Dark Knight – Heath se swan song!

Vir jare nou al word Hollywood oorheers deur sterre wat nie Amerikaans is nie.  Nicole Kidman, Mel Gibson, Hugh Jackman, Russel Crowe, selfs ons eie Charlise Theron se sterre skitter blinker as smaragte in die land van die ster verstrooide banier.  As daar nou een ding is wat Oz goed kan doen is dit om sterre te kweek en hulle die wereld in te stuur.

Een van daardie sterre wat maar onlangs gebore is, was Heath Ledger.  Ek sien myself as ‘n moerse movie buff.  Inteendeel, enigiets wat met entertainment uit te waai het vreet ek op soos smarties.  As was gebore om te act en kreatief te wees en kom ek se nou vir julle een ding…om in Brokeback Mountain die gay lover van Jake Gyllenhaal te vertolk het guts gekos / gekots.

Toe word hy die jaar dood aangetref na ‘n skynbare oordosis dwelms (baie se dit was preskripsie pyndoders, maar hel…ek weet darem nie).  Ek het nie eers geweet dat hy voor sy dood die rolprent Dark Knight klaargemaak het nie.

Ek was nog nooit ‘n groot liefhebber van flieks wat gemaak is van strokiesprentkarakters nie.  Ek het as kind selfs net mooi boggerol gehou van die eerste klomp Batman flieke nie.  Die eerste fliek wat die ouens reg kon doen, was Spiderman, en selfs dit was by tye so “Power Rangers”-agtig ek wou braak.  Die eerste fliek wat toe uitgekom het wat nou rerig my sienswyse verander het, was Batman Begins.  Ek gee nie om watse sondes die ene Christian Bale homself onlangs skuldig aan gemaak het nie (glo sy ma en suster so bietjie rondgeskud – dalk homself te diep in sy rol ingeleef…see the character, eat the character …be the character…ok ek hou op!) maar die man was gemaak vir Batman.  Batman begins het my sokkies van my lyf af geslaan, dus moes ek net eenvoudig, veral oor Heath se laaste rol in die fliek vasgevang is, net vir Dark Knight sien!

WAT ‘n MOVIE!  Ek kannie beskryf watse “tour de force” (Fok, ek issie frans nie, spel ekkit reg?) die fliek is nie.  Heath, as die Joker, laat vir Jack Nicholson lyk soos ‘n sondagskoolonderwyseres.  Sy vertoning is so goed dat ek by tye, en ek is geensins die skrikkerige soort as dit kom by flieks nie, in my broek wou skyt as ek hom sien!  En dit wil gedoen wees.  Aaron Eckhart is een van daardie akteurs wat gedurig beindruk maar seker nooit daardie helse sterstatus sal kry nie, maar selfs hy, in sy rol as die aanklaer, lewer so ‘n goeie vertoning jy sit letterlik vasgenael vir 150 minute!

Die fliek se scenes is so haarfyn beplan en vasgele dat jy moeilik sal kan fout soek met enige aspek daarvan.  CGI, real life stunts en konvensionele aksie word so seamless gemeng dat jy amper nooit eers oplet dat die onmoontlike sopas moontlik gemaak is nie.  Die fliek is ‘n mengsel tussen Heat, Mission Impossible 3 en Speed.  Met goeie kostuums ingebliksem vir good measure.

Ek gee nie om hoe oud jy is nie.  As jy enigsins ‘n hartklop het, gaan kyk dit.  Ek weet ek soek daai DVD sodra hy op die rak kom, al moet ek my laitie karton nappies aantrek vir ‘n maand, maar daai DVD koop ekke!

14 Responses

  1. O…en Rotten Tomatoes gee dit 95%!!!
    Ek is geensins verbaas dat die ouens wat saak maak praat van ‘n oscar vir Heath nie…selfs al grawe hy molle.

  2. Sien vandag al die resensies is Raport. Daardie ou maak my kniee baja lam! Die DVD is ok klaar bestel!

    Pagoda, nee jimmil man! Kom kry klomp second hand Glodina lapdoekke met darie plastiek waterproofs hieso by my!

  3. Trust my, Sigeuner…
    Hoe hy in die fliek lyk sal hy jou kniegkoppe lam maak uit vrees!

  4. Ek en die meisiekinders gaan dit volgende week kyk, onthou ek bly in die Paarl, bietjie agter die klip hier, dinge kom kom eers ‘n week of 2 later by ons uit. Maar na jou resensie Pagoda, sal ek dit definitief op die bigscreen gaan kyk.

    Ek lees jy sien jouself as ‘n moerse moviebuff, my ou….., as hier ‘n gameshow sal kom wat gebaseer is op movies i.p.v. liedjies soos noot vir noot, sal ek jou ‘n go kan gee, hehe🙂

  5. Snaaks jy se juis dit! My vrou se presiese woorde gewees!! Die daing van gameshow oor flieks in plaas van musiek…dan skop ek stof innie ouens se oe.

    Weet jy, jy kan my een scene gee om te kyk…omtrent 10 sekondes daarvan, dan se noem ek jou al die akteurs op wat in die fliek is, die naam van die fliek, waaroor dit gaan, hoeveel oscars dit gewen het (indien enige), die director se naam, ander flieke wat die director gemaak het…ens.
    Dis ‘n curse!

  6. Ek sal ook plan maak om dit te kyk, ek is nie `n moeviese fliekfan nie, maar wag maar totdat dit op DVD verskyn of op een of ander moevie channel.Ek weet net die ou is dood aan `n oordosis , maar het nie `n koekenclu hoe hy lyk nie.

    Ek het seker oor die honderd en vyftig musiek DVD`s en almal originals van Bee Gees tot Shania Twain, van Bellamy Brothers tot DJ Ossewa.En ja ek sal enige een challenge met musiek my vrou en dogter het al gese ek moet op Noot vir Noot gaan meeding.Maar ek sal dit `n skip gee.

  7. Die eerste fliek waarin hy rerig vir homself naam gemaak het was Knight’s Tale. Moerse cool fliek!

    Nee wat, my algemene kennis met musiek is maar swak…stick by movies eerder.

  8. Pagoda, was dit nie The Patriot, waarin hy Mel Gibson se seun speel nie?

    Musiek is ook nie my fortè nie.

  9. Hehehe…. ek sien Koeksister en Pagoda gaan mekaar bietjie aanvat met feite!!

    Ek het ook die eerste keer notisie geneem van hom in Knight’s Tale. Na die fliek was ek mal oor hom.

    Kan nie wag om Dark Knight te sien nie maar sal ook moet wag vir die DVD. Hier in Parys is mos nie flieks nie.

    Ek stem saam Pagoda – Batman Begins was flippen cool om nie eers van Christian te praat nie.

  10. Ha, 1 punt vir my…. The patriot (2000) en Knights Tale (2001),. Hy het natuurlik al van 1988 movies begin maak.

  11. Pagoda, ek sien darie gesig en gan my 10 @ een natmaak van bangeit! Sal ok nie kan wegbly nie, want ek ennie meisies love rillers!

  12. Cool. Ek gaan dit definitief by die IMAX gaan kyk. Kannie wag nie.

  13. Sal Ingilsman vra om dvd vir my te bring. Hy koop die movies goedkoop oorsee en bring vir my – te lekker – en dis nie oorgecopy-de goed nie. Hy het my al lankal verbied om by die ouens op die straathoeke flieks te koop, in fact, ek mag niks by hulle koop nie. Hy het nou die dag The Bucket List en P.S. I love you vir my gebring. The Bucket List was uitstekend. Julle het seker al gesien! Kan ook nie anders as met Jack Nicholson en Morgan Freeman in die hoofrolle nie. En na P.S. I love you wil ek net Ierland toe gaan! Eish daai Irish manne!!!!!

  14. Telwyl ons nou so praat oor vliegtuie ek’s mal oor Jack Nicholson in die Bucket List, het jy gesien hoe spring hy uit daardie vliegtuig.🙂 hehe. Hy gooooooi homself daaruit, die ou wat agter hom vasgemaak was, was eintlik net ‘n bysaak, hehe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: