In die sweet van jou aangesig.

Ja daar staan geskrywe in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.En ek het, net jammer ek kan nie betaal word vir dit wat ek gedoen het nie.As daar enige blogger is wat my wil vergoed vir my harde arbeid sal ek nou nie nee se nie, `n Fullbody massage sal ook doen vir die moee lyf.  Wel ek en my vrou het Saterdag begin met springclean.  Ek het my garage en buitekamer, wat ek ook my workshop noem, behoorlik skoon gemaak en reggepak, die twee plekke was so deurmekaar soos kots in `n tumble dryer.

My vrou en my dogter het die huis attack, hulle het alles weggeskuif skoongemaak en regepak, blinds gewas, komberse, duvets, matte en gordyne.  Fokkit alles in Die Brein en Die Brein agter Die Brein se huishouding is skoon , silverskoon.  Ek haat vuilgatgeit, ek se nog altyd jy kan arm wees, maar jy kan skoon wees.  Ek dink ons plek is nou skoner as baie mense se gewetes.  Ja ok baie mense het nie gewetes nie.  Wel nou is ek terug om gatte te krap, my brein te laat uitrafel en soms bloot te stir of om pleinweg kak te soek, dis nou as Pagoda my toelaat.

Toelaat? Ek kan dit mossie alleen doen nie!! hehehe

10 Responses

  1. Ek stem saam met die “jy kan arm wees maar jy kan skoon wees”.

    So ‘n sprinclean once in a blue-moon doen ‘n mens net goed. Gooi allerhande k@k weg wat jy oor die jare versamel het.

  2. Ek voel net so. Mens hoef nie in mansions te bly met die beste meubels nie, maar fffs skoon moet mens wees op jouself, jou gesin en jou huis.

  3. Ag Brein, wil jy nie my garage en wendy ook kom regpak nie?

  4. Ek gaan eers wag vir spring voordat ek gaan springclean🙂

    Maar stem saam oor die skoon wees op jouself en huis ens. “Cleanliness is next to godliness” is Kuifie se spreekwoord, die man sien germs raak, wat my op maak.

  5. Ek is die een in die huis wat ‘n stryd voer om dit netjies te hou – dis nou as Ingilsman daar is. Hel hy kan omkrap. Ek geen nou een spaarkamer vir hom om sy klere en als in rond te gooi na hartelus, maar hy doedoe by my! Maar hy het weer ‘n ding oor ‘n oorvol yskas, en goed wat nie weggegooi word nie. Jis hy kan kerm daaroor. Ek probeer so hard die yskas skoonmaak voor hy kom, maar kry nog goed wat oor hulle due date is!

  6. Annie shit klink soos pappie. Fokkit kan my mal maak. En kos wat innie yskas oorbly. Ai jai jai. En hyt juis die ding om innie oggend as ek net my ogies oop dan doen hy daai benamings.

  7. Annie as die geld reg is pak ek hulle reg.(lol)Ek hou van `n vol yskas dan kan my kakebeen heel besig bly.Maar soos iemand eendag gese het die groente houer onder in `n yskas is `n “vars groente en vrugte vrotmaker kassie”

  8. Hehehehe Die Brein

    Ek sien die Brein agter die brein het jou weer uitoorle.
    Sodra jy begin stir en moeilikheid maak by die huis dan laat sy jou werk dat jy kan besig bly en ophou kwaad doen.

    Twee ledig
    1) Terwyl jy besig is doen jy nie kwaad nie.
    2) As jy klaar is, is jy te styf en seer omkwaad te doen en lastig te wees.👿😀😆

  9. Wit Ridder dit hang af wat jy bedoel met “te styf” Bwa ha ha ha ……Dan is ek listig en nie lastig nie.hehehe.,

  10. Oh oh

    Tussen Ridder en Brein, gaan hier moeilikheid kom!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: