Bedelkartel…deel 2

Ek het onlangs ‘n post geplaas oor die wetters wat my by ‘n supermark gefool het. Julle weet mos, die post wat handel oor die bedelkartel wat ek oopgevlek het!! Hehe!

Dit het nou al so ver versprei dat die moere nou al by alle winkelsentrums is, veral hier in die Brackenfell area!

Gister weer, staan ek by die vleisrak in Pick & Pay en soek ‘n lekker stukkie wors wat ons sommer so tjoef tjaf op die pan kan gebraai kan word en dit saam met eiers en brood verorber kan word…die eenvoudige dinge is soms die lekkerste vir my! Anyway…

Hier staan ta kamtig en kan nie sy maaint opmaak voor die vleisrak nie. Staan, oudergewoonte, met ‘n pakkie cheap wors, van daai wat so lyk soos ‘n mengsel tussen boellie bief, beenmeel en soya. “Bargain Braaiwors – R12/kg”

Die pakkie in sy hand se prystag sê R7.50. Hy sien my en ek dog toe ek gaan hom nou entertain!

“Sorree. Aaaaaim veeeerie haangreeee. Ken you heeelp mee pleees?”

En hy wys vir my die pakkie en die sente in die ander hand! Ek dog toe net daar, kom wat wil, vandag sien jy jou gat pappa!

Ek gryp vir ta agter die nek en sleeptrek die doner tussen die rakke uit en sy voete vat net hier en daar grond…soos ‘n ou met ‘n bedonerde suidooster in sy rug. Die mense staan verstom in die isles en by die tilpunte en kyk hoe die boertjie die ou nou so aanhelp deur se kant toe. Toe ek buite kom met hom se ek nie ‘n woord nie, wys hom net so met die vinger…”Sien die paadjie? Sien jou voete? Volg die pad pappa!”

Toe ek terugstap binne toe klap die eerste drie tille se mense vir my hande! Ek bloos toe natuurlik myself in my kis in, maar anyway…

Ek dink nie ek sal die hele Brackenfell kan skoonmaak nie, maar hulle sê rommelverwydering begin by een lee blikkie se optel en wegsmyt…

12 Responses

  1. Pagoda jy’s classic!! Ek’s mal oor hierdie skrywe. Bravo! 10 uit 10 vir jou. Ek sien al hoe vat Ta se voete net hier en daar grond…..hehehe.

  2. Well done…nee jong hulle sypel nou oral in. Ek het noudiedag gesien hoe ‘n ander een, ook nogal met wors innie hand by iemand vra vir “hulp”. Nadat die ou gehelp het sit hy toe so waar as wragtig die wors terug. Net toe kom die “helper” weer om die hoek en sê ek toe kliphard – Nou gaan jy daai wors koop, of die man se geld teruggee? Die winkelbestuurder kom verwyder toe die ou nadat hy hom maak die geld teruggee het.

  3. Jy moet vir hulle trap, daars geen genade nie. Mens sal nog ‘n breinstoter kry van hierdie boggers.😈

  4. Hehe! Ek sou nie net hande geklap het nie, ek sou sommer vir jou gefluit het ook! Well done!😆

  5. Oe!!!!! Lekker kry ekke nou! Toe maak jy van hom cheap mince!

  6. Pagoda,

    Mooi man, wens ek kon dit aanskou!!! sou graag sy gesigsuitdrukking wou sien.

  7. Hallo Dellie en Sigeuner hoe gaan dit met julle???

  8. Pagoda hier by ons Pick n Pay is daar ook gereeld een wat altyd mieliemeel in sy hand het en try ook al die dames vir n paar sent.

  9. Parkes

    Gaan helemal goed met my, dankie.
    Lol @ dames! Sigeuners mag lang rompe en hoepel oorbelle dra, maar dames? Uh uh Daarom gee ekke nie `n sent nie. `n Vrou wel, ja maar nie `n dame nie. Staan seker op my voorkop, want niemand pla my nie!

  10. Fokkit nou gee jy my `n kwaai idee, maar welgedaan bru mag daar meer sulke begeesterde mense soos jy wees.Ek kan my die senario voorstel.

  11. Ek is al soooo gatvol vir bedelaars Pagoda!!!! Mens kan net nie meer gee nie! En veral die enes by die robotte met die plakkate waarop hulle vertel van hulle honderde honger kinders. Ek weet party mense kry baie swaar, maar ander buit dit weer uit en is te lui om te werk.

    Ook die klompie wat hulle k@k aan mens probeer afsmeer by die robotte. Ingilsman van okkie hulle kakkie. As hy by die robot stop en hulle begin met hom praat (veral omdat hy ‘n afdak-kar ry), dan sê hy: “Do I know you? Don’t speak to me!” of hulle sê vir hom “Mr Summer!” en dan antwoord hy sommer “F@ck off”

  12. Hi Parkes, gaan goed dankie. Daar by jou?

    Wil julle gou vertel van die ou wat hier by ons ronddwaal. Hy kom bedel nie, hy bring vir jou iets. En met iets bedoel ek ‘n suurlemoen, 2×5 sente, of so drie taai rolletjie lekkers, ‘n verlepte blommetjie, of ‘n boomtak… hy het eenkeer vir my ‘n stukkende keyboard (musiek) gebring wat hy erens opgetel het! Of tydskrifte uit Noag se ark. Dan “ruil” hy dit vir ‘n paar koerante. 😆 Hy is nie lekker vars nie, so ons laat hom maar begaan. Hy loop gewoonlik weg met ‘n moerse glimlag, en ek staan ook en grin!😆

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: