KKeet…mag jy in vrede rus

Die lewe was nie meer vir jou bedoel

Dis was winter sonder ‘n teken van heilige somer soel

As jong mens moes jy pyn ervaar

Sonder trompetgeskal maak jy met die hede klaar

Vir ewig sal ek die oomblik onthou

En mag ek vir ewig elke oomblik berou

Wat ek nie die na aan my

Laat besef hoe die liefde vir hulle aan my siel kou

Rus in vrede liewe mens

Hierdie is my innige wens

As ek more my lewe moet inboet

dat ek jou tussen die poorte kom opsoek

…en vind…

16 Responses

  1. Baie dankie vir die pragtige stuk Pagoda. Sy sou dit so waardeer het.

    Ek het op ‘n keer vir haar al julle boodskappies van beterskap op die ander inskrywing gelees. Sy was doodstil terwyl ek dit gelees het …. toe ek klaar was het sy gesê dis so mooi en lekker om te weet mense gee om. Sy het dit baie waardeer.

    Sy was regtig spesiaal, maar het ook baie swaar gekry. Sterkte vir jou ook Bytjie! Ons het ‘n engeltjie verloor!

  2. Respek aan KKeet, RIP. Ook aan die familie en vriende in hierdie donker tye, alles van die beste.

  3. 😦

  4. Dis baie hartseer. Ek onthou dat ons almal vir haar moed ingepraat het en beterskap toegewens het op SSSB. Ek het ook haar vordering hier dopgehou. Ek het geglo sy sal herstel – maar helaas het ons Skepper besluit om haar blommetjie te pluk vir Sy Hemelse Tuin.

    Mag jy daar blom, Kkeet – suster – vriendin wat ek so kortstondig geken het, en mag die mense wat jou liefhet vrede en aanvaarding vind in die wete dat jy nou geen pyn meer ervaar nie, en dat jy ‘n diamant in Sy kroon is. Rus in vrede.

  5. Kkeet, Ta-ta ons SSSB maaitjie, mag jy gesond en gelukkig by Jesus wees.

  6. She’s in THE ARMS OF A ANGEL! R.I.P. Kkeet

  7. Dankie dat jy my op die Blogroll geplaas het. Duidelik het ek iets verkeerd gedoen toe ek myself daarop wou plaas. Net gou ‘n vinnige (stupid) vragie. Verskyn ek nou permanent daar?

  8. Jy is permanent op Kruppelkriekkie…like jou skryfstyl

  9. 😦

  10. ‘n kwaliteit mens.Dit is jammer.Ek ‘lees’/volg haar ‘storie’ en siekte al vir ‘n wyle en voel stupid dat mens nie meer aktief betrokke was nie.Ek wonder of enige iemand ooit vir haar gaan kuier het daar in ICU.

  11. Ja Platkuif jys reg mens voel stupid en dink altyd dinge is nie so bad nie, ek onthou nog my vrou se niggie was vir diabetes in en uit die hospitaal, dan lyk sy goed en is in die hospitaal dan hoor ons sy is kretiek en so gaan dit aan.My vrou se toe een Vrydagaand kom ons gaan kuier vir Ronel toe se ek kom ons gaan more, wel sy het nie die nag oorleef om more te sien nie.

    Ek voel nou nog bad oor my besluit, maar probeer na dit by almal uit kom.

    Pagoda dankie vir jou eerbewys aan haar en weereens sterkte aan almal na aan haar.

  12. Naandsê julle, Pagoda hoe laat jy my nou huil, dit was so mooi, baie dankie vir jou.
    Aan al julle mooi mense baie dankie daar is te veel name om te noem, ek sal jul boodskappe print en vir haar ouers gee, dink asb ook more aan hulle by die begrafnis, baie dankie weer eens, sy was pragtig en `n baie liewe mensie.

  13. Pagoda – dis pragtig.

    Bytjie – sterkte vir jou en haar familie.

    R.I.P Kkeet.

  14. Ons gaan ons SSSB maaitjie mis, Kkeet ons weet jy is nou veilig by Jesus met geen siekte of pyn meer nie, ons harte is seer… ag,en ek wil alweer deur my ogies pie-pie, ta-ta maaitjie.

  15. Sterkte met Kkeet se familie en Bytjie jou ook. Dankie dat jy ons boodskappe en wense aan haar oorgedra het. Pagoda: baie mooi sielvolle stukkie

  16. Pagoda, baie mooi stukkie oor Kkeet.
    Ek het gelees dat sy baie siek was, en het ook wense en gebede vir haar gestuur.
    Maar jammer, ek het nie regtig geweet wie sy is en presies wat haar makeer het nie. Kom nie so gereeld op blog nie, loer net so nou en dan in.
    Maar dit is nogsteeds baie hartseer, en sterkte vir haar familie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: