Tieners!!!

Saterdagmiddag maak my oudste (17) reg vir ‘n rockkonsert, sy begin al 5 ure voor die tyd poeier en verf, waar haar jonger suster ‘n halfuur voor die tyd ‘n kam deur haar hare trek, haar belt regskuif en laat waai. Terwyl ek besig is in die kombuis(openplan) met my een oog op die tv, kom sy verby my met ‘n paar swart stewels, ‘n denim mini skirt(wat voorheen ‘n gewone skirt was), ‘n moulose swart hempie met ‘n wit das.

Ek vra en nou hierdie outfit? Nogals nie. “EK GAAN” is die antwoord wat ek terugkry, ek sê vir haar as jy rugbyklere gaan aantrek gaan daar met jou rugby gespeel word, trek maar ander klere aan.

Sy swaai op haar hak om soos ‘n SS soldaat, en storm na haar kamer toe, maar ek bly onverbiddelik, sy loop die hele middag in daardie klere rond, klets op mxit, stuur sms’e, vertel seker vir al haar maats hoe verontreg sy is…..

‘n Halfuur voor sy vertrek, kom sy uit die kamer uit met ‘n paar jeans aan, ‘n warm trui en die swart stewels, ek smile van oor tot oor, maar loer nogtans so ongemerk of die denimskirtjie nie dalk iewers in ‘n sak gedruk is nie.

Hehe, ek love it, hierdie power wat jy het as ‘n ouer….

20 Responses

  1. Welkom Koeksister. Lekker eerste post!
    Ek wonder al watse stront my laitie gaan aanjaag en hoe ek dit sal hanteer.

  2. Thanx Pagoda!!

    Geniet jou laaitie nou terwyl hy klein is…….:)

  3. Ja dis nou jou beurt ek het myne gehad.Shucks en het ek en my enigste gestruwel toe sy 17 was en in standerd nege.Fokkit sy was te slim.Gelukkig is sy nou 21 en oor daardie stadium , maar eendag sal sy se ja ma was reg.Julle gaan nog lekker tjommies word hulle gaan gelukkig oor daardie stadium.

    Sterkte .

  4. Eish Koeksister ek vrees daai stadium. My beurt kom nog.

  5. Gelukkig het ek nog nie kinders nie, ek is nog self ‘n kind, soos die groot (ou) mense sal se…. ek weet ook nie of ek ooit eendag in hierdie land soos dit nou is ooit sal kinders he nie…. dalk as dit beter gaan. Maar gaan dit ooit beter raak?

  6. Weet jy babbelbekkie my dogter se dieselfde sy vrees om eendag kinders in die land te he nie.Kom ons hoop dinge raak beter.

  7. Baie goeie stukkie Koeksiser. Ek kan daai prentjie al sien. Pappa het mos 2 tiener kleindogters en my eie boetie het 2. Eish ek se jou, saam is hulle baie beter asse biblioteek van info van als seks tot tegnologie.

  8. Brein, as jy enige raad het, stuur maar hierdie kant toe hoor. hehe
    Ja Phibbie, hulle laat partykeer my hare orent staan, ek wonder watter tipe ouers hulle eendag gaan uitmaak???

  9. Koeksister, ek voel of ek jou persoonlik ken na daai skrywe. My meisiekind is volgende maand 21 en het ook daai “ek is slim gebore” stadium gehad – party dae nog steeds. Die klere, die ouens, die huistoe kom tyd en die waarheen was altyd die grootste fights.

    Sy bly nou saam met haar kêrel en glo dit as jy wil – sy het verlede week vir my omverskoning gevra dat sy so in my ore kla oor die vuil huis, strykwerk, kosmaak, ens. Huhhhh!!!……..bring my kind terug, wie’s dié met wie ek praat???? Myne het nie eers ‘n vuil koppie terug gevat kombuis toe, nevermind gewas !!

    Na eindelose gevegte, geskreeu en geskel kan ons nou soos twee vriendinne met mekaar gesels en self bietjie oor die manne in ons lewens skinner – ek love my eens moeilike meisiekind sommer dik stukke!!

  10. Bons, jy gee my sommer moed vir die toekoms!!! 🙂

  11. Koeksister, ek kan onthou hoe ek so kort mini in my handsakkie weggesteek het🙂

  12. Bons, ek was een van daardie kinders wat nooit deur ‘n stadium kon gaan nie omdat ek so bang was vir my pa, (ek se nou bang, maar ek dink op die ou end was dit meer respek vir my pa gewees) as hy gese het ek kom 10uur huis toe na ‘n skool dans, dan sorg ek dat ek 5min voor 10 by die huis is. Ek was al in std 7 toe moes ons nog 8uur in die bed wees.

    My ma het nooit met my enige moeilikheid gehad omdat ek skool gebank het of skelm gerook het of so nie, ek was maar rustig en soet, maar ek kon nooit verstaan hoekom sy so gekla het oor die skottelgoed of die klere nie.

    Vandag bly ek ook saam my kerel, ek word nou 23 en ek kyk terug en weet presies hoe my ma gevoel het daai dae wat die skottelgoed amper by die deur uit geloop het of as die kinders (nie dat ons dit deesdae doen nie, maar dit voel somtyds so) 3keer per dag hulle ‘outfit’ verander… Ek weet nou presies hoe sy voel as sy my bel en se ‘Wat maak mens vanaand vir aandete?’

    As ons net daai tyd vir haar gehelp het om elkeen sy deel te help met die huis sou daar dalk nie so baie baklei gewees het nie.

    Ek wil ook onverskoning vra vir my ma: EK WEET PRESIES HOE DIT VOEL.

  13. Hi Zee, ja ek het dit ook gedoen…hahaha.

  14. My ma se altyd als wat jy gedoen het aan jou ouers kom dubbel trug. Eish eks baie bly ek hettie kinners nie. Maar ek was baie soet gewees, innie kamer hele dag met boeke en radio.

  15. Oulike post Koeksister! Dit laat my ook terugdink aan my jong tienerdae. Ek en my een pel het lae klere booor mekaar aangetrek as ons uitgaan sodat ma dink jy is mooi toegemaak. En as ons by die garage party kom, dan waai die lagies tot daar net ‘n boob tjoop en mini skirt oorbly!

    Ek dink as ek ‘n dogter gehad het sou ek baie streng gewees het want ek week wat ek aangevang het!

  16. Zee, Koekie en Annie. Hehe, ekself het dit ook gedoen, dis hoekom ek so gou op haar case is, lol.

    Zee, ek dink daardie mini sou in haar beursie gepas het, so klein was hy.

    Annie, mens sien jouself in hulle, dit help nogal baie, soos jy sê, jy weet wat jy aangevang het. Hehe

  17. 😆 Koeksuster…in haar beursie ingepas het! Ek dink nou aan die arme ouens wat uitgemis het! Dit is baie wreed!

  18. Haha Demoerin, lmga, ek het nou amper van my barstool afgeval, hehe, !!!!!!!

  19. Babbelbekkie, ja ons was ook baie streng grootgemaak.
    Koeksister, ja ek sit nou met 14jarige meisie wat ook soms hopeloos te slim vir haar skoene is. Ek weet soms nie watter kant toe nie.
    Hoop maar als werk vir ons ook uit soos vir julle.

  20. Weet darem dat jy nie alleen is nie Lizet, ek sê gedurig vir myne, “hey, terwyl julle nou alles weet, moet julle gou uittrek na julle eie plekkies toe, werk kry en rekeninge betaal, want later raak julle weer dom dan weet julle niks nie!”

    Dan sê hulle net “AG MA”!

    hehe🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: