Maak vrees my ‘n rassis? Dit en Expats…

Gaan vandag saam met die hele skoonfamilie deur na Tokai Forest vir ‘n Sondagmiddag braai.  Was nog nooit daar nie, maar ek moet erken ek het bebreekte bottels, gebruikte kondome, plastieksakke, papsakke, ens. orals gstrooi verwag!  Dis nie verniet so half aan die gatkant van die suidelike voorstede gelee hier in Kaapstad nie.  Tot my verbasing moes ek toegee dat die area nogals netjies en idillies voorkom.  En dit was ‘n nice dag….sonder enige noemenswaardige wind, koue en irriterende winterskaduwees.

Die afgelope week is my vrou se pa se tannie oorlede aan kanker.  Sy was 78.  En familie van orals het uit hulle grotte gekruip en op Kaapstad toegesak vir die roudiens.  Mense van so ver as VSA, Kanada, Duitsland, en selfs China het tyd geneem om te kom rou.  Nodeloos om te sê, maar as familie mos nou so ver uitmekaar versprei is sal dit nogals net ‘n begrafnis wees wat almal weer bymekaar bring, en as sulks MOES die hele familie mos nou ‘n bymekaarkoms hou…Tokai Forest!

Ek weet nie eers rerig hoe die gesprek verloop het voor ek my cool verloor het nie.   Al wat ek onthou is dat ek byna daai ou gemoer het.

Ek staan doodrustig en braai my skilpaadjies en die Kanadese doner val hier oor my skouer uit met iets van “Is jy ‘n rassis?”

Uit die veld geslaan se ek toe vir hom nee!  En vra toe op die koop toe ook hoekom hy nou so ‘n kak vraag sou vra?

“I just noticed how your whole attitude changed the moment those coloured people arrived here”.

Stil stil wonner ek toe of ek hom nou moet moer of later!  Is alle oorsese mense se indruk van SA en sy blanke gemeenskap so eng dat hulle nie kan besef wanneer iemand rassisties is en wanneer iets hom net eenvoudig afpis nie?  Maak dit van my ‘n rassis as daar by die bord voor by die hek uitdruklik staan “Geen musiek” en ‘n minibus met ‘n sound system wat diegene in ‘n koma in Wynberg Militere Hospitaal kan wakker maak trek met tollende wiele oor die grondpad hier verby jou op soek na ‘n braaiplek?  Ek dink nie so nie!  Dis die mentaliteit van die persoon/e in daardie minibus wat my die moer in maak!  Kan hy nie lees nie, of is dit nou eenmaal net iets wat ingebore geword het na 1994 – “Niemand vertel my ooit weer wat om te doen en nie te doen nie!”…?

Toe ek hom nou mooi die storie verduidelik het, toe vra ek nou vir hom hoekom hy in Kanada bly.  Hy se dis oor hy ‘n beter lewe vir hom, sy vrou en sy kinders gesoek het.  Ek vra toe of hy doodseker is dat hy nie dieselfde hier sou kon kry nie?  Nee…sy antwoord.  Daar het hy nou ‘n goeie career en sy familie voel veilig!

Ek sien my kans toe en ek vra hom:  “But then surely you are a racist?”  “NEVER!! How can you say that?”

Ekke: “Kyk boetie.  Nes jy vir my ‘n rassis wou uitmaak oor ek nie gehou het van die rusverstoring wat ‘n minibus vol swart mense veroorsaak het nie, gaan ek nou vir jou vertel jy’s ‘n rassis oor jy veilig voel waar jy nou bly!”

Eers kon hy nie die kloutjie by die oor bring nie, maar toe help ek hom uit!

“Sit gou ‘n gesig by crime in SA.  Maak jou oge toe en doen dit!  Wat sien jy?  Vir my in jou voorkamer met jou TV, ‘n kleurling van Grassy Park in jou eetkamer met jou DVD of ‘n swart ou van Gugulethu met jou kar se sleutels in sy hand en ‘n rewolwer teen jou vrou se kop?”  Hy moes toegee dat hy die laaste ene meer waarskynlik vind.  “Nou maar reg…maak daardie steriotipering van jou ‘n rassis, of maak dit van jou ‘n realis?  Daar’s ‘n moerse verskil..”

En toe los ek hom dat hy aan sy Smirnoff verstik…

En toe let ek ook sommer ietsie anders op.  Geld koop nie klas nie…nog minder geluk of verstand.  Baie ouens mag dalk in die buiteland bly, maar die hemel weet, baie van hulle is meer tappit as ek en my vrou, en tien teen een meer as enige iemand anders wat hier uithang.

Die idee wat mens kry as mens kyk na iemand wat in Kanada bly na hy as ‘n gebore Suid Afrikaner ons grense verlaat het, is dit van geld.  Hy moes mos gehad het, hoe anders kon hy daai kwalifikasies bekostig, of selfs die trek, en die finansies bymekaar kon skraap om vir ‘n paar maande jouself te kon dra tot hulle op die been kon kom?  Maar kon daai geld vir hom geluk koop?  Aikona wena!  Klas?  Hang af hoe lank daai geld al in jou familie is!

Dis eenvoudig mense…ons mag dalk hier in die gopse sit en elke dag wonner oor die dag wat iemand jou gaan rob by ‘n ATM, of jou kar kom steel, of wanneer jy ‘n poephol in jou sitkamer gaan betrap 2 uur die more…MAAR!  Ons is tough!  Tolla se Rekkie stukke hou nie naastenby kers vas met hoe tough sommige van ons is nie!  En dit maak van jou ‘n beter mens.  Jy dra dalk meer geestelike “scars”, maar jy is sterker en beter geestelik toegerus as baie wat oorsee gegaan het.  Skeer ek nou almal oor dieselfde kam?  Geensins!  Ek weet vir ‘n feit een van ons oorsese maters ‘n briljante persoon is en tans, weens omstandighede, in die buiteland sit…wink…wink…wink…stop maar die sin daarso…wink wink…

Ek sit eerlikwaar gelukkig getroud in my tronkie in Brackenfell voor ek ongelukkig getroud sit in Perth in my jacuzzi…

7 Responses

  1. Hello Werflinge
    Pagoda32, jou skrywe raak juis aan een van die punte wat so algemeen die hoof rede is vir moeilikheid in ons land. Die oomblik wat iemand oorsee vertrek is hy / sy ‘n “bang gat” of ‘n rassis. Dieselfde met ons wat agter bly is almal weer onnosel of rassiste omdat jy ‘n spesifieke velkleur het al dan nie.

    Dit is juis die probleem, die oomblik wat jy mense deur jou persepsie van hulle doen en late op een gegewe oomblik of insident klassifiseer of in ‘n kategorie plaas het jy reeds verloor.
    ‘n Goeie voorbeeld hiervan, en ek persoonlik hou daarvan om die een te gebruik, was toe ‘n verslaggewer jare gelede na +/_ 10 lede van die AWB iets gedeon het vir Eugene Terreblanche se dat al die mense van sy organisasie is sulke “barbare” toe antwoord hy as volg:- “Van die mense is ook in die NG, Gereformeerde en Hervormde Kerke , is almal in daai betrokke kerke dus ook barbare?”

    Mense moenie veralgemeen juis oor een insident of uitlating wat iemand maak nie.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok .🙄🙂

  2. So waar, veralgemening en daarmee saam gewoonlik indifference en sommer plain stupidity is die wortel van baie kwaad. My siening was nog altyd, ongeag of jy wit, swart, bruin, geel of flippen pers is, as jy jou so gedra…gaan ek jou ‘n poephol noem. Klassifikasie gebeur op grond van die persoon self.

  3. Pagoda ek het my al vervies vir blankes wat hulle sleg gedra waarom mag mens dan nie vir anderkleuriges ook kwaad word as hulle, hul nie gedra nie maar dit is mos so dan is jy ‘n rassis, almal moet net heeltyd smile oor al die morsigheid en vuil parke en dankie sê en askies sê of jy is ‘n rassis. Jy slaan die spyker mooi op sy kop en dis reg dat jy die ou reghelp met sy siening wat totaal verkeerd was.

  4. Ja Pagoda een van my vriende is jare gelede vanaf London teruggestuur nadat een van die beamptes op die lughawe hom `n White rasist genoem het.Dit was `n wit pommie wat fokkol weet van wat hier aangaan, Hulle was toe in `n woordestryd betrokke en hy was teruggestuur.Mens kan ook nie se die oorsese mense veralgemeen nie, want dan mak dit van ons almal, die res rassiste.

    Maar ek dink jy het hom intelektueel uitoorle.Goed gedoen.

  5. Stem saam Demoerin, jy slaan die spyker op die kop.

    Ongelukkig vir daai ou Pagoda, het sy paadjie met jou gekruis.

  6. Laas jaar wat ek in London was het ek vir my ‘n paar mooi tekkies gesoek om in te travel op die treine, nou soos al my vriende sal kan be-aam, ek is iemand wat GLAD NIE KAN BESLUIT NIE, veral nie as jy vir my ‘n keuse gee nie. Nou staan ek met hierdie twee pare tekkies in my hand in hierdie baie bekende sports winkel en ek is nogal hastig, ek moet weer terug kom by die werk, en ek vra toe die jong outjie (shop assistant) watter van die tekkies is vir hom die mooiste en watter sal die langste hou of so, net ‘n opinie en hier uit die bloute staan ‘n random ou wat ook kyk na skoenne en haak af en se vir my: ‘Stop being such an fussy South African’. Ek het gelag op daardie oomblik omdat ek my nie veel gesteur het aan die man nie en was te opgewonde oor my nuwe skoenne, maar die shop assistent het my met sulke groot oe aangekyk, seker gedink ek gaan nou winkel moles maak, dat ek naderhand besef het, Hallo…was die man nou actually ongeskik omdat ek hulp vra in ‘n skoen winkel en omdat ek van SA af is. Dis toe ek besef die man is by die deur uit, ook maar seker goed want hy wil nie ‘n BITCHY SOUTH AFRICAN sien nie. Partykeer pla dit my nog so bietjie, maar ander kere dink ek, ek het vir hom gewys ek is ‘n beter persoon as hy om net dit af te lag… Suid Afrikaners het ‘n sin vir humor!!!!!

  7. Ek is so gatvol om al die Black Associations te sien, en dis fine. Laat iemand nou net ‘n White Association stig en die k@k sal spat!

    Van die os op die jas – Ingilsman vertel graag die storie van ‘n kleurlingvrou wat lekker gewyn geraak het op ‘n vlug en sy is toe gearresteer toe hulle in Heathrow land want sy het marakkas gemaak. Toe die pommies die verklaring afneem, toe moes die boertjies vir hulle probeer verduidelik wat die vrou hulle toegesnou het – “jou ma se p…” Julle kan dink hoe het hulle dit probeer vertaal. Dit het iets soos “your mother’s genitals” uitgekom!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: