Ek kyk op na jou en jy breek af!

Ek ry vanmiddag in die verkeer en my radio is kliphard aan.  Ek ken mos nie van saggies radio luister nie.  Toe ek nog geld gehad het (lees “toe ek nog single, sonder kind en 5 jaar jonger was”) het my kar ‘n system gehad wat jou blindederm kon laat bars het.  Menige girl het al lipstiek try aansit in hom terwyl Brooklyn Bounce sy beste gee oor daai woofers!  En telkemale moes ek mute sodat die spieel net lank genoeg kon ophou vibreer sodat sy mooi kan korrel!

Anyway, so gee KFM sy beste vandag oor my spiekertjies.  Nou nie so rof soos toe nie, maar ek druk hom dat sy nersderm beginne pyn.  Toe, uit die bloute, nuus…en ek vat hom so paar kerwe sagter.

“‘n Onderwyseres van Strandfontein is vandag aangekeer op aanklagte van teistering van skoolskinders in graad 3. ”  En net daar kom van die ergste memories waaraan jy kan dink terug na my toe.

Hierdie onnie het klaarblyklik die leerlinge in haar klaskamers so ‘n harde tyd gegee dat daar nie een kind is wat selfs ‘n 70% bywoningssyfer in die klas het nie.  Toe daar vir die leerlinge gevra word hoekom dit so is, word die “proverbial beans” ge-spill!  Sy sal byvoorbeeld, as ene nou sleg in ‘n toets gedoen het, hom oor sy hande met ‘n lat slaan.  Dan moet hy vir die res van die dag in ‘n hoek staan en voor hy huis toe gaan moet hy eers haar skouers masseer!  Kan jy dit glo!!  Hoe de doner kom so mens in die onderwys en hoe lank het hierdie kak nie geduur voor sy uitgevang is nie?

So sit ek mos nou in my kar…klank steeds sag, maar KFM doen sy ding…saggies.  Ek was tien, going on 11 en in Standerd 3.  Juffrou Franke.  Sy’t tussen normale periodes gedouble as die LO onderwyseres, so sy was permanent aangetrek in sweetpakke.

Sy was ‘n teef! Ek hoop tog so sy lees dit sodat sy kan sien wat sy gedoen het, dat selfs ek, ‘n man van 32, jare na dit gebeur het, nog steeds so ‘n wrok teen haar dra dat ek haar sal te lyf gaan as ek haar vandag moet sien.

Ek het vroeg in die eerste kwartaal al een van my boeke verloor.  My opstelboek.  Dood onskuldig gaan vertel ek haar dat ek die boek verloor het.  Sy vlieg daar op en ruk en pluk my (onthou, ek was doners klein vir my ouderdom) soos ‘n vrot vel rond oor ek die vermetelheid gehad het om haar te vertel die boek is weg.  Ek kon my oge nie glo nie.  Ek was in so ‘n state dat my ma vir maande nie ‘n hel geweet het van van haar borrelende seun geword het nie.  Ek was beloof dat as die boek nie gevind word nie, sy my sal lat druip aan die einde van daardie jaar.

Nou kyk, my skoolpunte was al wat ek gehad het!  Ek was te klein vir rugby (dit het later gekom) en oor ek so klein was was ek moer bang vir ‘n harde krieketbal, so ek moes maar presteer waar ek kon.  Met my skoolwerk.  En hier sou ek nou druip oor ‘n boek weggeraak het!

Die vrees waarmee ek saam moes leef vir daardie jaar was afgryslik!  Ek’s maar net fokken 11!  Bliksemse teef!  Ek is daardie jaar verneder voor klasmaats, mee gepraat of ek ‘n hond is, en dies meer.  Tot ek dit nie langer kon uithou nie en ‘n oomblik van skynbare swakheid vertel ek haar dat “jy in jou moer kan vlieg jou bitch!”  Toe ek sien sy staan verslae en doen niks terug nie is dit asof die liggie inmy kop aangegaan het!  Sy was doners bang!

Ek vertel toe my ma van die jaar se gemors, sy bel die skool en probeer die storie uitklaar!  Na ‘n moerse ondersoek word daar vir my ma vertel dat hulle baie jammer is oor wat gebeur het daardie jaar en dat dit bleik asof sy bang was sy kom in die moeilikheid oor sy die eerste paar opstelle se punte nie elders aangeteken het soos sy moes nie en sy nou sonder daardie punte moes sit agter my naam.  Of so iets…eintlik maar ‘n kak verskoning as jy my vra want ek het nie onderpresteer nie en in std 3; wat maak dit saak watse punte jy nou opmaak vir drie opstelle waarvoor jy nie punte het nie?  Was dit rerig nodig om een kind so te verniel oor ‘n donerse boek?

Ek het myself amper natgemaak van verligting toe daai jaar oor was en ek sien ek’s deur.  En ‘n goeie teken van hoe ‘n stressbol ek was in std 3…my punte op jaareinde was laer in std 3 as wat dit was met my eindeksamen in matriek!!

Ons vertrou op onderwysers om die leiding en onderrig aan ons kidners te verskaf in die tyd wat ons die brood en botter op die tafel moet sit.  Hoe weet ons rerig watse gemors ons kinders deurmaak op skool terwyl ons nie kan sien wat aangaan nie?  Kinders word deesdae mishandel in die creche, babas word slaappille ingepomp sodat hulle deur die dag kan slaap sodat die caretakers nie nodig het om te veel te hardloop tussen 9 en 4 nie!  Waar is ons kinders nog veilig?

Ek praat nie hier van tug nie.  ‘n Kind se gat is gemaak om te brand as hy nie wil hoor nie.  Maar jy ruk hom nie rond en speel mindgames soos jy met ‘n grootmens sal maak nie.

Nes ek Juffrou Franke vandag liggaamlike leed sal aandoen as ek in haar moet vasloop, beter diegene wat enige kind leed aandoen oor hy een of ander skroef los het, hoop ek kry hom nooit in die hande nie.  Dit sal die laaste keer wees wat jy jou fokken pote verkeerdelik gebruik!  Ek sal vir jou ruk dat jou tanne eers ophou klap sodra jy dit op 80 uithaal en langs jou bed in Steradent moet sit!

11 Responses

  1. Kyk daar was maar `n klomp bitches vir onderwysers op skool, ja as van hulle jou kon verneder tot die hele klas se vermaak, dan het hulle dit gedoen.Maar ek glo elke hond kry sy dag.Een so onnie wat my en my vriend se gatvelle onnodig op skool afgetrek ene Meneer Calitz het en wat soos `n tirran met die kinders was, het homself later om die lewe gebring.

    Wel ek wens ook ek kon van my mooi onderwyseresse te “lyf” gaan op skool, njammies dit sou lekker wees.Vandag is hulle al ou tannies.

    Ek sou as `n mooi onderwyseres my wou molesteer op skool my kop heen en weer skud Nee Juffrou ,Nee Juffrou……….moenie ophou nie Juffrou!!(lol)

  2. Self so ‘n juffroutjie gehad op hoerskool. Sy het toe op die ou end met ‘n matriekseun oor die tou getrap en was geskors. Lucky doner!

  3. Ja shit hoekom het dit nooit met my gebeur op skool nie?? Boe hoee hoeee whahahah we weeee.

  4. Ek is ook so verneder – was in std 6 en ons het eksamen geskryf. ‘n Vark van ‘n onnie (mnr Bunge) het toesig gehou. Toe die tyd verstreke is loop hy om en neem ons vraestelle op. Ek het op die verste ent gesit en ek skryf toe nog so ‘n bietjie. Foutjie! Toe hy by my kom gryp hy my vraestel en sê afgemete (terwyl hy met elke woord my teen my kop stamp met sy dik vinger): EK HET GESê DIE TYD IS VERBY! HET JY NIE JOU ORE GEWAS VANOGGEND NIE! Ek het so gehuil pouse want dit was so vernederend. Wens ek kon daai poepol vandag raakloop.

    Dan het ek ‘n paar crushes op oulike onnies gehad (mans obviously). Die een se naam was Solly! Oh man, what a dish!

  5. Ek het net so stel afgetrap by my seun se skool. Hy doen nie goed in wisk nie en moes ekstra klasse bywoon vir dit. (my seun was 9).

    Hy moes elke dag na die “R” klas toe gaan vir ekstra hulp. Na so twee weke is my kind elke oggend in trane omdat hy na daai klas toe moet gaan. Na lange ondervraging kom ek agter die f*kken juffrou sê hom sleg voor die ander kinders as hy sy hand opsteek om vir haar te vra om weer vir hom te verduidelik. Hy is dan juis in daai klas vir ekstra hulp.

    Ek en my man het haar gaan sien en sy het toe ook vir ons gesê my kind is aandagafleibaar – (sonder toetse wat gedoen is) – en sy stel voor ons sit hom op Rittelin. Ek het hom net daar verbied om weer na haar toe te gaan en moerse brief vir die hoof geskryf (wag nou nog vir ‘n reply van hom af). Swak!! (nou al ‘n jaar later).

    Ons probeer hom maar self help maar die skade is klaar gedoen. Ek haat sulke onderwysers!! En, o ja, my seun is ‘n uitblinker in krieket – het Verre-Noord kleure gekry in die O/11 span en hy was maar net 10!! (Die enigste in sy skool) Maar dit beteken f*kkol.

  6. Dit is hartseer dat daar onderwysers is wat kinders so hanteer en letterlik emosionele letsels laat. Ons het so ‘n onnie gehad wat altyd op ‘n spesifieke outjie gepik het, hom met bordborsels gegooi het, selfs een keer voor aan kraag opgetel en teen bord gestamp. Ek het dit eenkeer aan my ma genoem…groot fout. Sy voel oor kinders wat rondgeneuk word presies soos ek. Oueraand het gekom en my ma het buite sy klas in die ry gestaan. Ek konnie verstaan hoekom nie want ek het goed gedoen in sy klas. Eintlik moes die gevaarligte flikker. Sy klas was op die tweede verdieping. Ma se beurt het gekom en hy wou haar in die klas nooi, sy sê toe nee, sommer daar op die stoep sal sy hom gou-gou spreek.
    Sy het vorentoe geloop, hom aan sy kraag gevat en sy nek heen-en-weer geruk. Haar woorde was : As jy weer moet hoor jy ruk weer aan ‘n kind, gaan ek jou aan jou donnerse nek optel en oor die fokken reëling gooi. Daar was eers doodse stilte, en toe ouers wat gejuig het. Ek het natuurlik gewens die grond wil my insluk…maar hy het dit nie weer gedoen nie!

  7. Sorry…As ek weer moet hoor…

  8. Hoera vir jou ma Demoerin!!

  9. My ma wou daai juffrou Franke so bliksem. Dit het keer gekos. Toe laat sy maar die die pen die werk doen…

  10. My kleinseun het geval met sy fiets die Sondag, Maandag het hul agter gekom die arm is nie lekker nie, stuur hom toe skool toe om eers `n afspraak te kry, net na kort pouse gaan my skoonseun hom haal vir die afspraak die kind gaan toe gou klaskamer toe om sy tas te kry sal mr Jorrie hom nie gooi met sy tas en vertel voor al die kinders hy is `n slapgat, sy arm is gekraak en hy het gips aan gekry, is dit nou nodig vir die mr om so te maak, ek wens ek kan hom in die hande kry ek breek altwee sy arms.

  11. My kleinseun se mamma was ook gisteraand by die skool en volgens hulle gee die kind nie genoeg aandag nie . hy skryf ‘n entjie mooi en dan los hy sommer die werkies net so en gaan met iets anders aan en sommer net daar is rittelin ook vir hulle aanbeveel en ek voel dit is nie die regte ding nie.
    Kan iemand my help om te se wanneer is rittelin goed of wanneer is dit sleg en is daar newe effekte.
    Ek wil so graag as ouma help
    Dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: