Jou sterre! **ons probeer weer**

geplaas deur Anniegetyourgun

Waterdraer (20 Jan – 18 Feb):
Jy is verbeeldingryk en geneig om aggressief te wees. Andersins lieg jy baie en is geneig om roekeloos en onprakties te wees – daarom maak jy gedurig dieselfde foute oor en oor. Almal dink jy is ‘n onnosel donner.

Vis (19 Feb – 20 Mrt):

Jy verbeel jou allerhande dinge en dink dikwels dat jy deur die speurdiens en polisie agtervolg word.
Jy het baie min invloed oor jou vriende en mense vang ‘n gly in jou omdat jy jou posisie misbruik.
Jy’t geen selfvertroue nie en is oor die algemeen ‘n lafaard. Jy mishandel klein diertjies en is basies f#cked up.

Ram (21 Mrt – 19 Apr):

Jy is die pionier tipe en dink baie min van ander mense.
Jy is kort van humeur, ongeduldig en vee jou gat af aan enige raad.
Ramme is sterk kandidate in draadtrekkompetisies.
Jy is ‘n bliksem.

Bul (20 Apr – 20 Mei):

Jy is prakties, hardkoppig, onwrikbaar en werk ‘n kak hou. Mense dink jy’s obstinaat en hardegat.
Mense onder die Bul teken hou nie van water en seep nie en briekmerke in hul onderbroeke is kenmerkend van alle Bul mans.

Tweeling(21 Mei – 20 Jun):

Jy is vinnig , intelligent en ‘n denker.
Mense hou van jou omdat jy baie seksueel aktief is.
Jy is geneig om te veel vir te min te verwag.
Dit beteken jy is ‘n goedkoop bliksem.
Jy poep graag in hysbakke en aan tafel.

Kreef (21 Jun – 22 Jul):

Jy is simpatiek en het begrip vir ander mense se probleme. Hulle dink jy’s ‘n doos.
Jy kan ook nie besluite neem nie, jy’s ‘n professionele pateet en dryf mense tot selfmoord.
Dis waarom sielkundiges jou vermy en jy lewenslank ‘n drol sal bly.

Leeu (23 Jul – 22 Aug ):

Jy is die kunstige tipe en hou moeilik tred met die werklikheid. As jy ‘n man is, is jy waarskynlik ‘n moffie.
Jou kanse vir werk en geld maak is pateties.
Die meeste Leeu-mans het impotensie probleme en die Leeu-vroue is slette.

Maagd (23 Aug – 22 Sep):

Jy is die logiese tipe en haat wanorde.
Jy soek graag kak.
Hierdie kaksoekery maak jou vriende siek.
Jy is koud, toon geen emosies nie en spyker slegs uit verpligting, wat gewoonlik so ‘n powere poging is dat jy
vergeet waarmee jy besig is en dikwels aan die slaap raak voor jy klaar is.

Weegskaal (23 Sep – 22 Okt):

Jy dink jy is ‘n gebore leier, ander dink jy is voor op die wa. Meeste weegskale is boelies met bliksemse humeure.
Jy dink te veel van jouself en verwerp goed bedoelde kritiek. Jou hooghartigheid is ‘n pyn in die gat.
Weegskaal mense steel maklik en soen spieels.

Skerpioen (23 Okt – 21 Nov):

Jy is uitgeslape in besigheid en kan nie vertrou word nie.
Jy sal die hoogste sport in die lewe bereik ten spyte van jou goor asem.
Die meeste skerpioene het kriminele rekords.

Boogskutter (22 Nov – 20 Des):

Jy is optimisties en entoesiasties. Jy het ‘n roekelose manier om op geld staat te maak, omdat jou enigste talent kakpraat is.
Die meerderheid Boogskutters pleeg owerspel. Mense lag vir jou omdat jy altyd ‘n gat van jouself maak. Jy sal maar altyd ‘n aap bly.

Steenbok (21 Des – 20 Jan):

Jy is konserwatief, vreeslik bang vir enige risiko en is nooit ‘n bok vir sports nie.
Daar was ook nog nooit ‘n Bok van enige belang in die lewe nie.
Jou bure is altyd verlig as jy wegtrek en prostitute weier om jou as klient te he.
Bok-mense moet dit ook vermy om lank stil te staan – honde
pis graag teen hul bene.

10 Responses

  1. Wel ek is `n Boogskutter en ek like die owerspel eienskap, sodra dit Salma Hayek of Jennifer Aniston is sal ek nie omgee nie.

  2. Mmmmm…Salma Hayek…drool

  3. Ek hou daarvan om aan tafel te poep! Wie het gese die goed is verkeerd? I am a believer!!

  4. Ja ma ek is nie enige slet nie!

  5. Ek hou meer van my eie Aqaurian stukkie van gister.😆

  6. Prostitute weier om my vir ‘n kliënt te hê? Hel ek is seker te konserwatief vir hulle, of miskien ruik ek na hondepiepie? 🙂

  7. Whahaha… ek is f#ucked-up en die polisie agtervolg my!!

    Ek sit nog met ‘n Leeu, Bul en ‘n skerpioen in die huis – Ai.

  8. Die Ram en die Bul s’n is skreeusnaaks!!

  9. Hulle is helemal verkeerd oor krefies. Krefies is die beste mensies. Hehehehehhehehehe

  10. As jy nie uitgeslape is in besigheid nie gaan jy anyway jou alie sien en wie wil nou vertrou word.
    Tanne borsel is tydmors as jy wil geld maak en buitendien as jy bo is ruik die ander eerder jou alie as jou asem.
    Wat si die lewe in elek geval as jy nog nisk gesteel het nie. Gesteelde geelperskes is altyd lekkerder as gekooptes. By the way, Its my right.👿

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: