LUI LEKKER BY BAJADAM

Eish……. kry julle my nie jammer nie ek sit lui lekker agter die hengelstokke, by Bajadam, Bronkhorstspruit.Lieflike dag, 21 grade, windstil, en net ek en die water en die voelgeluide. Salig verby, dis ons werk se maandelikse hengelkompetisie.Gelukkig is dit informeel en geen stress ek worrie nie eers of die visse byt of nie. Hulle se mos `n bad day fishing is better than a good day at work.

Die vis kom maar stadig uit.Wel hier en daar het iemand iets gevang ,hopelik vang ek ook een anders vang ek `n kompleks(lol).Die water is koud te koud vir my om Bass te vang.Maar is die tegnologie nie wonderlik nie?Hier sit ek salig onder die gazebo en blog op my laptop, flippen goeie sein, baie beter as by die werk en as by die huis.Bronkhorstbaai is regoorkant ons en nie ver van Sigeuner hulle af nie.Vir die wat by die werk is ek dink aan julle…… Bwa ha ha ha….Lekker naweek.

Haai Dirk….. DIRK!!! GRYP MY STOK, MY STOK!!!!RRRRrrrrrr , shit sorry daar gaat my katrol.KAP HOM, KAP HOM………………..

14 Responses

  1. Jinne Brein dit klink lekker!! Geniet dit!
    Lekker naweek vir julle ook!

  2. Het Dirk toe die vis gevang??

    Ai dis darem lekker.

    Enjoy Brein.

  3. Ek shoop daar is darem ietsie vir jou keel ook?????🙂

  4. o. heng, nou klink ek gekletter, ek bedoel hoop, haha !!!

  5. whahaha Koeksister.

  6. Wel ja ek het toe nie eers `n byt gekry nie, maar dit was moerse nice.Ongelukkig mag ons nie alkoholiese verversings gebruik met enige soort kompetisie nie.

  7. Dan’s dit mos nie visvang nie Brein! Dan is dit “lyn-ingooi-in-die-hoop-dat-‘n-vis-byt”…LOL

  8. Goeie donner!
    Ek kon `n fles gedokterde koffie gebring het! Jy beter nou baie mooi verduidelik…waarom het ek nie geweet jy`s hier voor die agterdeur nie?!
    Gees!
    Sigeuner

  9. My wereld dit laat my nou ver terug dink. Ek was baie jare terug op min of meer diesefde plek met ‘n katamaran resies. ‘n Vriend van my het deelgeneem. Dit was ‘n baie lekker dag gewees.

  10. Flippi(n)fanus

    Die heel lekkerste plek om te bly. Ons klein dorpie is nog so plattelands as kan kom, maar naby genoeg aan die stad om nie histeries oor shopping te word nie.

  11. is die gevangde vis toe gebraai.?
    godlof dat julle nie ‘n haai gevang het nie. heheh

  12. Sigeuner, wel ja ek wou bel, en wou so teen drie uur die middag `n draai kom maak, maar wou nie voorbarig wees nie.Maar binne drie weke hengel ons weer daar.

    Stanleystorie, watse vis??Ek het geblank soos hulle se.

    Flippie fanus, ja Bajadam is vreeslik ontspannend, maar so is die hele Bronkorstspruit omgewing.

  13. Nuf said…die ketel kook!

  14. Sigeuner ek sal so maak ,beloftes maak skuld.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: