Wat is jou IK? Nie ‘n triek vragie nie…

Vanaand ene vir die fun gedoen…was nogals happy met my uitslag!

<————————- Flash flash flash – – – – – –  -<<<<<<<<

Ek weet nie noodwendig hoeveel waarde mens kan heg aan die uitslae van internet IK toetse nie.  Ek het een in 2004 gedoen en het ook 142 gescore, een in 2006 het my 139 gescore, laas week op Facebook ‘n advanced ene gedoen en 4 uit 26 gscore en dis toe ge-evalueer en my score kom terug as 138…gebasseer op die antwoorde, selfs die verkeerdes.

Ek het al vantevore gelees dat die toetse ‘n goeie indikasie gee, maar kan soms met tot 20 punte weerskante toe verkeerd wees!  Ek sluk swaar aan daai ene, maar glo vas dit ook nie heeltemal korrek kan wees nie.

Wat het julle gescore?  Al ooit ene online gedoen?

32 Responses

  1. Ek het op skool laas my Ik getoets, kan nie meer die score onthou nie, miskien aspris vergeet? Hehe

    Maar hoe lyk dit my jou score word elke jaar minder Pagoda?🙂

  2. As jy links kyk sal jy sien hy’s weer terug op 142! En dit was met ‘n branna of drie in my agterstewe! Dis dalk wat gehelp het…meer kreatief geraak!

  3. Hehe, brandewyn kan dit aan jou doen, ek sal later 1 afsluk en die ik toets aandurf.🙂

  4. Nee nog net op skool, gee my `n link waar om te gaan kyk.Wel eks mos Die Brein sal seker 100% score bwa ha ha ha… ek joke net netnou dink julle ek blaas my eie beuel

  5. Ag sorry ek sien, my oe sit in my…………………..amper se ek gat.Ek sal laat weet.

  6. 117, ek het my vrek gesukkel met die somme🙂

  7. 156- amptelik getoets en gesertifiseer.

  8. Blixer – skerp wetter!

  9. Whahaha…. 115!!

  10. Nee fokkit die pc issie lank genoeg myne om te toets nie. Ek sal site bere en toets wanneer ek rustig kan sit.

  11. 156!! hel Blixer😯

    Koekie, lyk my ek en jy is op dieselfde golflengte.

  12. Ek dink dis groot nonsens, mens kanni jou eie IK toets op internet nie. As ek kyk na julle scores, weet ek dis groot nonsens. As mens buitengewoon intelligent is, is jou IK so rondom 150+. Die gemiddelde mens se IK is maar iets so tussen 100 en 115 rond. DIs in elke geval nie goed om te weet wat jou IK is nie. Dit word op skool getoets en daai uitslae word gewoonlik baie stil gehou.

  13. Sug

  14. Phibbie sug nog laer sodat hy oppie grond val

  15. Suz – ek onthou ook dat hulle nooit vir jou op skool gesê het wat jou IK is nie.

    Jip Koeksister ek en jy is van dieselfde meel gemaak……hehehe.

  16. Suzanne
    Ek sal nou nie so ver gaan om die toetse heeltemal as nonsens af te maak nie. As enige site ‘n toets sou plaas wat nie tried and tested is nie sou hulle die deur oopmaak vir groot moles!
    En jy toets nie jouself nie. Jy sien nooit die antwoorde nie en weet ook nooit wat die antwoorde is nie. Jy kry multiple choice antwoorde en sien nooit as te nimmer of jou raaiskoot reg of verkeerd was nie.

  17. Geen wonder ek kan nie onthou wat dit op skool was nie!! Dit was dan nooit vir my gegee nie! en hier dog ek, ek het dit uit asprisgeit vergeet.🙄

    hehe, my sug het ‘n gat in die grond geval

  18. WHA HA HA HA HA LOL @ koeksister

  19. Ek sit en dink nou, hoekom toets hulle net in die Laerskool jou IK? Ek onthou my IK was getoets toe ek nog op Laerskool was en nooit weer nie, hoekom nie?

    Jou IK kan tog verander soos jy ouer word en meer dinge leer, of nie? Ek is nou nie seker nie…. Kan iemand my se?

  20. Goeie vraag Babbelbekkie, maar hoekom toets hulle dit in die eerste plek? Myne was getoets in die Hoërskool.

  21. My IK is 107…. beteken dit ek is dom????

    Ek sit en dink ook nou aan daai aanleg toetse wat mens ook in die skool geskryf het, ons het geskryf en geskryf en tot vandag toe weet ek nie in watter rigting ek eintlik moes gegaan het nie. Hulle het nooit die uitslae vir my gegee nie, nou hoekom het ek die toetse gedoen?

  22. As daar somme is gaan ek my IK pluk.

  23. Daar is somme brein, klomp, dis hoekom ek seker net 107 gekry het…. ha ha ha ha…. ek kan soos in GLAD nie wiskunde doen nie!!!!

  24. babbelbekkie – ek kan ook nie wiskunde doen nie. Ek moes nou die dag iemand bel om my te help sodat ek my seun met breuke kon help….hehehe.

    Toemaar, ek en jy en koeksister is in dieselfde klas……whahaha.

  25. Dit is NET somme…somme kak!
    LOL

  26. Ek sal eintlik op ‘n manier se ek stem saam met Suzanne, dit is net soos die sterre wat mens so in die huis genoot en die rapport se boekie en sommer orals kry om te lees. Dit is actually iemand se werk om daardie snert te sit en uit dink en hy word nog aan die einde van die maand betaal om dit te publiseer…. Ek bieg, ja ek lees dit graag, maar ek glo nie daarin nie, nou staan daar, more kry jy nuwe liefde in jou lewe, ek gaan nie wag tot daai liefde in my lewe aan kom nie, ek het iemand en ek wil niemand anders he nie dankie.

    Elkeen het maar sy opinie.

    Ek se maar net!!!!

  27. As ek my sterre moet glo, is ek die heeltyd op reis na eksotiese lande, die verste wat ek gereis het in my lewe wat tot in Namibië, hehe, en om ‘n tall, dark handsome ou te ontmoet is blykbaar nie vir my nie, nee, ek moet travel…… 🙄

  28. Koeksister, ek dink die naaste wat jy aan eksotiese lande gaan kom is as jy droom van hulle want ek dink nie jy werk vir die rykste mense in die wereld om so groot salaris te kry om so ver te kan travel nie, of hoe????

    Ek dink ook nie die tall, dark, handsome ou is vir jou nie, jy het klaar jou short, bold funny guy gekry…. stick with it…. ek dink nie daar is nou terug keer kans nie!!!!

  29. Babbelbekkie
    Vergelyking met sterre? mmmm…klinkie vir my reg nie.
    Of jy kan daai probleem of jy kan nie. Niks hang in die lug nie.
    Met sterretekens kan enigiemand jou ‘n pot snot verkoop en jy kan dit glo. Daar is ‘n redelike groot verskil!

  30. Dankie Babbels, laat jy so piepie op my battery….🙂

  31. Maak nie saak wanneer jou ik getoets word nie, dit behoort altyd min of meer dieselle te wees. Dit gaan meer oor insig wat jy het. Op skool skryf mens verskeie toetse, jy sal nie eers weet watter een is jou IK toets nie, word gewoonlik in laerskool geskryf.

    Ek hoor wat jy se oor ek moet nie sommer as nonsens afmaak nie, maar ek glo nie sommer als wat ek lees op internet nie, ek weet nie hoeveel van die goed wat geplaas word regtig getoets en bewys is nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: