Jy sal hang aan jou nek totdat jy DOOD, DOOD, DOOD is.

Jy sal hang aan jou nek totdat jy DOOD, DOOD, DOOD is.

Ek, Die Brein het in die vroee tagtigs as jongman, die bizarre vooreg gehad om twee maal in `n hof te sit en `n regter se uitspraak aan te hoor waarin hy twee veroordeelde moordenaars galg toe gestuur het.Albei was blanke mans die een veroordeelde in sy 30`s het `n ouman van in die 70 wreedaardig aangerand en daarna met `n mes doodgesteek vir ses rand..Die ander was `n jongman van om en by 25 jaar wat `n 17 jarige meisie uit `n diskoteek uitgelok het haar na `n verlate huis gevat , verkrag, verwurg en daarna met `n mes gesteek het, hy het daarna oor haar lyk geurineer.Ja dis swaar om die realiteit te verwerk dat die mense wat jy nou hier sien, binnekort nie meer daar sal wees nie.Maar mens berus daarby dis die verloop van die lewe so het ek dit hanteer.Ek was gewoond daaraan om gewone straflasbriewe te hanteer wat in swart gedruk was, skielik sit jy hier met `n lasbrief wat in rooi gedruk is met die woorde in rooi en bold DOODSVONNIS LASBRIEF.

Ek onthou nog hoe ek soms douvoordag werk toe gery het en hoedat Radio Suid Afrika (RSG) aangekondig het dat die Departement van Gevangenis vanoggend ses veroordeelde misdadigers tereggestel het en dan miskien een wat deur die staatspresident begenadig was.Dit was aanvaarbaar en het soos water van `n eend se rug afgerol en JA ek is `n pleitbesorger vir die doodstraf. Sake moet op meriete hanteer word , misdadigers skuil agter die term “menseregte.“Ek se menseregte se gat `n lewe vir `n lewe, en howe moet sulke sake spoedig afhandel, appel moet binne drie maande geskied en die wagtyd vir teregstelling moet minimaal wees.En enige iemand wat daarteengekant is,dink daaraan as dit jou kind of geliefde was wat wreed vermoor word wat sou jy wou he?

Wie onthou Chris van Niekerk , sanger van vervloe dae ek dink hy was die eerste “alternatiewe sanger” lank voor Johannes Kerkorrel, Randy Rambo en die Roughridders en Joos Tonteldoos en die dwarstrekkers, sy een hit was “Nog net `n halfuur om te gaan”.Die lied het gehandel oor `n man wat iemand vermoor het en sy laaste halfuur beskryf het voordat hy tereggestel was.Op die einde sing hy “ek voel hoe die strop styf trek en goodbye weg is ek!”

Ek plaas die uit Mielestronk.
“Meer as 4200 Suid-Afrikaners het tussen 1910 en 1989 aan die galg gesterf. Sowat die helfte van hulle is tereggestel tussen 1978 en 1988 toe die stryd teen apartheid op sy hewigste was.Benewens vir moord (waarvoor die galg verpligtend was, tensy die beskuldigde versagtende omstandighede kon bewys) sou Suid-Afrikaanse howe ook die doodstraf kon oplê vir hoogverraad, kinderdiefstal, verkragting, roof met verswarende omstandighede, huisbraak met verswarende omstandighede, sabotasie en terrorisme.“ Is jy pro-of anti doodstraf?

Wel ek dink die doodstraf moet een of ander afskrikkingswaarde he , vat nou maar vir Sadam  Hoesein, sedert hy terregestel is het hy nog geen kak weer aangejaag nie.Bwa ha ha ha ……

22 Responses

  1. Pro-doodstraf. maar ek sal nagte met jou kan omredeneer oor die pro- en die anti- deel. Dit was die lekkerste deel van my LLB – om hieroor te redeneer🙂

  2. Ek weet mens kan hare kloof daaroor maar, kom ons hou dit kort en pro terwille van hulle wat dit verdien.

  3. Ek’s ook definitief pro-doodstraf. Ek’s egter pro enigiets wat hierdie lawlessness in SA kan omkeer in gemoedsrus as jy saans na 10 buite jou huis rondloop.

  4. Die Brein, daardie 17jarige meisiekind was die dogter van ‘n baie goeie vriend van ons as jy praat van die Oosrand voorval. En wat jy hier beskryf is nie eers alles wat daardie man met haar gedoen het nie. Sic.

    Pro-doodstraf!

  5. Zee ja dit was aan die Oosrand.Ek kon nou nie die ou se van onthou nie, maar sal probeer en jou laat weet. Het jy `n blog ek probeer in gaan maar word heeltyd afgegooi.

    Sonkind, gee `n paar punte vir pro en anti ek dink tog dit sal interessant wees.

  6. http://zee3.wordpress.com Hoop jy kom so in Breintjie!

  7. PRO DOODSTRAF! Hang die bliksems. Veral as hulle oumense en kinders doodgemaak het! En gee sommer doodstraf vir die wat diere mishandel ook (hehehehehehehe hoe lekker kry ek nou!)

  8. Definitief pro-doodstraf as koelbloedige moord bewys kan word. As jy iemand anders van hulle reg tot lewe ontneem het, het jy in my boekies nie meer menseregte nie, want jy klassifiseer nie meer as mens nie.

  9. Pro, en dan moet dit sommer dieselfde dag met die vonnis afgehandel word😈

  10. Pro!!

    Ja koeksister, ek stem saam met jou. Dit moet sommer diesefde dag gebeur.

  11. Ek wil nie oor ‘n paar maande vir sy steak en chips en dop (last meal) betaal nie. Charity begins at home.

  12. PRO beslis. veral verkragtes van klein kinners en moordenaars van ou mense.

  13. Dankie Zee ek sal gaan inloer wat jy kwyt raak.

    Ok maar wat se metode sal goed wees vir doodstraf, vuurpeleton, elektriese stoel, inspuiting, galgtou of doodmarteling in sekere gevalle.Wat van strawwe soos ontmanning, ledemaat amputerings ens.

  14. Hallo Almal weer teurg vir n slag, More ry ons af see toe vir die naweek, net so wegbreek.

  15. Breintie, die familie wat ek van praat se van is Kleynhans. Die ou het die doodstraf gekry, maar toe kom Mandela aan bewind en stop die doodstraf, nou ja, nou sit hy lewenslank!

  16. Eish die spelling, Breintjie!

  17. Nee die ou waarvan ek praat loop erens in die hiernamaals rond, hy was tereggestel.Waar het ek verbrou met die spelling?

    Parkes geniet dit by die “Zee” die naweek en mooi ry, jy moet my weer mail, want ek het jou mailadres verloor.Julle moet mooi ry.

  18. Brein, nee dit was ek, ek het Breintie gesê ipv Breintjie😆

  19. Wel vandag met moderne tegnologie kan ‘n persoon se skuld bo alle twyfel bewys word en dit is die maatstaf.
    As daar dan geen versagtende omstandighede gevind kan word nie, stem ek saam moet die doodstraf toegepas word.

    Wat help dit almal kry lewenslage tronkstraf. Baie van hulle vergryp hulle juis aan misdaad om te kan gaan sit in die tronk. Want die tronk is ook nie meer ‘n afskrik middel nie, meer soos ‘n vakansie hotel met beperking op beweging.

    Groete van Huis tot Paleis en Pondok en Varkhok.🙄🙂

  20. Dankie Wit Ridder ja deesdae is tronk nie meer tronk nie die ouens het baie meer regte daar as voorregte.

  21. hi. waar kry ek die song van Chris van Niekerk oor die doodstraf. Ek het hom al van tevore gehoor en sal graag weer.

  22. Die swaard is in die hande van n regering wat dit nie gebruik nie. Eugene de Kock boet erger as die dood terwyl sy hanteerders whisky drink

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: