Interskole

Dis weer daardie tyd van die jaar….. Interskole.

Alle ou-Gimmies en oud-Boishaaiers sak op hierdie dorp toe, dit lyk soos die jaarlikse buffel-migrasie in die Serengeti. Elke lamppaal, leë asblik (die rommel lê gewoonlik op die grond onder die asblik), akkerboom, tralies ens. ens. word versier met geel/goud/maroon (gimmiekleure) of wit/ligblou/donkerblou (boishaaikleure).

Rydinge word ook versier met die linte, as jy so deur die dorp ry kan jy sien hièr ry ‘n Gimmie en doer bly ‘n Boishaaier. Die verkeer is 10x erger, besighede is skielik traag om besigheid te doen, dis asof alles skielik tot stilstand kom, en niemand op iets anders as die interskole kan konsentreer nie.

Daar is ‘n Mnr. en Mej. Interskole gekies, daar is ‘n Interskole-ontbyt, Interskole-dinee, Interskole-dans, en dan is daar ‘n Groot brag en ‘n ladies-brag, en geesvang en so kan ek aangaan.

Maar Vrydagaand…….dan moet jy in hierdie dorp wees, die gees!!! Dis fantasties! Die rook van honderde braaivleisvure hang dik in die lug, oud-skoliere kom van oraloor in die land om hier te wees.

En dan Saterdag, as jy verby die stadion ry kan jy die linte in die kleure van elke skool sien wapper van die oorhoofse ligte af, die dreunsang van die skole, honderde balonne en al die mense………..

Dis hoekom hierdie dorp so tot stilstand kom een maal ‘n jaar, want dis sommer net blerrie lekker.🙂

13 Responses

  1. Wat is die dorp se naam Koeksister?Dit is altyd lekker so `n karnaval atmosfeer.En mens moet deel he aan so iets.Wanneer sien ons `n foto van jou?

  2. Ai die naweek mis ons die inter.Probeer altyd daar wees want dis ‘n belewenis.My kind nie daar op skool nie en ons gaan na hom op Riversdal.Die FNB classic vind plaas daar die naweek Oakdale /Marlow en dit is ook die skool se 80 jarige feesviering.Geniet dit en glo my ons sal op hoogte gehou word.

  3. Laat my na my eie interskole-dae op Rustenburg verlang! Eish, dit was darem maar lekker

  4. Ja, sulke tipe goed is atlyd lekker.

  5. Sy praat van Paarl!

  6. Hier by ons is dit die jaarlikse Derby tussen Goudveld en Gim. Dit was die afgelope naweek. Met my kind uit die skool uit, het ek nogal die hele gedoente gemis. Dit was altyd ‘n fees.😉

  7. Brein, dis Paarl. My foto is oppad…..😉 (ek moet mos werk daaraan, kan nie sommer enige ding op die web plak nie…eish)

    Slons, klink of julle net so lekker gaan kuier op Riversdal

  8. Maak julle ook die hele dorp so op Dellie?

  9. Hi Koeksister, ek het Sondag so deur die werf gegaan en gelees van die goed wat ek gemis het, daar sien ek by verjaarsdae, herdenkings, ens, jou inskrywing raak 4de Junie om 2:50, jy praat daar van Hugo Nieuwoudt, ek was so verras, ek ken hom baie goed, hy was op Stilfontein höerskool gewees, het met my dogter uitgegaan, hy was baie aantreklik gewees, is hy nog aantreklik? hy het my ma genoem, ai ken jy hom persoonlik of nie, is sy cd al op die rakke? dankie en groete.

  10. Koeksister, nee, nie so erg nie, maar oral is die wedywering duidelik sigbaar. Die gees is heerlik! En o ja, daar is nog ‘n span waarvan ek vergeet het!😳 Sorry Riebeeckstad!

  11. Ja Bytjie, sien hom baie, ek werk vir sy skoonsuster, sy 2de seuntjie is nou die dag gebore, hy is nog steeds baie aantreklik, het bietjie gewig opgetel, maar hy lyk nog steeds baie goed.

    Sy cd’s is al op die rakke ja. Sy nuutste cd is “ek wil lewe vir more”. Invite hom op facebook Bytjie, ek dink hy sal bly wees om van jou te hoor.

  12. Baie dankie koeksister ek gaan kyk op facebook.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: