Die (“Here“) Mandela het verjaar.

Baie mense sal my wil kruisig oor die een , maar fok genoeg is genoeg. Madiba was `n goeie Staatspresident , goeie leier , staatsman , en ja hy het uitstaande vergewings gesindheid geopenbaar.In eie reg `n wereld ikoon.Maar om so manies en oordrewe iemand te vereer en die histeriese media aangaande sy 90 ste verjaarsdag, gee my `n gatkramp so erg dat ek wil kots.

Fokkit verlede week kon jy fokkol luister op FM radio 87,5mhz tot 108mhz nie , self op Tv was die Madiba feesvieringe van Kanaal 101 tot 415 al om die hond se poepol.

Selfs Gliterrati Saterdagaand het die Hallelujas laat dreunsing vir Mandela.

Shucks Mandela het vir my niks beteken nie, hy het my nie verlos nie, hy het per slot van rekening seker slegs in daardie stadium sowat 30 miljoen mense verlos van “onderdrukking“ uit `n wereld bevolking van 6000 miljoen.Maar nou loof en prys 6 biljoen mense hom , ag liewe fok.

Vrydag wou ek RSG “Se wie“ luister, maar nee Mandela Psalms en Gesange was op, later ry ek dorp toe en “Chaila tyd“ was op RSG daar was dit ook Goedentieren is Madiba Prys hom met `n lofgedig.Daar was `n Afrikaanse vrou op wat twee jaar van haar lewe gewei het om `n boek oor hom te skryf.Al sy ins en outs in detail, maar sy het erken dat sy hom nog nooit gesien of nooit ontmoet het nie.Sy het haar eie navorsing gedoen.Maar het sy hom geprys soos ek die Grootste Kind van die Here nog nooit hoor doen het met sy skepper nie.

Ek weet van`n MAN wat sy lewe afgele het vir die ganse mensdom om hulle te red. Maar moet met aalmoese tevrede wees.Maar nou is daar iemand wat 27 jaar tronkstraf uitgedien het vir ongeveer 30 miljoen mense.Die mense wat weet, reken vandat die mensdom bestaan tot vandag toe dat daar sowat 20 000 000 000 (Twintig duisend miljoen) of 20 miljard mense gelewe het.En Jesus het die prys betaal vir almal van hulle.

Wat weeg die swaarste om jou lewe te gee vir die wat jy lief het, of om `n paar jaar tronkstaf uit te dien vir `n paar mense.

Sekere mense moet vanaand op hulle knie gaan en begin met Liewe Madiba sag en teer of Onse Madiba gee ons, vandag ons daaglikse brood.

Die siening is slegs my mening en nie die van Die Werf nie.

23 Responses

  1. Weet jy Brein. Ek voel al lank so.

    My pa het destyds vir my vertel van Mandela wat eendag die hele land gaan regeer. Hy is ‘n terroris en sit in die tronk en gaan eendag hierdie land regeer. Ek wou so klein soos ek was in my broek skyt!

    Toe die ou op die ou einde nie so bad uitdraai nie het ek meer gerus geraak. My innige opinie is dat toe hy die nr.6 trui aangetrek het, het dit fashionable geword om die ou se lof te besing. Persoonlik glo ek nie hy het veel meer gedoen as enige ander prisoniers van sy era gedoen het nie. Dit was die luck van die draw wat hom op die regte plek op die regte plek gehad het.
    Sy legacy is basies die kinderfonds en die “tyd” wat hy moes doen vir sy mense. Dis dalk ‘n bietjie oordrewe om die ou te vergelyk met Jesus; dalk sou Moses meer van pas gewees het. Het dalk nou nie die see geskei om sy mense na verlossing te lei nie, maar ja…you catch my drift!

    Kan jy jouself nou indink watter moles daar sou wees as iemand in die media nou NIE sy lof besing nie? Goeie genade…koppe sal rol!

  2. Pagoda – Ek kan so lekker lees aan jou posts. Jy het beslis ‘n gawe gekry om te “skryf”. Jy’s oraait, hoor.

    Ek stem saam met jou. Ek dink dit is ‘n bietjie oordrewe. Dit raak nou net te erg.

  3. Whahahaha – sorry, sorry, sorry!!!! Ek sien dis Brein se post. Dis nou die tweede keer wat ek dit doen – f*&^%.

    Brein – 10 uit 10. (Pagoda – ek voel nogsteeds so oor jou posts, hoor) Ek dink nie ek moet daai IK ding gaan try nie…hehehe.

  4. Ai Koekie! Is orraait hoor, was ‘n lang naweek! LMGA!

  5. Brein,

    Eending verseker ek stem100% saam met jou, ek kan die Madiba verhemeling nie meer handle nie, dit grens aan afgodery ek voel ek wil vir almal uitskree “wat gaan in julle koppe aan!”!! wat het hy werklik vir die land gedoen?? Ons land het met die spoed van witlig agteruit gegaan die afgelope jare.

    Weet jy wat my die meeste pla is dat oor nog vele jare vorentoe, waneer ons al lankal nie meer op hierdie ou aarde is nie sal dit gebeur dat mense vertel van die god Madiba wat die aarde bewandel het en hom letterlik aanbid (sulke dinge gebeur) en die stories sal so aangedik word dat dit naderhand ‘n werklikheid sal word, ek het al nageslaan oor sulke stories waar een of ander persoon so verheerlik word dat dit in die geskiedenis as soort van heilige voorgegee word, dit is siek!

    Ja Mandella is seker nie ‘n slegte mens in persoon nie, maar hy bly net ‘n mens, as hy jammer is oor sy dade in die apertheidsjare…. goed vir hom, en ja, hy kan met sy aansien baie geld laat insamel vir baie dinge, maar niks maak van hom ‘n afgod nie.

  6. diebrein
    Vanoggend skud ek net my kop vir jou en ek glo jy weet wat ek daarmee bedoel.
    Groete

  7. Dit is tipies Suid-Afrika sindroom! Keeping up with the Jones’ in the rest of the world. As hulle staatsmanne en vroue vereer word, moet ons ook miljoene spandeer en dieselle doen. Om soveel geld te spandeer aan ‘n persoon se b’day is BAIE sad.

  8. Pagoda ja Moses kon werk as voorbeeld maar hy sou nie dieselfde trefkrag gehad het nie.Gelukkig voel ons dieselfde.

    IdaJvr, ja jy weet wat aangaan jys oopkop.

    Koekie, dankie en moet ons nie weer verwar nie.(lol)

    White Knight ,nee ek weet verseker nie, kan jy uitbrei asb?

  9. Hehehhehe ek moet erken eks nou op gebfdaymet Mandela saam. Hoe lank kan dit nog aanhou en uithou? Gelukkig het ek nie baie tyd vir tv of radio nie en ongelukkig ook amper nie meer pc tyd nie. FFS dit maak my ml, sit hele tyd en grou in Brein se neus. bwhahahahahahahaha

  10. Hoekom gaan hulle so aan oor Madiba se 90ste verjaarsdag, WAT VAN KERSFEES??? nee, kersfees is vir die mense geldmaak tyd, maar die punt bly staan, dis die Liewe Heer se verjaardag, gaan hulle dan so aan oor daardie dag? NEE…. hulle wil eerder Kersfees weg laat val, hulle gaan nou seker Madiba se verjaarsdag kersdag maak…. dis hoe dit lyk vir my!!!! hulle sal miljoene rande blaas om iemand se verjaarsdag te vuur, maar hulle wil geld MAAK op die Here se verjaarsdag…. hoe verstaan mens dit????

  11. Ek is geneig om saam te stem….die laaste vir my was die mense wat op sê wie vertel hoe hulle omtrent flou geword het toe hulle hom op die afstand van ‘n vliegtuig sien afklim.
    Op ‘n manier dink ek dis ook moerse disrespekvol teenoor Mandela om hom so te verhef tot ‘n godheid…
    mense is ook niks gewend nie…

  12. Hulle gaan die man seker wil verklaar as ‘n saint eendag.🙄

    Ek gaan nie verbaas wees nie. “Saint Mandela” daar gaat hy….

  13. Hey julle! Ek wetie wat gaan aan met my 3G by die huis nie – hy soek aanmekaar sy hardware. Ek kry net nie aangelog nie.

    Anyway, ek stem saam met Brein – pleks die mensdom eerder so oor Jesus tekere gaan as oor ‘n doodgewone man.

  14. Babelbekkie, ja ekstem saam Kersfees het sy doel verloor, dis deesdae `n geldmaak foefie.

    Dankie Annie ja as jy Vodacom 3G het se ek net een woord STERKTE!

  15. Brein, brein , brein, ja dit kan net deur jou geskryf gewees het, maar ek sekondeer jou 100% met die een.

  16. Hoe lank dink julle gaan daar fees gevier word met sy 95ste?:mrgreen:

  17. Dellie, seker van nou tot hy 95 jaar oud word, net omdat hulle kan, hulle kan goed geld mors, maar as dit kom by belangrike dinge het die land kwansuis nie geld nie. Ons het goed verskaf vir ‘n party vir Mnr Mandela Vrydag aand by Victor Verster Gefangenis, HY WAS NIE EENS DAAR NIE….Hoekom hou jy party as iemand nie daar is nie?????GELD MORS!!!

    My donner, vat eerder daai miljoene rande wat so weg gegee word met die lotto en help die land uit die kak uit, maar nee, hulle dink, laat die mense saffer!!!!Trek net hulle skouers op en maak asof hulle niks kan doen nie, is omdat hulle nie wil nie!!! Dis mos baie makliker om die geld te mors en weg te gee as om iets doelgerigs te doen daarmee….

    Ek hoop nie ek praat uit my beurt uit nie!!!

  18. Babbelbekkie fokkit it paartjie vir jou maar jys nie daar nie.Nee jy praat nie uit jou beurt uit nie, feite is feite.

  19. Net so paar dingetjies:
    1. Voorheen sou niemand droom om `n x-tronkvoel tot president te verklaar nie.
    2. Daar is net een ding wat jy heeltemal seker kan wees van `n terroris…dit is dat hy `n terroris is.
    3. Die land sal weer regkom.
    Dis al…

  20. Sigeuner jys nie op jou bek geval nie.

  21. Janee, wat mag ek sê? Ek is nie ‘n rassis nie. Ek het niks teen witmense nie……
    Madiba hier en Madiba daar is al wat mens hoor. …Wat maak hom so belangrik?
    Dit maak my siek !!!!!*kotz*

  22. 1 man se terroris is ‘n ander man se vryheidsvegter…..

  23. Koeksister welgedaan, jy het my nou skoon stom.

    Yana ,dankie vir jou insetsel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: