excellent Pagoda! Ek sou ook vir jou geval het! Nou gaan die dekselse firewall my afgooi. 2 uur vir aspoestertjie! Sal vanaand verder comment

  19. Watter hartseer om hier tussen die lyne te lees. Bytjie dankie dat jy ons hier op hoogte gehou het. Het dit altyd raakgelees. Sterkte.

    Pagoda, jip. Hier sit ek amper 20 jaar later met so prins opgeskeep! Love every moment of it!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: