Vriend of vyand?

“A good friend will bail you out of jail. A best friend will be there right next to you saying, “That was fun, wasn’t it?”

Wie van julle het sulke pêlle? Ek het nie, om die een of ander duistere rede kan ek net nie ‘n goeie vriendin “optel” en hou nie. Ek het so onlangs gedog ek het, maar het verlede week tot die slotsom gekom sy’s eintlik net ‘n mooiweersvriendin, wat ‘n shocker….

Anniegetyourgun het nou die dag genoem van haar vriendin van kleintyd af, en hulle is nou nog goeie pêlle. Ek beny jou so. Ek het wel my sussies, maar….., hulle is my sussies (to close to home”) 🙂

Miskien eendag…..ek gaan jou kry, ek weet jy’s daarbuite, my sielsvriendin.

Twisted Sister

26 Responses

  1. Ek glo vas jou beste vriend of vriendin moet NIKS soos jy wees nie. Was nog altyd van mening dat die twee van juklle soos ying en yang moet wees, dag en nag.

    My beste vriend is nie so “slim”soos ek nie, maar hy het street smarts. Dans hy ook baie beter met sy hande as ek as dit kom by goed bou en regmaak. Hy ondersteun die Bulls en ek die WP. Ek ken hom nou al 21 jaar en ruil hom vir niks.

    Ja, by tye maak julle mekaar de moer in, maar dit gebeur in die beste van huwelike! 😀

    Hy sal 4 uur die oggend uit Somerset Wes ry om my uit die tronk te bail, sonder om vrae te vra! My ander vriende sal eers klaar slap of met swaar voete daar aankom, maar dan weer, ek en hulle is weer so eenders.

    Ek se jou, soek een wat NIKS soos jy is nie!

  2. Ja Pagoda, ek stem. My beste vriendin bly in Tzaneen en ek sal enigiets vir haar doen en andersom.

    Ons kan lekker kuier, gesels en sommer net laf wees. Sy ken al my “in’s and out’s”. Ek mis haar baie.

    Koeksiter – Jy moenie te hard soek nie, jy sal haar wel raakloop en net “click”.

  3. Weet jy wat is die lekkerste? Om ‘n vriendin te hê by wie jy net kan afpak as dit nodig is. By wie jy geen masker hoef te dra nie, en by wie jy 100% eerlik met jouself kan wees. Sy hoef niks te doen nie, sy hoef net te luister en jou nie veroordeel nie. Maak nie saak wat jy aangevang het nie. Ek het so iemand, en sy is vir my baie kosbaar. Ons trap nie mekaar se drumpels deur nie, maar as een van ons die ander die dag nodig het, is ons daar vir mekaar.

    Ek hoop jy vind haar. 😉

  4. Dellie, dis nou wat ek soek!!!, jy slaan die spyker op die kop.

    Dankie Koekie. geniet jou vriendin

    Pagoda… 4 uur die oggend in die tronk ! 😉
    Topic vir ‘n ander dag? Hehe

  5. Ek het so vriendin. Eintlik noem ons mekaar sussies. Sy kak my uit as ek aanvang, is altyd positief en hou my oppie regte pad. EN glo my dis nie altyd die maklikste ding om te doen nie. Ons is noual vriende van (ek dink) 1991 af. In my tye van swaarkry etc was sy daar vir my. Sy laat NIEMAND van my kak praat nie en sy praat ook nie van ander mense nie. Sy is en was en sal altyd my sussie bly.

  6. Ai Koeksister, dis iets wat elke mens moet hê, maar ek weet in vandag se lewe is daar so baie selfsugtige, vals mooiweersvriende. Ja weet jy ons is eintlik 3 wat al vanaf graag 1 (1971) af pelle is. Ons het alles saam gedoen, toktokkie gespeel, so gelag as ons weghardloop dat ons ons natpiepie, mekaar poetse gebak, saam begin vry, ens. Daar is net te veel om op te noem. Ek is regtig bevoorreg. Ek bespreek nou nog goed met hulle wat ek nie met my susters kan bespreek nie. Die een is egter vir my so bietjie meer spesiaal en so ‘n plat op die aarde mens (sy bly steeds in Rustenburg). As ek en sy vir mekaar kuier dra ons niks make up en loop in ons pajamas, eet, eet, en eet, skinner, eet, en drink wyn. Dis salig.

    Ek glo ook jy sal wel ‘n opregte vriendin kry Koeksister!

  7. Ag Koeksister jy kan intussen Annie se pel wees

  8. En myne ook as ek tog net hele dag hier kan wees

  9. Annie en Phibbs, julle maak my dag, die pajama rondlopery en niks make-up, en wyndrinkery klink egter hemels!!!

  10. Hi koeksister, om so `n persoon te kry is nie maklik nie, maar hul is daar iewers, ek het ook al baie stelle af getrap met mooiweers vriende, ek glo as my vriendin slg praat van ander kan sy dit ook met my doen, is ek verkeerd of nie?

  11. Koeksister, ek het so `n vriend ek is nou 44 jaar oud en hy ook ons is al boesemvriende sedert 1972 (36 jaar al) en deel mekaar se diepste geheime en bewaar dit.Ons is lekker stout as ons saam is en dis lekker as ek en hy saam kuier.Ons is nie soos vinkel en koljander nie, maar ons vul mekaar aan.

    Ons kan ook lekker kwaad raak vir mekaar en is altyd daar vir mekaar.Ja soos Annie hulle bak ons poetse waar ons kom en die girls moet keer vir hulle wickets.

    Annie lyk my ons is albei van die babyboom era.Kwaai man.Hy bly in Secunda en ek in Springs vyftig minute van mekaar af weg.Ons stry altyd oor wie is die mooiste en lyk die jongste.

  12. Koeksister, my vrou het ook maar al die jare mooiweersvriendine gehad en susters, maar sy se ons dogter is haar beste vriendin. Maar ek dink nie dis dieselfde nie.

  13. Koeksister
    To close for home???????Dankie hoor!!!
    Wel ek het baie vriendinne van skooldae oor en oral waar ek gaan maak ek vriendinne maar die enigste mens wat my diepste geheim ken is een van sussies. Want dit is wat sussies doen ons share ons huil en ons lag. Dit is net to close to home wanneer jy dit so verkies. Dit is soms die to close to home girls wat daar is wanneer jy hulle die nodigste het.

  14. Eish koeksister jy nou innie akkies? hehehehhehe. Nou ja hele ek sal weer na ruk opkom. Ek maak more klaar by die werk, maar als is alreeds oorgegee. Ek sal dus ook nie by ‘n rekenaar kan kom nie. My rekenaar by die huis is opgepak alreeds. Ek sal kontak maak as my rekenaar annerkant opgesit is. Dankie vir julle ondersteuning en vriendskap. En Pagoda: Jyse moerse ou hoor en ek weet enige iemand wat jou as vriend het, het ‘n vriend vir lifetime. Annie, ek sal sms lol. Koekie, bytjie, parks, Lizet, koeksister en allie anner (bons etc etc) ek kyk uit vir julle ne.

  15. Ons ga jou mis Phibbs.

    Het jy nie dalk iemand gemis nie.?? Of het jou BREINTJIE ook opgepak…hehehe. Jy’s innie akkies.

  16. Phibbie at least is dit net tydelik en ons hoor gou weer van jou.Veilig reis.

  17. Koekie jy spel dit: Koeksister nie koeksiter nie, dog ek se maar net. 😀

    ‘n Goeie vriend en pel is skaars en dis daai een wat jy met alles kan vertrou. Dis die ou wat jy vreeslik sal mis as hy met jou vrou wegloop. 🙄 😆

    Phibbie sterkte en alle voorspoed tot weersiens.

    Groet van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 🙂

  18. 😉 Phibbs

    See you on the flipside!

  19. Melktertjie, wat ek bedoel met to close to home is, ek KAN jou nie alles vertel nie want jy’s familie, ek soek iemand wat verwyderd is van my familie wat ‘n geduldige oor het, ens. ens. ens. Jy bly maar my favourite 🙂 sjjjjt, moenie dat dit ander dit hoor nie!!

    Phibbie, geniet dit en voorspoed 🙂

    Dankie vir die spelling WK……. 😉

    Stem saam met jou vrou Brein, ek het baie fun met my dogters, maar weereens, mens kan ook net soveel vir hulle vertel.

    Miskien moet ek vir my ‘n dagboek aanskaf >sug<

  20. Brein, die babyboomers rock!

  21. Whahaha White Knight – jy nog nooit ‘n ou spelfoutjie gemaak nie??

    Ek dink KoeksiSter kan darem tussen die lyne lees..hehehe. Sorry vir die ou spelfoutjie sister. Ek is al Koekoe genoem.

  22. Goeie more almal. Ek het ‘n helse laaang week gehad wat voel of dit nog steeds nie klaar kry nie.

    Pagoda jy moet my nou maar skel, maar Phibbie hierdie is vir jou :

    “I wish you enough sun to keep your attitude bright no matter how gray the day may appear.
    I wish you enough rain to appreciate the sun even more.
    I wish you enough happiness to keep your spirit alive and everlasting.
    I wish you enough pain so that even the smallest of joys in life may appear bigger.
    I wish you enough gain to satisfy your wanting.
    I wish you enough loss to appreciate all that you possess.
    I wish you enough hellos to get you through the final good-bye.
    TAKE TIME TO LIVE….. I WISH YOU ENOUGH

    Sterkte ou girl, ons gesels gou weer !

  23. Toemaar koeksister jys vergewe (jy sien dit is ook wat sussies doen, hulle hou nie grudges net) My filosofie op beste vriendinne is moenie soek vir net een nie. Ek het baie vriedinne en elkeen van hulle bring iets in my lewe. As ek wil praat is daar spesifieke een, as ek wil skinder ‘n ander as ek wil jol en laf wees ‘n ander ens. Ek kan myself wees by almal ek hou nie front voor nie. Maar ek is net so goeie vriendin vir hulle.

  24. Alles reg oor die spelling Koekoes !

    Thanx Melktertjie 🙂

  25. Bons…hoekom moet ek skel…oor die comment so lank is?
    Het jy al van myne gesien?

    LMGA!

  26. Pagoda, dankie man!

Leave a reply to Phibbie Cancel reply