Glam Guru en ander moegoes.

Fokkit as die Amerikaners met iets vorendag kom dan moet daar mos nou copycatters in Suid Afrika wees wat hulle op een of ander manier wil na-aap.  Wat my gat se deksel is, is die klomp in ons land wat dink hulle is mooi maak ghoeroes.  Meeste van die tyd komplimenteer hulle keuses nie die vroue se lywe en gesigte nie.  Ek onthou nog Looks to Live By, hulle het nog probeer.  Maar hulle het ook die geneigdheid gehad om vroue met die mooiste lang hare se jare lange harde werk in `n oogwink te versnipper.

Dan het die Glam guru nie smaak as dit by klere kom nie, van die dames lyk behoorlik soos ou vrouens met hulle keuse van klerasie.  Die Amerikaanse Extreme Make Over, het nie makeup, klere en haarkappers alleen gebruik nie.  Dit was `n paar weke se proses, met die hulp van plastiese snykunde, ortodontise, sielkundiges, grimeerkunstenaars, haarstilliste, oogkundiges, dieetkundiges, personal trainers en mode kenners wat weet watter uitrustings komplimenteer `n persoon se image.  Maar dit wat hulle hier aan ons publiek afsmeer laat hulle net vir daardie dag goed lyk. Dis nie `n langdurige proses nie.

Die Glam Guru`s van ons land het letterlik nie smaak nie

21 Responses

  1. Ek stem saam Brein! Ek kon die hele naweek weereens nie inteken op 3G nie. Is gatvol.

    Gister het ek en my vriendinne gaan lunch en die lunch het uitgerek tot 11 uur gisteraand. Ek voel baie broos en pieperig vandag. Sal later weer inloer

  2. Ons word darem lelik afgeskeep hier aan die Suidelike punt van Afrika……

  3. Annie – tomato cocktail!!

    Ek stem Brein. Ons afrikaners maak ons name gat met sulke tipe programme. Het jy al Kniediep op Kyk-net gekyk? Dieselfde storie.. Amper soos ‘n Judge Judy maar nou net in Afrikaans. Klomp snert.

  4. Lo julle almal,

    Annie hoop jou b-day was heerlik gister, en mag al jou drome waar word, en pratige nuwe lewensjaar vir jou vorentoe, *mwah* 😛

    Glam Guru uh-uh – nee 1000 maal nee, ek stem saam met Koekie, hulle vergat net die Afrikaners met programme soos daai.

  5. Het nie geweet dis jou b/day nie Annie.

    Hoop dit was ‘n wonderlike dag (klink darem so). Happy, happy!!

  6. Annie ek sien jyt verjaar baie geluk en mag daar sommer nog baie jare vir jou voorle. Hoop jou dag was great.Nou is jy `n ou ANTIE ANNIE.

    Koekie.Ja Kniediep is klomp kak..

  7. Die Glam Guru is inelkgeval so skeef dat hy moet sit en piepie !

    Ek is seker die tande outjie se foto is erg gedokter – met die mooi tandjies trek sy oortjies sommer ook plat en sy haartjies krul skielik………huh????

  8. Hehehe Bons.

    Onthou, daai oukie het die hele package gekry. Plastiese chirugie, tande, oë – elke deng.

  9. Ja Bons dit was `n total extreme makeover.Die outjie was ook op Tv.

  10. Thanx Monna, Koeks en Brein vir die b wishes! Soos ek vandag voel is ek ‘n antie na gister se dam onder die eend uitruk! Wanneer gaan mens leer?

  11. Happy b-day gister Annie, moenie worrie nie, teen more het jou gou weer vergeet.

  12. spelfout : jy gou weer vergeet

  13. Ja jy’s reg Koeksister. Het lunchtyd gaan sweet in die gym en nou voel ek sommer al beter. Ek is seker my sweet het na wyn geruik!

  14. Hehe, nou net ‘n lekker bord pasta wegpak en jy voel weer splinternuut.

  15. Hi Brein, die extreme makeover, is heeltemal ‘n ander ding as wat die Glam Guru doen, so ruk terug was daar mos ‘n program ( ek dink iets met Egoli te doen gehad ) waar hulle mos die ouens en vrouens so Exreme Makeover gegee het ook van tande tot alles. Die Glam Guru is maar net om vrouens te help met grimering en haaarstyle, ek sal jou sê baie vrouens het geen clue van hoe om hulle self te grimeer nie en ek dink dit kan nogal baie help om ‘n bietjie touwys gemaak te word. Ja en die Guru homselwers is maar baie skeef!! maar dit lyk my hy gaan goed aan met die program van hom want hy doen glads roadshows in verskillende dorpe.

    Lekker dag vir jou hoor!! en sommer al die ander hier op die Werf

    Ida

  16. Ok IdaJvr ek weet nie veel van vrouens se ure voor die spieel sessies nie, miskien het jy `n punt beet, gaan dit nog goed met jou?

  17. Hi julle, dis blou Maandag hier by my het net vinnig kom inloer, Annie veelsgeluk met jou verjaardag gister, mag jy nog jare met ons gesels hier oppie werf.

  18. Hello Anniegetyourgun

    Baie geluk met die verjaarsdag en alles wat mooi is vorentoe.

    Wonder net hoe voel die lewer😉

    Groete

  19. HI Brein,

    Met my gaan dit altyd goed, kry net nie baie tyd om te chat nie, maar lees gereeld so laat aande gou hier op die werf, en nog so paar van die ander ouens se blogs, kyk so vinnig die beeld se berigte deur, en geniet die lekker weer hier by ons op die Suidkus, word mos nooit regtig winter hier nie.

  20. Anniegrypjougeweer,

    Liewer laat as nooit nê, baie geluk met jou verjaardag hoop dit was sommer ‘n wonderlike dag vir jou gewees.

  21. Thanx vir al die mooi wense julle!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: