Dr Phiel vra raad

Kan jy dit glo!  Iemand soos Dr Phiel besluit om ‘n mail te stuur na Die Werf se addy om raad te vra!  By my! Van alle mense!  Ek kon dit nie glo nie, maar het besluit om as ‘n teken van welwillendheid maar te probeer help aangesien hy so baie tyd skenk om ander te help.  Hy’s mos maar ook net mens…shame man!  Anyway, hier’s die mail:

Hello Pagoda32

Ek sien dat jy weet wie ek is wanneer ek saans gaan slaap, so ek skraap toe maar die moed bymekaar om jou so bietjie raad te vra.  Dis maklik om ander raad te gee as mens die kwalifikasies het wat ek het maar dis so moeilik om jou eie raad te volg.  En oor jy die ou is wat Die Werf begin het neem ek aan dis dalk beter om dit uit die perd se mond te hoor…excuse the pun!

Ek het my blog begin uit die goedheid van my hart en moes intussen verneem, na aanleiding van die ongelooflike hoeveelheid hits wat ek gekry het en ook nie nare comments wat mense my los en daarby saam die onsmaaklike posts hulle op hul eie blogs plaas dat hulle niks van die raad hou wat ek hulle gee nie.  En dis nie eers asof ek enigiets charge vir my goeie raad nie!

Frank was eerste gewees.  Die ou sukkel sy moer los om aanvaarding te kry op ander blogs waar hy comments wil los en word uit elke hoek aangeval as hy doen.  Ek het vir hom mooi raad gegee om op te hou met sy fassinasie oor Platkuif en as hy nie kan nie om eerder ‘n oulike foto van Platkuif te kry en draad te trek terwyl hy oor hom fassineer.  Ek verstaan nie hoekom dit sulke slegte raad is nie, want ek was nog altyd van mening dat daar horses for courses is.  As dit jou ding is moet jy dit embrace en hardloop daarmee!

Ek het ook besluit om die afrikaanse blog gemeenskap aan te vat oor almal se blerrie blogs so doners vervelig is.  In kort wil ek nie blogs sien wat brokkies van ou emails bevat nie.  Nog minder wil ek tranetrekkerige gemors lees, ou grappe wat al lank verby hulle sperdatum is, sien hoe eensame mans opkom vir vrouens wat sleggese word ensomeer…dis net plein pateties om die minste te sê!

Eerste op die lys van blogs wat die kak uit my irriteer is Alta s’n.  Jy weet, daai “Snow White in Canada” kak!  Ek kan nie verstaan hoe regdenkende afrikaanssprekende mense mense wat emigreer so tekere kan gaan oor hulle nuwe tuiste nie!  Kan die ander wereld daar buite rerig soveel beter wees as in hierdie absolute paradys van ‘n land van ons?  En toe’s sy die moer in oor ek haar raad wou gee.  En al wat ek wou sê is dat ek nou genoeg gehad het van die lofliedere van Kanada! Ek belowe!  Toe raak ek sommer die skuim van die aarde!

Die silwer rantjie aan die donker wolk opdie oomblik is dat soveel mense na my blog stroom om die raad te kom lees wat ek so vryelik uitdeel.  Ek hoop net nie die mense dink dat die blog op my naam (dis natuurlik ‘n skuilnaam…) ‘n bemarkingsfoefie is wat uitgedink is om te stir nie!  Ek sal dood neerslaan is dit die geval is.

Hoe nou gemaak Pagoda32?  Hoe hou ek vol met die welwillendheidswerke as mense dit klaarblyklik nie waardeer nie?

HELP!

Dr Phiel

My antwoord:

Dr Phiel

Dis ‘n taai ene die.

Eerstens moet ek erken dat ek van die begin af die blog gevolg het en by tye gedink het dat dit nogals in swak smaak gedoen is.  Ek weet dat Ricky Louw op ‘n stadium “onderhoude” met bekendes gevoer het en dit op sy blog geplaas het, maar ek en al die ander, insluitend hy, het geweet dit al die postings van daai aard as parodie gesien moes word.   Na aanleiding van baie “mails” of “versoeke” wat jy gekry het om te help is daar eintlik net een wat ek kon sien rerig van die oorspronklike bron gekom het…en dit was Leon.  En as sulks was jou antwoord aan hom duidelik van so aard dat mens die humor en die “tong-innie-kies” aard daarvan kon insien.  Ongelukkig was die res van hulle almal opgemaak deur jouself om te stir!  En moet asseblief nie my intelligensie onderskat deur my anders te oortuig nie.  En aangesien ons almal, insluitende die wat jy so vryelik raad gee, dit weet, kan jy nou rerig vir ons kwalik neem as ons die moer in raak?

Maar dan weer, aangesien ek weet wie agter die Dr Phiel skuilnaam sit, is dit te verstane.

Alta het niks verdien wat jy haar gegee het nie.  Sy’t geen raad gevra nie en nog minder verdien om soos ‘n hond behandel te word.  En voor jy nou ook vir my vertel hoe pateties ek is oor ek vir ‘n vrou wil opkom en voor jy my in dieselfde kategorie wil plaas as die “eensame mans” waarvan jy so lekker praat op jou blog…ek het ‘n vrou.  ‘n Pragtige mens, binne en buite.  En ek hoop vir niks beter nie.  Dis net plein ordentlik om as man vir vrouens op te kom as die crap die fan strike.

Wat ookal Frank se sondes was…en ek moet erken ek weet bitter min daarvan…gee dit steeds nie vir jou die reg om op ‘n publieke domain die man se hare te was nie.  As sy sondes van so aard was soos wat daar op jou blog staan, hoekom is geen strafregtelike stappe nog teen die man ingestel nie?  Of gee jou kwalifikasie jou die reg om sommer net te oordeel soos jy dit goed sien?  As hy persoonlik iets aan jou gedoen het, dan is dit te verstane, maar om dit op ‘n manier soos die een op jou blog dit te doen, is verkeerd; ons weet albei die “mail” was ‘n drogbeeld van jou verbeelding.  Dit dui daarop dat jy heel waarskynlik jou kwalifikasie gekoop het.

En as jy nie van vervelige blogs hou nie, maak hom toe!  Gaan aan na die volgende een of gaan soek ‘n gratis porn site of iets!  Of koop vir jou ‘n 3000 stuk legkaart om te bou.  Ek hoor dis uiters terapeuties om van oortollige waansin EN frustrasie ontslae te raak.  Ons land IS so te sê in sy moer en as mense daaroor wil skryf op hulle blogs is dit hulle saak.  Kry vir jouself ‘n vergrootglas en gaan soek ladybirds op proteas, neem fotos daarvan en plaas dit op jou blog.  So kan jy die nodige afwisseling verskaf wat ons duidelik so broodnodig het!

En as die raad nie heeltemal aanvaarbaar klink vir jou nie…wel tough.  Ek het nie ‘n psyco kwalifikasie nie.  En ek wil ook nie ene in die Oos Kaap gaan koop nie.  Ek stel egter voor jy vang ‘n taxi en gaan kyk of jy jou geld kan terugkry vir die ene wat jy aangeskaf het.  Daardie geld sou beter gespandeer gewees het by ‘n finishing school waar maniere en etiket geleer kan word!

Ek het niks teen jou as persoon nie.  Dit wat my, en die meeste ander ouens, dwars in die krop steek is veel eerder jou manier van dinge doen.  Verander dit en die land is weer Hollands!

Voorspoed…en happy blogging!

Pagoda32

28 Responses

  1. 😀 Goeie raad Pagoda, baie goeie raad aan Dr. Phiel!!

  2. […] Ai tog, lyk my die Dr.Phiel het toe ook raad nodig. Wonder of hy dit sal kan volg??https://diewerf.wordpress.com/2008/07/22/dr-phiel-vra-raad/#respond […]

  3. Goed geantwoord. Parodie en satire is een ding, maar om onsmaaklik fun te maak van iemand, en daarby nog erg persoonlik te raak is nie aanvaarbaar nie – bv. kloppertjie wat nie eers hier genoem word nie. Dit is nie snaaks om iets ligtelik te benader, wat vir iemand anders ‘n baie seer saak is nie. Dit is plainweg gemeen. Dit is gewoonlik as blogging vir jou oor “hits” begin gaan wat jy so laag begin daal. As iets jou verveel, of jy het nie die backbone om ordenklik 2 woorde bymekaar te sit en oor die saak te debatteer nie…..moenie weer na daai blog teruggaan nie. Niemand dwing jou om daar te lees nie.

  4. Hi Pagoda – baie goeie antwoord.

    Ek persoonlik dink, Dr. Phiel soek net hits vir sy blog.

  5. Lyk my ek het iets gemis….

  6. Netjiese antwoord. Ek hoop hy luister.😉

  7. Pagoda, 15 uit 10 vir jou antwoord.

    As Dr Phiel soos hy homself noem nie ons ou brokkies van ou emails, of tranetrekkerige gemors en gelukkige oomblike in ons lewe wil lees nie moet hy maar oor die STOPSTRAAT ry en nie eers stop nie!

    Vir baie van ons is hierdie belangrik maar aangesien Dr Phiel nou sy kwalifikasie “gekoop” het, sal hy mos nie verstaan wat dit vir party mense beteken nie!!

  8. Mooi so Pagoda32

    Ek moet erken ek het nie geweet van die Dr Eierkop se mannewales nie, maar ja klink maar vir my na – “one sick puppy”

    In elke geval as mense niks goeds kan kry om te doen nie laat hulle maar verby hou. Die ander oplossing is maak met hulle soos Taxi drywers met stop tekens doen – Ignore.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄 🙂

  9. Het ek maar eerder die saak met soveel finesse aangepak!
    Baie goed Pagoda!!

  10. Pagoda- jy het ‘n hart van suiwer goud!

  11. Ek het gewonner hoe lank sallit iemand soos hy vat ommie pad hierheen te vind. Goed gedoen Pagoda. hoop hy vind die paadjie na sy bestemming

  12. Dr Pagoda, kan jy my sê hoekom tlek party ouens dlaad?

  13. Kyk Annie

    Jy weet mos hoe hulle sê mans se breins sit in hulle snorkels?
    Nou ja, as mens nie so bietjie roer aan daai snorkel nie, styg die watervlak sommer gou gou. Dus die mediese term “water op die brein”! Gereeld dlaad tlek hou mans gesond!

  14. Haha, o forkitt tog, amper val ek weer van my barstool af! 🙂🙂🙂

  15. Whahaha.. ek ook Koeksister.

  16. Ek het ok afgeval en ek sit nie eers op ‘n stoel nie!! Bwhaaahahaha

  17. Hehehehe, dr Phiel moet by jou kom lesse vat!😆

  18. bwhahahahahahahahhahahahahahhahahaha shit jys heavy slim vandag Pagoda. Is dit nou hmmmmmmmmmm?

  19. En daar dag ek toe ouens tlek dlaad om die bloedvloei na die brein te verbeter!

  20. O goeie genade, dit was ‘n puik antwoord, maar hierdie laaste paar comments vat die koek!!! 😆 😆 Die een sal ek so waar as wrintie nooit vergeet nie!!! 😆 😆

  21. Pagoda dis hoekom ek respek vir jou het, jy het jou soos `n wafferse Dr. Murry Janson gedra. Welgedaan.

  22. Pagoda, jong, ek hoop aan die een kant ek is nog steeds spam, want my comment gaan seker nie goed afgaan nie! 😉
    Ek ken nie vir Dr Phiel nie. Jy het sy naam op my blog genoem, en nou probeer ek agter die kap van die byl kom! Dit klink my daar is dalk ‘n onsmaaklike geskiedenis erens, maar sy ‘roepe na hulp’ was vir my nogal erg snaaks! Laat my so baie aan ou Vokkie dink!

  23. BREIN! MY MAGTAG! Dog jou vrou maak jou nooit los van daai bed nie!

    Vanwaar gehasie? Hoekom so stil? 3G se skuld?

  24. Nee lees my een post dan sal jy sien hoekom, maar ja ek sou nie omgee as sy my vas gemaak het nie dan was ek nie nou so seer van al die harde werk nie.

  25. Gelees en verstaan! Shame dude!

  26. Ek😆 hardop!

  27. Pagoda, jy moes ‘n stand up comedian gewees het, net nie ‘n sielkundige nie!

  28. ANNIE! My eie ma sê my daai ene! En my vrou, maar dis net voor sy my wil moer, so ek wetie of dit tel nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: