Paddas teen my kaal lyf

Ek het as kind nie ‘n plaas geken nie.  Was so stads grootgemaak dat ek as kind geglo het melk word gemaak deur een deel wit “iets” met 10 dele water te meng.  Brood was gepluk aan bome; daar bestaan mos iets soos broodbome!

So trek daar in my standerd 5 jaar twee seuns skuins oorkant die pad in.  Die ene, ‘n jaar jonger as ek, is so verfynd dat ons toe al kon sien hy’t ‘n skewe klap weg.  Sy jonger boetie, drie jaar jonger as ek, was die ondeundheid self, en tussen die twee van ons het ons die grrotste klomp stront aangevang…van grasnyerenjins op kiskarre inbou sodat sy pa se garage uitbrand tot tonnels onder deur ‘n teerpad grawe (waar die patience vandaan gekom het weet nugter alleen) net sodat ons kon sien of ons dit kon regkry om van weerskante af te grawe en ons by dieselfde punt onder die pad sou uitkom – soos die ouens doen as hulle tonnels deur berge bou!

So kry ons failie ‘n uitnodiging om saam met hulle vir ‘n naweek na plaas te gaan op Swellendam (Kaap – nie Vaal nie).  So te se Karoo wereld is dit blerrie droog daar!

Ek is so opgewonde ek haal ‘n heel goeie binneband uit my fiets sodat ek myself ‘n kettie kon maak om saam te vat!  So doen Jacques ook!  Vinkel en donerse koljander!  Die stront wat die een aanjaag, so doen die ander…

Ons kom seker so teen 7uur die oggend daardie saterdag daar aan.  Lekker sonnige dag gewees.  En uit met die ketties!

Nou kyk, meeste mense wat van gargoyles gebruik maak gebruik die soort wat lyk soos leeus, of ander gedrogte wat vreeslik vreesaanjaend voorkom!  Die boer het twee blerrie sement koeie weerskante van sy hek gehad!  Hoe dom!  Ons skiet daai oggend daai koeie dat jy net sement spene sien vlieg!  Sulke mooooo-se shots!

‘n Paar uur later vind ons onsself in ‘n dam met ‘n kanoe uit sinkplaat gemaak.  Dit was ‘n klein dam…skaars groter as ‘n ordentlike swembad, maar jy moes jou roei ken, en selfs as jy nie betyds aan die ander kant kon kom voor die “white squal” jou oorval nie, moes jy noodgedwonge daai kanoe aan jou enkels uitsleep met ‘n tou.

Teruggekom by die plaashuis maak almal hulleself reg vir ‘n dassiejag…teen Dassiekrans.  Ek skiet daai dag blomme met ‘n .22 dat dit lyk soos ‘n tickertape parade om daai krans…en dit oor ek dit so moeilik vind aan te lê na iets wat lyk soos my mongril hond by die huis.

Die donker sak neer oor die plaas en daar word ‘n tent en ‘n allemintige varsgeslagte lamsribbetjie met growwe sout in die hande gestop!  Ons gaan in ‘n kamp ver verwyder van die plaashuis tent opslaan en ribbetjie braai op tolbos, stokkies, gras, ens…net die laities!  Dit was die lekkerste ribbetjie wat ek nog ooit geeet het!

Toe ons daai sondag by die huis kom was ek pootuit.  Vol skrape as gevolg van die skerp klippe in die plaasdam, vol krapmerke op my voete van die karoobossies, pers gebrand in die son…maar ek was gelukkig in die wete dat ek tuis gevoel het op ‘n plek heeltemal uit my comfort zone!

Hoekom is dit so moeilik as volwassene om dieselfde te wees?

11 Responses

  1. Stunning geskryf, jy laat my ook dink aan my jonktye op die plaas, om jou kaal koue voete in vars beesmis te druk, lekkerrrr warm!, om pas gemelkte half lou melk te drink in die oggende aan ontbyt tafel…

    En nou?, ek sidder as ek dink aan al die kieme in die melk omdat dit nie gepasteuriseerd is nie en ek sal sal nou nie eens met ‘n boot in ‘n bol beesmis wil trap nie.🙂

    Ons het die lewe vir onsself so complicated gemaak, dat ons suffer om te oorleef.

  2. Ai Pagoda!! Baie nice.

    Hahaha Koeksister, dis nes jy daar sê.

  3. Pagoda eks seker ek het julle klomp laas week op Tv gesien………………….”Trompie en die Boksombende.”Ja shucks ons was ook so kattekwaad, ketties, stokbrood, plaasboer se kalkoene gesteel en langs rivier geslag en braai.Elkeen het iets by sy ma se huis gezoi en dan het ons `n konkoksie in koffieblikke op die vuur voorberei.Torries en mossies geskiet en geeet, ek sal vandag nie sommer nie.

    Ja jy weet darem wat dit was om te kon LEWE.

  4. Ek het boomgeklim, kan tot vandag toe nie verby ‘n lekker klimboom loop sonder om die urge te kry nie, ek het my padda voor by my hemp ingedruk as ek gou by die slaghuis moet ingaan om vir my ma ‘n brood te koop en het met my kettie klippe teen die sinktoilette geskiet as die ousies daar ingegaan het🙂

    Hel Pagoda, thanx vir die memorytrip!

  5. Pagoda

    Volwassenes MAAK die lewe vir hulself so moeilik. Ek gee nie `n moer om, om `n dik vere kussing in die kruiwa te laai en die kids soos `n mal ding die hele werf vol te stoot en myself moerland toe te val in die proses nie!

    Ons 3 meisies gaan eet skelm agter die stoor Caramel kondensmelk (Liefie haat te veel suiker vir die kinders) en ek leer hulle fiets ry laat die nerwe spat! (Liefie haat dit as die kinders seerkry) So, ons doen al die rowwe goed alenig. En love it!

    Ek sal seker die ewige kind bly…en gee nie om WAT ander van my dink nie. Helemal oor daardie stadium.
    Jy gaan net eenkeer dood!
    O, jel! Dis `n storie vir `n ander dag! Die kids glo dit deffinitief NIE! Flippen scary hierdie 6jariges van my.

  6. 😆 So ‘n lekker storie. Plaas toe gaan 2 keer ‘n jaar was vir my die vetste pret. Kon nooit wag nie. En julle kan net imagine as so 15 nefies en niggies en maatjies bymekaar is! Ek dink ons kruip as volwassenes agter responsibility weg.

  7. Jis dit was nou ‘n lekker leesstorie Pagoda. Ek het gelukkig nie in die stad grootgeword nie, maar in Rustenburg wat wel ook ‘n groot dorp is, maar steeds platteland. Dit was heerlik. Ons het ook baie by maatjies op die omliggende plase gaan kuier en al hierdie lekker dinge aangevang. Net Sondag praat ons van wat ons aangevang het. Ek het saam my boetie ketties gemaak en dan gaan skiet ons duiwe, maar ek kon dit nooit oor my hart kry nie, dan jaag ek die duiwe nes hy en sy maats aanlê om te skiet. Het eerder op koeldrankblikkies en die bure se mislike kinders gekorrel.
    Nes Sigeuner en Koeksister sal ek ook altyd kind bly. Klim steeds boom, ry fiets, ry perd, doen als wat ‘n tomboy sal doen, en sal dit doen tot ek nie meer kan nie. My graad 1 maat Lies Koei (ons is nou nog maats) het altyd by my oorgeslaap en dan wil sy in die bed klim sonder om te bad want sy’s vaak. Ek het ‘n ding teen vuil voete gehad (het dit steeds), en dan sê ek vir haar sy mag nie in my ma se beddens klim met vuil voete nie. Ons spot nou nog daaroor. Ek sal haar laataand sms of sy al haar voete gaan was het, en dan antwoord sy sy SAL NIE, en ek is nie meer kaptein van die bende nie! Dan sms ek haar dat ek haar agter die maan kry dan speel ons lekker tussen die sterre, maar haar voete moet skoon wees. Dis so lekker om kind te bly!

  8. Regtig ‘n oulike stukkie. Ek sidder net om te dink aan daai tonnel onder deur die pad…

  9. Dit kon so eina uitgedraai het Roer! Dit het nie, goddank!

  10. Ja die plaas kuiers was altyd lekker gewees, ons het nie `n kar besit nie so ons is met die trein na Vryburg se wereld, die familie het ons op Pudumoe stasie gekry [weet nie of spelling reg is nie] dan het ons niggies en nefies gespeel tot donker toe, heerlik heerlik, Pagoda ek wil vir jou `n foto stuur van Kkeet dit was op haar begrafnes brief laat weet my of dit reg is dankie

  11. Bytjie…jy kan maar stuur hoor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: