D.I.Y.

“If a women don’t find you handsome, they should at least find you handy” – Red Green.

Ek’s met ‘n bluecollar-ou getroud, hande staan vir niks verkeerd nie. As die wasmasjien breek, dop hy hom om en viola! wasmasjien reg. Hy teël vloere, hy bou ‘n kaggel in, hy verf, hy restoureer sy Fiat 1968, hy kap bome af en plant nuwes, hy bou sommer die diefwering en hekke en sit dit in, man die lys is eindeloos.

Maar as ‘n kombuisdeurtjie afval staan dit so vir maande totdat ek dreig om die buurman (sexy maar baie onprakties) te gaan vra!.

Ek moet hom DREIG om die bedrading in te sit vir die fontein se pompie, vir hake teen die muur om skilderye op te hang, vir ‘n tafeltjie se afpoot, weereens is hierdie lys ook eindeloos.

En die beste van alles: hy’s blerrie handsome! 🙂

14 Responses

  1. Jy wil nie my lys he nie koeksister gelukkig kan jy hom nog afdreig met die sexy buurman my man is die sexy buurman in ons buurt want hy is die jongste. Maar moenie worry nie ek het ‘n telefoon nommer van ‘n Handy man en dit is nice. Ek gee net ‘n oproep hy kom hy fix en my man betaal.

  2. Hehe, slimkind! maar jy’s nie met Kuifie getroud nie, hy betaal nie, hy maak.. Hou ek van ‘n mooi bed in die winkel gaan hy dit vir my bou, ‘n moooi lampskerm? nee, “ek sal dit vir jou maak” >>sug<<<.

  3. Koeksister – whahahaha @ ..sexy maar baie onprakties..

    My swaer is ook so. Hy kan die mooiste goed maak maar ai, om hom net so ver te kry om dit te doen is die probleem.

  4. My man het my mooi geleer. Toe ek eendag vra kap asb die mat vas teen die trap, toe word ekke gese jy weet mos hoe lyk ‘n hamer en spyker en jy weet hoe om ‘n spyker in te slaan. Glo my vandag is hy moerse spyt oor daai inligting wat hy so gratis uitgegee het, want ek vra nie moer in en assit kakkerig lyk, skuif ek net die prentjie op of af

  5. Dis maar gewoonlik die probleem Koekie, ek dink ek is dalk nie ‘n streng genoeg vrou nie, miskien moet ek onverbiddelik word haha

  6. hehe Phibbie 🙂

  7. Ek doen baie dinge self. Het die ander dag ‘n “energy saving wall mounted heater” geinstalleer. Dik die hel in oor ek so fluks is…daai energy saving heater is die grootste pot snot! Daai heater gebruik meer krag in 12 ure as wat my 7 vin olieheater gebruik het in 24 uur!

    Maak my en my vrou se karre reg met bloudraad en gom. Maak die teef buite reg met ‘n stomp bottermes en die reun met ‘n lepel.

    Sit enige ding weer aanmekaar…hy werk, al is daar drie skroewe oor as ek klaar is!

    En ek kan jou tax doen. En blog…

  8. En my bloedgroep is O doner +

  9. Haha Pagoda. Klink amper soos my man.
    Het nou die dag vir kleinste ‘n fiets gekoop en hy moes dit aanmekaar sit.
    OMF- na so 3 ure se gesukkel, bloedsweet en vloek is die fietsie rybaar maar sonder brieke en ‘n stukkende trap!!!
    Whahaha… ek het lekker gelag hoor.

  10. lol @ Pagoda 🙂 klink of jy goed kan multitask

  11. Ai tog Koeksister – ek dink die meeste vrouens sit met daai probleem. My man is net so handy – hy kan enige kar regmaak, houtwerk doen, ens ens, maaaar, moenie vir hom sê om ietsie gou in die huis te fix nie. En hy het die beste tools onder sie son. Het die meeste in Duitsland gekoop. Sy klerekas het nie skoene onder in nie, dis bokse nuwe tools, blink goedjies wat zzzzzzzzzz maak. En dan het hy nog stacks in die garage.

    Hy sê die 10 dae wat hy by die huis is is hy met holiday. Dan mag hy in sy sportskar rondjaag en kuier met pelle. Boys will be boys

  12. Nou ja toe, ek het vandag agtergekom ons is almal susters in verdrukking 🙂 Hehe

    Kuifie se oë blink ook as hy na die tools in die winkel kyk….:roll:

  13. Ek probeer ook maar `n Jack of All Trades en master of none wees, maar fok mens kan en wil ook net soveel doen daarom los ons maar van die takies vir die “sexy” jong manne om te doen, julle wil seker darem nog iets vir die oog ook he of hoe kla gatte.

    Melktertjie jou man mag dalk die sexy jong buurman wees, maar ons ander is die skilled manne met baieeee uithou vermoe.

  14. Jy’s nettou weer innie kaa aaa kaa LMGA!

Leave a reply to anniegetyourgun7 Cancel reply