Bietjie van diè en ‘n bietjie van daai

Gisteraand 2uur lê ek alleen in my bed, Kuifie is Engeland toe, lekker bang wonder ek wat sal ek maak as ‘n inbreker nou hier instap, ek weet ek sal definitief begin bewe soos ‘n riet, wie van julle het al so gebewe? Dit voel of dit hier agter in jou nek begin en jou hele lyf ruk. Annie, jy het so ‘n dief in jou huis betrap, het jy ook so gebewe? Ek het so gebewe toe ek gaan bungeejump het, ek kon nie my maskara die oggend opsit nie. Ek kon onthou met my dogters se keisersnitte, het ek ook so in die operasiesaal gebewe op die nou bedjie met my maag wat soos ‘n eiland tussen die groen doeke staan. Jy voel soos ‘n stuk vleis wat daar lê, reg om opgekerf te word.

So gepraat van vleis, wie het gisteraand op M-net die program net voor Carte Blanche gekyk? Van hierdie ou wat 1031 pond geweeg het, hulle het sulke dik stukke vleis van hom afgesny, ek het amper uitgepass, ek hoor die deursnee Amerikaner-gesin besit nie eens ‘n stel potte en panne nie. Geen wonder nie, die mense leef net op take-aways.

So gepraat van Carte Blanche, ek kon onthou die eerste keer toe dit begin het, het ek vir Kuifie gesê daar is ‘n nuwe program op tv – “cartey blanchey” Ja, julle lees reg, dis hoe ek dit uitgespreek het. Die probleem is, hy laat my nie toe om dit te vergeet nie, elke Sondagaand vir hoeveel jaar nou-al, roep hy my om te sê cartey blanchey gaan begin. >sug<

So gepraat van potte en panne……………………………blah, blah. blah……

Miskien moet ek afsluit, ek sal dit hele dag so aangaan😈

10 Responses

  1. LOL @ cartey blanchey.

    Ek het dit gekyk Koeksister. Dis vreeslik. Die ergste van als toe hy die heeltyd vra “Am I covered up?” maar ‘n mens kon in elkgeval niks sien, tussen al daai vet nie.
    Sy bed was gebreek en hy het elke liewe dag net daar gelê en eet want hy kon niks anders doen nie. Imagine dit. Dit moet verskriklik wees.

    Nee wat koeksister, jy hoef nie op te hou praat nie, jy ons aan die gang.

  2. laaste sin moet lees “….. jy hou ons aan die gang”

    Wa is al die mense vandag? Ai tog.

  3. Ek bewe ook so as ek oor die tou getrap het.(lol)Ja as my vrou iets stupids al aan gevang het ontgeld sy dit ook vir die res van haar lewe soos wat ek haar terg.

  4. Koeksister, ek weet waarvan jy praat, maar toe ek die ou in my huis betrap het was dit hardloop en skree – niks tyd vir bewe nie. Ek moes net voor daai koeël wegkom. Maar nou met die verdomde rotte op die ceiling raak ek so bewerig, want dan dink ek dis dalk iemand op die dak. Bungee jump?????? Daai een sal ek ‘n skip gee. Jy is baie braaf. Ek spring eerder met ‘n parachute uit ‘n vliegtuig – wil dit eintlik nog doen.

    Ek en Ingilsman het so 2 jr gelede by Sun City Parasailing gedoen – dis vet pret!!!!!!! Maar die probleem was dat hy 2 maal so swaar soos ek is en toe die boot ons begin trek skiet en in die lig op en hy hang soos ‘n sak aartappels en sleep oor die gras – praat van grass burns – hy het nou nog merke op sy bene. Ons pelle het hulle gatte afgelag, en ‘n video daarvan gemaak!

    Praat jy van invryf! Toe ons eenkeer daar naby Gordonsbaai in die topless karretjie ry, sê ek vir Ingilsman, “haai, kyk die sonhorlosies langs die pad!” Hy het so gelag hy moes stop, en toe neem hy ‘n foto van my langs ‘n sonhorlosie om vir almal te vertel. Die “sonhorlosies” was asblikke met ‘n dwars-arm op wat die bobbejane uithou!

  5. Whahahaha Annie, ag nee man! Dis ‘n goeie een. LOL @ sonhorlosie!!

  6. Koekie, ek het dit saam met my 2 sussies gekyk, altwee nurses, hou aan vir my sê “okay, dis nou sy skrotum…., dis sy penis…..” 😯

    Annie, jy sal nie bungee nie, maar uit ‘n vliegtuig spring? eish

    Sê vir die Ingilsman hy moenie sleg voel nie, ek was so gesleep oor klippe en deur die modder, en ek was nie eens blerrie swaar gewees nie!

    Daai boot het my net omgepluk en my parachute het soos ‘n nat lap op die grond bly lê, Kuifie vertel dit natuurlik vir almal wat ore het.

    En hier vertel ek dit nou vir julle………

    lol @ die sonhorlosies🙂🙂

  7. Eish Koeksister, ek moet sê toe hulle begin met die operasie en daai eerste stuk “vleis” wys wat hulle afgesny het, toe skakel ek oor na ‘n ander kanaal. Was so bietjie naar.

    Whahaha…. ek sal hulle gaan aankla vir pyn en leiding!! Ek sien al hoe word jy deur die modder getrek. Ai.

  8. Nee, dinge pla my nie vinnig nie. Kan nie dink wanner laas ek gebewe het….as dit nie van koue was nie? Sal bietjie oor die een gaan nadink.

  9. bewe van banggeit Demoerin

    Koekie, ek gaan sit met ‘n bord hoender & aspersie pot, toe begin die operasie, ek het my bord maar gaan bêre en ‘n sluk whisky geneem………

  10. Whahaha…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: