Kom ons speel Dokter, Dokter……..

Dis my jaarlikse gynie- ondersoek. Papsmeer, mammogram die bleddie lot! Ek kan onthou toe ek jonk was het ek hierdie sexy Italianer gehad, my bynaam vir hom was “magic fingers” Hehe, terwyl hy my ondersoek het, het hy gesels oor Hawaii of oor een of ander eksotiese eiland.

Nou lyk my gynie na ‘n vriendelike teddiebeer, net so rond soos hy lank is, ek het geen idee hoe kom hy verby sy maag by my uit nie, maar niks staan in daardie man se pad nie.

Maar wat my onderkry is die ondersoek, want jy wil net toemaak en toehou, ek rem aan die kamerjas al kante toe, ek knyp styf toe, en nou praat ek nie van my oë nie. Gelukkig is my gynie geduldig ook….

Ek weet presies hoeveel dakbalke teen sy dak is, en waar om die dakwaaier aan te sit, ek haat die kamerjas want dit is pienk en van satyn en ek’s ‘n katoengirl. Maar hoekom noem hulle dit ‘n papsmeer, dit klink sommer dadelik nie lekker nie, man? !😉

Maar ek gaan, want ek weet daarna gaan ek sommer weer pure vrou voel, gesond en veilig, tot die volgende besoek……………

Twisted Sister

17 Responses

  1. Sjoe!
    Jy praat oor groot dinge wat baie vroue OF oor swyg OF oor spog. So, ek het ook `n gyno en ek het ook DAARDIE anatomie. Jis! En ek skip maar liewer die mamogram, tot dusver. Lekker ongesonde gewoonte, ek weet!
    Het net laasweek begin met hormoon vervangings terapie (wat meer natuurlik is) en ek voel stukke beter!
    My lot gewees om op moerse jong ouderdom `n menopouse te strike. Sal moet sien wat vorentoe gebeur.
    As jul wil weet hoe oud hierrie antie is…vra maar gerus!

  2. hoe oud😀 ?

  3. Ja, hoe oud is antie?

    Ek begin nou raak-raak aan die menopause (double damm!!!)
    En ek is 41, dis nog jonk man! ek wil die mammogram baie graag skip, want net die blote gedagte aan my bors in ‘n vicegrip gee my koue rillings, maar as die dokter vir jou sê,”op jou ouderdom, Mevrou…….”

    Need I say more?

    Ps. as hierdie gesprek te “woelig” raak vir die mans, moet julle maar skip….😉 hehe

  4. dis op ‘n weird manier….errrr…ummmmm…nee wat gaan aan😉

  5. Koeksister, dit word ‘n papsmeer genoem omdat een van die dokters wat die toets ontwikkel het se van Papanicolaou is.
    Die regte naam is egter die Papanicolaou toets of dan in kort die Pap smeer (Pap Smear in engels).

    As jy wou weet, dan weet jy nou.

    In gynecology, the Papanicolaou test (also called Pap smear, Pap test, cervical smear, or smear test) is a medical screening method, invented independently by Aurel Babeş[1] and Georgios Papanikolaou, primarily designed to detect premalignant and malignant processes in the ectocervix. It may also detect infections and abnormalities in the endocervix and endometrium.

    Met dank aan en aangehaal uit Wikipedia.

    Groete van huis tot PAleis, Pondok en Varhok🙄🙂

  6. Dankie WK, nou verstaan ek beter, dit sal my dalk leer om in die vervolg my huiswerk te doen voor ek oor iets skryf nê?🙂

  7. 36

  8. Is nog jonk. Jislaaik!

  9. jy’s nog bloedjonk, Sig!🙂

  10. Hoor Hoor vir Doktor Professor White Knight.

    Dankie Here eks nie `n vrou nie, ek dink dit embaraseer mens nogal.Maar ek sal graag `n paar mooi gesonde boobs `n mamogram wil gee.(lol)

    Sigeuner, nee man watse skete het jy jys gans te jonk daarvoor.Menopause en hotflushes, dink julle dit bestaan regtig?Ek twyfel.

  11. Goeie more almal! Jislaaik Koeksister, glad nie ‘n lekker ene so op die Maandag oggend nie. Glo my dis beter om maar eerder al hierdie ou goor goete te laat doen.

    Ek het op 22 ‘n histerektomie gehad omdat ek GELUKKIG die ou smeertjie laat doen het en die dokter allerhande grillies ontdek het. Ek het natuurlik BAIE vroeg die menopause geslaan, maar dit gaan al stukke beter.

    Brein, ek het ook gedink hotflushes is “all in the mind” of net dik anties wat wat moan as hulle warm kry, maar glo vir my hulle bestaan. Ek het dié winter nog nie één keer ‘n trui of baadjie gedra nie, en ek voel permanent of ek besig is om te smelt !

  12. Eish Sigeuner dis erg jong. Sterkte!!

    Ek onthou die eerste gynie besoek. Ons was 4 vriendinne wat saam gegaan het – vir moral support. Ek moes nog eerste ingegaan het ook. OMF, dis iets wat ek nooit sal vergeet nie. Die dr praat met jou maar jy registreer nie eintlik nie, lê net en kyk vir die dak. Jou mond beweeg en daar kom klanke uit maar jy weet nie eintlik wat jy sê nie. Dit was vir my aaklig!!

    Ons was maar 19, 20. Jy konsentreer net op sy hande, waar’s dit nou en waarheen is dit oppad. Nee hel!!

    Ek moet sê na twee geboortes is daar niks wat my meer kan embarres nie. Dan stress my man as hy moet gaan vir ‘n ondersoek….haha.

    Brein – ek kan jou belowe hot flushes bestaan genuine. My arme skoonma, ek het haar al gesien. Ewe skielik is sy so rooi soos ‘n tamatie en die sweet tap haar af. Nee dis erg hoor.

  13. Koekie, ek kon dit nie beter geskryf het nie😉

    Bons, voorspoed vir jou, somer is om die draai………!

  14. Brein
    Helemal te flippen jonk vir sikke goed, maar dis die reinste wit waarhyt.
    My warmgloede het ek nou al agter gelos en sukkel nie meer daarmee nie. Die enigste gloede wat ek nou-nog kry is vir Liefie.
    Gelukkig kan ek nie eierstok kanker kry nie, want die dem goed het sommer so vanself helemal weggekrimp. Gone with the Wind.

    As enige van julle girls `n natuurlike alternatiewe uitweg soek vir verlore hormone, kontak my. Daar is selfs oulike goedjies vir die die wat nog so sonder truie loop in die koue!

    E-pos is: Pagoda hoe gee ek nou hierrie info, sonder om gespam te word?

  15. Ag steeds dink ek dis ouvrou stories “warmgloede” ek kry dit ook as ek langs `n mooi gewillige vrou sit.(lol)

  16. Whahaha….

  17. Eish Brein🙂

    Sal jou kontak Sig

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: