‘n Goue staaltjie

Ek het onwillekeurig vandag gedink aan ‘n voorval wat op skool gebeur het.

My hele lewe lank het ek ‘n ma gehad wat by die huis was. En as kind is dit nie juis iets waaroor jy sit en tob nie. Vandat jy verstand begin kry het is sy maar daar. Soggens aan tafel is jou weetbix in die bak. Middae kom jy van die skool af en die stofsuier se draad le oor die sitkamervloer met jou ma wat ‘n lange sit en trek op die rusbank met bloedrooi wange van die harde skoonmaaksessie. Die kaas en tamatie toebroodijies sit al en wag op die kombuistafel. En die kool en meatballs is al reeds op die stoof.

En so het dit gegaan, vir jare. Nou begin jy ‘n ander soort verstand ontwikkel. Een waar jy besef dat tyd vlieg en as sulks besef jy dat voor jy daar was het ma actually ‘n lewe van haar eie gehad. Dit kom toe uit dat sy ‘n verpleegster was…een dag lank lank gelede.  En toe word sy ‘n huisvrou…’n harder werk sonder pay.

Ek was seker 14 toe ek die dag vir haar vertel dat ek en my suster na onsself kan kyk in die middae. En dat dit OK sal wees as sy weer wil gaan werk. Die doner alleen weet ons huis het die ekstra inkomste nodig gehad. Maar dit daar gelaat…ek wens julle kon haar gesig sien toe haar jong seun nou sulke woorde kwytraak. Sy’t natuurlik eers gewonder oor waar so ‘n opmerking nou sou vandaan kom, maar sonder om ‘n woord te se kon ek sien ek het nou die saadjie geplant.

‘n Maand later werk sy. Nou verskoon my as julle dink die post gaan oor my ma. Die ene is eintlik opgedra aan my suster.

Oor sy soggens die laaste ene was wat die huis verlaat het en middae die ene was wat eerste daar was, was sy op sleutel duty gesit. Ons het omtrent 10 minute se stap van die hoerskool af gebly, maar ek was al voor sewe op pad. Eers na my vriend se huis toe en dan daarvandaan skool toe. Sy, on the other hand Darren, het ‘n viendin gehad wat HAAR kom haal het soggens. En een oggend vergeet ek my hokkiestok by die huis en besluit om terug te hardloop en die ding te kry voor sy skool toe loop.

Ek storm soos ‘n besetene op die voordeur af en gryp aan die knop en in die draai wil ek sommer insuiker. Ek loop myself des moers teen die voordeur. Ek val so drie tree terug en land met ‘n hik op my gat. Nou begin ek panic. Ek mis nie ‘n hokkieoefening nie. Dis al wat ek oor het naas vriende en skool en die moer alleen weet ek mis dit nooit. En ek is soos ‘n vlakhaas bo-oor die muurtjie aan die kant van die huis. Ek soek ‘n venster wat half oop staan, maar kry niks. Hier hoor ek geluide uit my suster se kamer kom, en dit was seker panic oor ek nie wou laat wees vir skool nie, of dalk selfs die feit dat ek my donerse hokkiestok wou gehad het, maar ek’s skielik so die moer in vir haar oor die voordeur gesluit is en sy nie kon hoor ek val myself kisboude nie dat ek soos ‘n mal mens aan haar venster begin slaan. “Maak oop die voordeur! Maak oop die voordeur!!”

In ‘n oogwenk is die musiek sagter…toe morsdood…

En ek is weer soos ‘n vlakhaas oor dieselfde muurtjie, glip, val my klokke simpel op die muur en kruip voordeur toe.

Hande viervoet met drogbeelde wat voor my verbyflits (ek skryf dit toe aan pyn – my een sinker hang vandag nog laer as die ander ene) wag ek vir die deur om te “open sesame”. Niks!

Ek trek myself op aan my ma se hangplante en trek op die koop toe sommer so twee uit die stoep se plafon uit. Kyk, nou staan ek in pyn, half gehurk met grond oor my rug en kop, genoeg sand in my onderklere om malvas in te plant en die blote idee van my suster wat die deur nou enige tyd sal oopmaak hou my aan die gang. Al is dit net om te voel hoe dit voel om my hande toe te maak om haar keel.

Steeds niks.

En toe sien ek die half oop sitkamervenster. Soos ‘n wafferse gimnas is ek op die vensterbank en wikkel my soos ‘n krap / klouterdief sideways op hom tot ek by die halfoop venster kom. Steek een arm in om te kyk of ek die slot aan die binnekant kan bykom en kry dit reg. In ‘n japtrap is die venster wyer oop en toe ek my voete binne die venster sit hoor ek hier skrams agter my die geloei van ‘n sirene! Die doners / polieste sit toe en kyk hoe ek “by die huis inbreek” en ek weet van niks…absoluut blind van woede en desperaatgeid.  My voet klip en ek slet van die vensterbank af binne in my ma sy delicious monster.

Dis toe eers dat ‘n witgeskrikte suster die voordeur oopmaak en die polieste kom vertel dat ek haar broer is en sy IS SORRY DAT SY HULLE GEBEL HET! 1990 – dial 10111 – reaksietyd, 2 minute! 2008 – dial 10111 – on hold vir 30 minute!

Toe bel ek die skool en se ek’s siek…

5 Responses

  1. Flippen kwaai, maar was jou suster ook alleen tuis toe jy daar kom?Ek dink jyt jou gataf geskrik.Lae sinker of te not klein Pagoda is mos `n bewys dat jy kan.(lol)

  2. Die klokke het darem oorleef!!!!! Jacques is bewys daarvan! hehehe (Eish, lyk my ek het nou net een ding op die brein (excuse the pun))

  3. 😆 Dit was ‘n lekker storie.

  4. lol @ Pagoda.

    Ek wonder ook nou soos Brein. Was jou sussie alleen by die huis?

    Darem is daar niks fout met die linker-klinker wat laer hang nie…whahaha.

  5. Cool storie Pagoda🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: