Een aand op `n trein.

Een aand op `n trein.

Die Brein en `n mooi getroude vrou ,wat hy nog nooit voorheen ontmoet het nie,bevind hulle per abuis saam geboek in `n transkontinentale trein in dieselfde slaapkompartement.

Natuurlik in die verleentheid en ongemaklik oor die situasie omdat hulle `n slaapkompartement moet deel, is albei baie moeg en raak gou aan die slaap,hy in die boonste kajuitbed en sy in die onderste.

So om en by 1H00 die oggend word hy wakker en leun vooroor en se: Ag dame jammer om te pla maar kan jy asseblief vir my `n ekstra kombers aangee ek kry vreeslik koud.

Toe antwoord die dame en se , nee ek het `n beter idee, Net vir vanaand kom ons maak asof ons getroud is.

Wow! se Brein dis `n moerse idee.

Goed so se sy………………………..KRY JOU EIE FOKKEN KOMBERS!!

Na `n verbysterende oomblik van stilte , gee die brein `n poep en slaap verder.

Die volgende is met krediet aan Piet Coke.

‘n BMW verander jou egter nie in ‘n doos nie. Jy is reeds een voor jy inklim. As daar regtig nie hoop vir jou is nie, ry jy ‘n 530d. Lees dit onderstebo as jy weer agter een ry, en moenie jou kar omdonder van die lag nie.

Moenie onder geen omstandighede vir die Metropolisielid in ‘n padblokkade jou nuwe Fokofpolisiekar CD wys nie.Hulle is gevra om hul naam te verander deur ontstoke ma`s toe oorweeg hulle Fokkofpolisiemotor.Gelukkig is hulle nou Van Coke Cartel.

As gevolg van breakfast-rallies op Sondae, is die kerke leeg en die Wimpy’s vol.

Moenie jou regteroor met jou selfoon krap terwyl jy gaap nie. Die Metropolisie gaan jou nie glo nie, vir jou vertel jy praat kak en jou beboet vir ‘operating a mobile phone in traffic’. Jy mag egter wel wettig ‘n lipstiffie, Magnum roomys, Phillishave, sigaret, stout kind se oor of DSTV-remote in een of meer hande hê terwyl jy bestuur.

18 Responses

  1. Baie oulik. Maaaaaaar, jy vat nou aan my! Ek is ‘n BMW d@@s! hehe Maar dis lekker!

  2. 😆 vir die treinstorie. Laat my weer dink aan my vlug-episode van Sondag oggend…😆

  3. Julle ouens gaan my moet verskoon vandag, besig met bridal expo’s en voorbereiding vir troues more, Sorry Pagoda, sal more eers ‘n posting kan insit, het nie eens tyd om jule postings te lees.

    Gaan groot😉

  4. Jy is verskoon koeksister…huhum.

  5. Oulik Brein.

    Whahaha, jy’s darem ‘n oulike BMW d@@s Annie!!

  6. Ag Annie sorry man jy is uitgesluit van die een.

    Maar sorry dis 99,9% die geval.

  7. Nee daar stem ek nie saam nie Breintjie. Beemer bo!!!!!!!!! Toet! Toet!

  8. Wwrrrrrrrrrrrrrrrrrrm wwrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrm
    Eeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeek

  9. Whahahaha @ Treinstorie!

  10. Uiteindelik bietjie relax, histeriese bruide en benoude bruidgegomme, inmengerige ma’s en bedroefde pa’s (beursie is bietjie platter), my dag was vol…..

    Pagoda, my posting is gepost.

    Lekker stories Brein, hou van die een van die metropolisie🙂

  11. Annie selfs oorlede JohannesKerkorrel het die spot met BMW bestuurders gedryf, my swaer en skoonsuster ry albei BMW`S en ja hulle kan gaan as hulle by jou kuier, maar as hulle in daardie kar klim is hulle DOSE regtig.Ongelukkig gaan ek hemelbreed van jou verskil oor BMW bestuurders oor die algemeen, hulle het `n “materialistiese jappie attitude” en dink die pad behoort aan hulle.Jammer oor die een.

    Gaan Google bietjie “BMW BESTUURDERS” op pages from South Africa.Ek dink dit was Rapport of Beeld wat een dag `n pole gehou het en meer as 75% (meer as 2000 stemme) van motoriste het gestem dat BMW bestuurders dink die pad behoort aan hulle.

    Maar ek neem aan jys onskuldig.

  12. Brein, al wat ek weet is ek ry ‘n BMW (manlief ook) net oor een rede, en dis nie omdat ek ‘n materialistiese jappie attitude het nie. Dis ‘n engineering masterpiece. Ek sal nooit weer ‘n ander kar ry nie!

    Maar ja, so het almal maar hulle eie menings. Gaan nou eers gou dampie maak

  13. Breintjie, bite me!

  14. Brein Ai man ekke ry ook n BMW, en stem saam anniegetyourgun, en sal ook nie weer n ander kar bestuur nie. DIS LIEFLIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  15. Ek ry nou n X3, en dis elke keer n plesier om agter daai stuur in te klim. Ek het al verskeie BMW’S bestuur
    die Z4 is net so lieflik. Die 1 Reeks ook heerlik net bietjie klein.

  16. Dankie Parkes! Ek het iemand in my kamp. Brein gee my pak. Ek ry die 320i en manlief die Z4, maar my hart trek met ‘n punt na die nuwe convertible 1 reeks – het jy hom al gesien? Mooier as mooi!

  17. anniegetyourgun Toe ons vrydag see toe ry het een verby ons gekom hy is pragtig!!!!!! My vriendin is bestuurderes by een van die BMW Dealers en sy laat my gereeld toetsbestuur. Ek het die Z4 vir n naweek gehad. Die 1 reeks vir n week was af see toe daarmee. Ek het al verskeie 320 gery en dan het ek n week die 330i gehad die nuwe shape. As jy eers BMW ry sal jy nie sommer gewoond raak aan n ander kar nie. My vriendin ry die 335i, maar sy het elke week n ander BMW

  18. anniegetyourgun My vriendin het belowe sy gaan die 1 reeks convertible vir my gee vir toetsbestuur.
    My kar moet een van die dae vir n diens gaan dan gee sy gewoonlik vir my n BMW om mee te ry

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: