Hartseer verby…

Ek voel in my maag geslaan. So wind uit soos kan kom.

In die bestek van ‘n maand het Die Werf homself mooi gevestig as ‘n lekker kuierplek, en op die koop toe twee skrywers gehad en verloor. Ek’s rerig baie sad vandag…

Ek weet daar is diegene daar buite wat al reeds kontak gemaak he twat belang gestel het in skrywf vir Die Werf. Soos ek reeds verduidelik het, daar is net plek vir 5 (anders raak dinge te deurmekaar en onpersoonlik).

Diegene wat steeds belang stel, of as jy onlangs die Blog Bug opgetel het, drop my ‘n mail by diewerf@live.co.za en ons kyk wat ons kan doen. Daar is tans twee spots oop. Kom binne en maak jouself tuis!

Patches…moet nou nie te skaars wees nie. Ek sal jou mis…en ek glo almal hier net so!

Phibbs…laat weet my sodra dinge himself uitgewerk het…hier sal altyd ‘n plekkie vir jou wees!😉

40 Responses

  1. Wel, wel, wel……..dis nou ‘n bummer ! Eers Phibbie en nou Patches. Ek hoop altwee van julle gaan groot geluk vind en sommer binnekort weer hier by ons kom kekkel – dit was moerse nice.

    Pagoda, jy moet asseblief net die bearings bymekaar hou sodat die wa nou nie uitmekaar donner nie. Ek was letterlik siek toe ek ‘n week lank nie op die werf kon kom skrop nie. So, moet nou nie almal uitmekaar scatter en verdwyn nie, dié girls moet rede hê om terug te kom.

  2. Moenie worry nie. Ek sal trugkom. Maar ek sal net eers als moet uitsort en myself moet vestig daar waar ekke gaan. Ek verstaan waar Patches vandaan en dis jammer om haar te sien gaan. Ek waarsku net as ek trugkom, gaanit mette ma moerse “bang” wees. Dinge is net effe vrekbesig en baie deurmekaar, but back I will be. Pagoda: Boetie jy beter net als bymekaar hou want ek kannie wag om weer te begin skrywe nie. So kophou, uithou etc etc etc

  3. Sien uit daarna om jou skrywe weer te lees Phibbs,ek wag vir die “bang”, hehe🙂

    Pagoda, die blog is ‘n treffer en my ander “family”, jy moet positief bly jong🙂

  4. Daar skeel niks met my positiwiteit nie! Inteendeel…
    Dus maar net sad om regulars te sien gaan…😦

  5. Ag dit is sad!

    Phibbs – kan nie wag om weer jou posts te lees nie.

  6. Soms is daar dinge wat mens nie voor kan help nie Pagoda. Dinge is soos dit is en dis soms net buite mens se beheer helemal. Ek was ook vrek hartseer en helemal van koers af, maar noudat als in plek val voel ek weer lekker positief en het selfs paar idees EN ONTHOU ek moet nog revenge vat op Seks met Phibbie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!. En nou het ek bietjie tyd gehad om te dink oor baie dinge en mens kry mos maar perspektief met als wat gebeur in mens se lewe. Dankie koekie en koeksister.

  7. Ek kuier nog lekker hier, en Phibbs is een van die dae terug.

    Dit is wel jammer oor Patches en ons gaan haar inskrywings mis.

    In die tussentyd kan julle drie maar die inskrywings gooi!! Laat ons lees en klets!!🙂

  8. Patches thats live, dis bad dat jy gaan ,maar kom ons hoop dat die nuwe skrywer ook goeie postings soos jy sal doen en loer maar soms skelm in.

    Mooi bly.

    .

  9. Ai dis altyd hartseer as iemand weg gaan maar ons verstaan, Phibbie ek sal bly wees om jou weer hier raak te lees, raai waar gaan ek moreaand heen, vir Steve se show kyk in Klerksdorp, moes lank wag vir die show.

  10. vir die BREIN Patches SAL NIE SKELM INLOER NIE vlieg almal in julle dinges. van haar man

  11. Pagoda32 julle sal nie Patches mis nie ek SE sy sal nie weer BLOG nie dis verby ek het klaar gepraat en ek HOOP julle verstaan my van haar man

  12. Pagoda Bekommer jou oor jou laatie en hou op k@k praat op die blok

  13. Brein wat is so sexy aan jou en jou bakkie ek kry die dames maar jammer

  14. haal al patches se info NOU van die blog aaaaaaaaaaaaf

  15. Forkitt, wat het nou gebeur?????

  16. Eish. Dis maar moeilik.

  17. Patches se man – jy’s ongeskik!!!! Patches het hier kom gesels en dis al. Ons het nog altyd gehoop en bid dat julle dinge daar anderkant uitwerk.
    Ek kan nie glo Patches het so onbeskofte man nie.
    Sies!!!
    Moenie Pagoda kom raad gee oor sy kind nie, hou jy eerder jou gesin, in ‘n vreemde land, bymekaar – jou simpel.

    Daar’s niks fout met die Brein nie – hy’s fokken sexy, lyk my jy’s bietjie jaloers!!
    Kry eerder vir jou ‘n personality Mnr Patches!! Gaan weg, jy’s boos!

  18. Patches se man jammer ek het `n “seksuele” verhouding met jou vrou 12200 kilometer vanmekaar af, Ag liewe fok het jy een of ander minderwaardigheids komplex of wat. Net `n man wat nie sy sout werd is en dalk self agter die deur staan met een of ander Maori daar in NZ sal so tekere gaan, oor fokol.

    Voel jy bedreig oor die hunk op die foto?Poepol.

  19. Koekie dankie , maar al is ek ook hoe lelik of mooi eks ten minste opreg en skroom nie om my se te se nie.

    Pagoda praat alles wat jy wil hier en vergeet van daardie loser.We like Pagoda.

  20. Dis juis Brein – ek weet nie hoekom moet hy sê “….ek kry die dames maar jammer” (03:06). Hy is jaloers!!

    En dit lyk vir my, hy’s ‘n gereelde blog leser as jy my vra. Hy weet darem baie dinge. Hy’s dalk kwaad omdat hy nie so gereeld kan blog nie.

    Ja jy’s reg Brein. Sies vir jou, jy vry darem vêr jong!!
    Hou die gevryery maar eerder in SA…whahahahaha!!!

  21. Ag Breintjie daai antie se man ken jou nie, ek doen so vir my is jy sexy ok…. moenie huil nie, moenie treur nie…….Omyfok like jou al is jy soms onversetlik.

  22. 😯

    Haai nee sies Patches se man, ons speel mos net hier! Chill jy gaan ‘n stroke kry.

    Ek weet nie wat om te sê nie!!!

    Is jy seker jy het nie jou witdulsies, Paragora, Balsem Kopiva, Rooi Laventel, Duiwelsdrek en krampwater gemix nie???? 😆

  23. Ons weet hy gaan weer die blog lees. En my beskeie opinie is mens moet dit maar net los, want op die einde van die dag gaan dit Patches wees wat moet boet vir als wat ons se. Ek stel voor ons los dus die topic en hoop Patches kan dit uitsort en gelukkig wees. Wat dink julle?

  24. Mooi gese Wipneus.

  25. Ek stem saam met jou Phibbie, maar moet byvoeg ons kan die houe vat…..Ja nou sal ek maar die klippe gooi los, netnou gee hy weer vir Patches kopshots soos gewoonlik.

  26. Ja jy’s seker reg Phibbie, maar my bloed het sommer gekook toe ek sy goed lees.

  27. Whoa!!! Sjoe, arme Patches! Ek stem 100% saam met Phibbie. Los dit net want hy gaan dit op haar uithaal.

  28. Klink vir my of meneer Patches dalk van tyd tot tyd sy hand lig vir sy vrou? Maybe is dit net ‘n hunch?

  29. Snaaks Blixer, hoekom kry ek ook so ‘n feeling?????

  30. Koeksister ek dink dit is ons sesde sintuig- ek weet myne is selde verkeerd.

  31. Besig die hele dag, val hier uit en die wereld vergaan! Kan een mens nou so ongeskik wees?

    Patches se man…ek sal haar details verwyder. Moet jy nie jou kop daaroor breek nie. Maar ek sal dit vanaand doen…ek werk nou.

    Lekker dag vir jou verder.

  32. sjoe julle, ek stem Phibbie, dis darem erg. Die meneer patches wat nie wil hê sy mag blog nie, maar wat soek hy dan aanmekaar hier.
    Lekker naweek vir almal

  33. Sterkte patches!

  34. Ek sit nou al heel middag en tob oor die ding…
    Ek kan / kon my oge nie glo nie! Mens sal sweer ons run een of ander internet bordeel hier!

    Patches se man…ek weet nie wat jou in die binneboud gebyt het nie, maar ek respekteer jou en jou vrou se besluite! Sy het ‘n vriendin van ons almal geword en ons is sad oor sy nie meer hier gaan wees nie.

    Doen my een gunsie asseblief…as jy ‘n probleem met my het, email my gerus by diewerf@live.co.za
    Ons is mooi groot en ons praat daar…maar hou my kind uit die gesprek uit.

  35. Liewe meneer Pathes

    Jy het een wonderlike vrou, wat op papier meer vriende gemaak het sedert Steve se blog as wat jy ooit sal droom om te he. Met woorde het sy ons harte (ek is `n vrou lw. en nie skeef nie!) aangeraak om dit vir baie, baie lank te onthou.
    Wil jy nie maar asseblief effens sagter oor hierdie storie wees en op haar nie?
    Ons sal verstaan as jy nederig omverskoning vra.

    Vriendelike groete
    `n Vrou wat se man haar op die hande en die Internet dra

  36. Hallo almal, ek wil net die vir die rekord aan julle noem dat my man my nog nooit geslaan het nie, hy staan nie agter die deur nie en hy ly ook nie aan ‘n minderwaardigheids kompleks nie. Hy werk inteendeel baie hard om vir ons ‘n toekoms te bou hier in NZ, hy is die hel in vir my oor skype en blogging want hy het nog nooit daarvan gehou nie, maar eks lief vir hom en hopenlik is hy nog lief vir my. asb moenie hom sleg se nie. Groete Patches (Christa v Staden)

  37. Patches, my darling dear, catch a wake-up. “hopenlik is hy nog lief vir my. asb moenie hom sleg se nie. ”

    Ek hou baie van jou, het baie van jou gelees, en ja, so ‘n bietjie van jou karakter geleer. Jy is nou vêr van jou huis af, en jy skryf bogenoemde? Hopenlik?????

    Pagoda en Brein en het nie verdien hoe hy hulle slegsê nie….

    Sorry, net my beskeie opinie

  38. Patches

    Jy’s ‘n mooi mens binne en buite. Die feit dat jou man nie van Skype of blogging hou nie beteken nie dat hy sersant majoor moet speel nie.

    Ek hou nie van die feit dat my vrou so blerrie seksie aantrek elke nou en dan nie, maar ek weet dis waarvan sy hou en sy gaan soos klokslag elke goddelike aand saam met my huis toe. Give and take…geen verhouding of huwelik word regeer deur een alleenlik nie…

    Daar is baie meer wat ek tans kan se, maar dit sal alles goed wees wat jy reeds weet en hy heel waarskynlik more hier sal lees. Niemand neem jou kwalik nie en niemand het onnodig omstandighede aangeneem nie…
    Wees rustig…dalk sien ons jou weer!🙂

  39. Ek sit actually reg met my brannas en coke…
    Wag vir 3am sodat ek hom hier kan vang! Hoop ek bly lank genoeg wakker!

  40. Patches ja ek weet jou man doen nie die dinge wat ek gese het nie, laat hy ons net uitlos en ons los hom uit.Sterkte vir julle.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: