Die rotte hulle gooi my met kleppe!

Nou ja, almal het seker een of ander tyd ‘n rotteplaag gehad. Ons bly teen die Moreletta-spruit en ek dink die hele rot-gemeenskap het besluit ons huis is die nuwe Formule 1 Hotel. Ons het nooit regtig voorheen probleme gehad nie, maar die afgelope tyd is dit oorlog tussen my en hulle.

Hulle het so 2 maande gelede kom kuier. Moerse ma-se grotes! Iewers bo my kamer het hulle ‘n voordeur ontdek en hulle spring te jolig daar in en land met ‘n bang op die ceiling. Ek het besef die gesinnetjie moet so groot wees soos my kat, want hulle land effe loud! Fishpaste is selfs bang en kyk met groot oë na die ceiling. Anyway, ons gooi toe rottegif in hulle hotelkamers en na so ‘n week begin die klank. Hulle moes almal bo my kamer gevrek het want die reuk was erger as 10 dooie kamele. Ek kon naderhand nie meer in my kamer inkom nie sonder om lighoofdig te voel. Toe maak boervrou ‘n plan. Ek meen, ek gaat nie daar inklim nie! Ingilsman is oriewater en stiefseun-wat-plak doen niks meer as eet, slaap en poe nie. Ek bied toe die tuinman R50 ekstra aan om op te klim en die lyke gaan uithaal. Hy het ewe gewillig opgeklouter en 4 lyke (so groot soos kat se kind) bo my kamer uitgehaal. Ek was so trots op hom, en hy was baie trots op homself, maar hy moes byvoeg: “Eish, maar dit stenk daarbo!” Problem solved.

Tot so ‘n week gelede. Ek dink daar het nou ‘n army ingetrek. Saterdagaand lê ek en viskat lekker en TV kyk op die bed, toe die aanval geloods word. Daar is ‘n slag so hard op die ceiling dat ek my amper bevuil! Dit het geklink soos ‘n moerse klip wat op die ceiling land. Soveel so, dat die honde die kamer binnestorm en blaf. Ek en kat skarrel om onder die aanval uit te kom en loer om die deur. Na so ‘n uur se stilte het ek maar weer teruggesluip met my een oog op die ceiling, en glad nie rustig geslaap nie. Ek is seker een van die knape het ingeklim en toe breek ‘n stuk sement/steen los en val op die ceiling. Die dimmer ligte het tot geflikker!

Soms het mens tog ‘n man nodig. Moet sê, ek het maar baie sleg geslaap die naweek. Nou sal ek maar weer rottegif moet insit, en Fanie die tuintegnikus sal weer R50 ekstra kry vir lyke herwin.

16 Responses

  1. Shit Annie ja van tyd tot tyd invade hulle ons environment, verlede jaar het ek so probleem gehad.Hulle was net in die motors se enjins my dogter se Corsa se drade was gevreet, honde pellets was oral in die enjin en ou bene.Ek het maar Racumin blokke in gesit en trappies gestel.En `n klomp gevang.

    Skielik was hulle net weg en is steeds weg, maar ek verneem dat Gauteng die afgelope twee jaar `n plaag beleef.Sal jou later `n nommer gee wat jy kan bel vir raad.

  2. Annie kry Ratex, maar moet glad geen water daar sit nie. Sit sommer paar houertjies uit. Ek het een gehad wat kasdeure opgevreet het vir maande en niemand het dit agtergekom tot ek weer ingetrek het nie. Maar ek moet byvoeg was helse godsdienstige rot daai hoor.

  3. nou lyk ratex verkeerd gespel, maar jy weet seker wat ek bedoel

  4. Annie – praat jy?? Ons het ook ‘n familie in ons dak hoor. Die goed klink “huge”. As die hele familie op die ceiling hardloop wil ek my broek beskyt. Dit is iets vreesliks. Ek raak sommer ook bang.

    My skoonma het “finale” uitgesit in bakkies toe ons in die garage ‘n veldmuis gesien het. Het nie weer veldmuise gesien nie.
    “Finale” gaan nou ceiling toe, dis verseker!! Al probleem, soos jy sê, die goed vrek op die dak en vrot.

  5. Eina, dis nie ‘n lekker een nie! Sterkte met die gaste!

  6. Haai Annie, dis vreeslik, dat tot die kat moet bang wees vir die gaste wat by julle in kom trek het.

    Ek kan my net self picture hoe loer jy en jou katjie om die deur na die ceiling….

    Ek sou seker al lankal my hele bed besuit het. Sal nie maklik in die kamer slaap nie.

  7. sorry sorry, spelling is verkeerd

    ons probeer weer:

    Ek sou seker al lankal my hele bed beskuit het!!!

  8. Onlangs presies dieselfde oorgekom!!!
    Rotte in my dak! AAAAAARGH!!!
    My vrou het ‘n lewende vrees vir rotte of muise. Al ooit daai cartoons gesien waar die vrou (of outjie) op ‘n stoel spring en soos ‘n vlermuis aan die rugleuning hang? Daai is sy uitgeknip!

    En nou trippel trappel die klein donertjies mos nou snags op die plafon rond! Anyway…Ratex gekoop en wag net vir dit om warmer te word voor ek die kos uitsit. Was nou vir ‘n rukkie stil maar ek glo dis oor dit so koud is en hulle meer slaap as rondvlenter. Hulle / hy / sy sien nie die Kersfees nie!

  9. Miskien moet jy jou kat-gemeenskap uitbrei??? Hehe
    Nog ‘n paar maatjies vir fishpaste….

  10. Wat maak jy met rotte wat op jou blog rondhang? Ek het so ‘n plaag😦

  11. Phibbie, ek sit juis Rattex in! Maar ek dink hulle maak kleintjies by die dag. Koekie, die keer wat hulle in die dak gevrek het het ek Finale ingesit. So nou glo Ingilsman die Finale gee hulle nie kans om eers uit te kom om water te gaan soek nie. Sal maar aanhou met die Rattex. Kry die arme goed jammer ok. Gelukkig kom Ingilsman weer 31 Julie huis toe. Dan moet hy en Fanie tuintegnikus maar in die dak klim en kyk wat daar aangaan. Moet sê, ek is nie meer bang nie, maar die rotte se gejol op die ceiling maak mens jittery. Nes Koekie sê – die goed is huge. Dan sê ek vir myself, Self, die skelms is besig om by die dak in te klim. Koeksister, ek dink nie Fishpaste gaan nog ‘n kater in die huis toelaat nie!

    Emil, hehe. Shame man. Daaraan kan jy nie veel doen nie!

  12. O, ok Annie ek hoor wat jy sê. Miskien moet ek ook eerder Rattex probeer.
    Ek het twee katte maar hulle is nog klein, die rotte is op hierdie oomblik groter as hulle. Maar wag, gee kans, dis nie meer lank nie.

  13. Ek dink vandag is die dag vir rotoorlog. Volgend Wikipedia word vandag geobserveer as Ratcatchers’ Day, ter ere van exterminators. Dit is na aanleiding van The Pied Piper of Hamlin gedig van Robert Browning. Jy ken nie dalk ‘n fluitspeler nie?

  14. Demoerin
    Gee my genoeg boontjiesop en ek fluit kolon-eaal vir die wetters tot in die swembad!

  15. hehe Julle is lekker simpel

  16. lol @ Pagoda

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: