Ou Patriotisme of weird songs?

Kom ons wees bietjie patrioties soos van ouds.Wie kan nog die volgende onthou? Ek sing vir my dogter (21) die volgende , haar kommentaar is as volg nee shucks sy like nie sulke weird liedjies nie.As hulle maar net weet…………….

O, BOEREPLAAS

O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die wêreld rond,
waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.

O moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.
Die wêreld, rykdom, prag en praal
kan jou verlies my nooit betaal.
O moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.

O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.

DIE VLAGLIED


Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
Vir naaste en vreemde,vir oorman en kneg;
Die pand van ons erf’nis,geslag op geslag,
Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
Uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
Die vlag van ons eie Suid-Afrika.

ORANJE, BLANJE , BLOU.

Die Hoogland is ons woning,
die land van son en veld,
waar woeste vryheidswinde
waai oor graf van meenge held.
Die ruimtes het ons siel gevoed,
ons kan g’n slawe wees,
want vryer as die arendsvlug,
die vlugte van ons gees.

Koor:


Dis die tyd, (herhaal)
dis die dag, (herhaal)
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, (herhaal)
hoog die vlag, (herhaal)
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!

Dan vir my die cherrie op die koek is die laaste strofe van Die Stem, dit span die kroon op alles van Afrikaner wees.

Op U Almag vas vertrouend, het ons vadere gebou,

Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou.

Dat die erwe van ons vadere, vir ons kinders erwe bly,

Knegte van die Allerhoogste , teen die hele wereld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou , O Heer,

Met ons land en met ons nasie, Sal dit wel wees, God regeer.



5 Responses

  1. Baie cool inskrywing. Definitief nie weird songs nie. Onthou julle ook nog Die Lied van Jong Suid-Afrika? En Groen is die Land van Natal?

  2. Onthou al die songs. Ek wou net sê en wat van die lied van die jong SA. Dis ook ‘n great een.

  3. Boegoeberg se Dam ???? Smile

  4. Is jy seker jou dogter hou nie van die liedjies nie, of is dit dalk omdat jy gesing het? 😉

  5. Wel ok miskien was ek vals, nee sy like nie die ou liedjies nie, ek dink hulle verstaan nie ons verlede lekker nie.

Leave a reply to koeksister Cancel reply