Snip & tuck, en jy is ‘n Ferrari …

So op die trant van gynies, wil ek nou vandag hier op die manne se voorstoep kom skrop en praat oor vasektomies.

Ek dink mans moet twee keer dink voordat hulle so ‘n drastiese stap neem. Ek sê nou nie die arme vrouens moet al die voorbehoedwerk doen nie, maar ek sal verduidelik hoekom ek so dink. Met husband nr 1 wat oorlede is, was ek toe mos nou reg vir babas toe ek met husband nr 2 trou (die moerige bodyguard). Ek sê toe sommer ook van die staanspoor af vir hom dat ek nou kinders wil hê. Hy het toe reeds 2 uit sy vorige huwelik en is nie vreeslik entoesiasties nie. Toe ons trou op Mauritius, los ek summier die pil. Toe kom die groot wag, maar niks gebeur nie. Ek gaan gynie toe, hy toets my deeglik, en sê dat daar geen fout met my is nie, maar my man moet inkom vir ‘n toets. Ek sê toe hy sal nooit inkom nie (hy het dit sommer van die staanspoor af duidelik gemaak), maar dis anyway nie nodig nie want hy het reeds 2 kinders om te wys hy is vrugbaar genoeg. Die gynie stem nie saam nie, maar sit my op vrugbaarheidspille. Niks gebeur nie. Hubby troos my in die aand as ek huil omdat ek nie kan babies maak nie. Toe stel die gynie voor ons vang hom met ‘n slap riem. Hy maak 2 afsprake vir my vroeg in die oggend en ek moet net sorg dat ek en hubby stout raak voor die tyd en dan moet ek soontoe jaag en hy haal die spermpies uit my en toets hulle. Maak toe so, en altwee kere kyk die gynie na die goedjies onder die mikroskoop en sê dat daar geen lewe is nie. Hy sal moet kom vir ‘n toets, wat hy natuurlik steeds weier.

So kom kuier sy suster toe een naweek en ek vertel haar van my stryd om swanger te raak. Sy kyk my aan asof ek getrip het en my kop teen ‘n bol droë honnestront gestamp het en sê: “Maar my broer het dan ‘n vasektomie gehad!” Het jy al ooit ‘n emmer yswater in die gesig gekry? Dis hoe ek daai dag gevoel het.

Hy ontken dit vir nog 2 dae lank en erken dit toe later toe ek aandring dat hy dan vir ‘n toets moet gaan. Ek huil vir weke aaneen. Hoe kon hy my so bedrieg het? Wel ons is toe mos anyway later geskei soos julle weet.

Ingilsman het my van die begin af gesê hy is ‘n Ferrari, en hy gaan nie vir enige turn around ops nie. Dit kan in elk geval nie werk as die operasie langer as 10 jaar tevore gedoen is nie. So toe maak ek maar vrede dat ek nie kinders gaan hê nie.

Ek dink net mans moet nie sommer nadat hulle kinders gehad het daai snip & tuck ding gaan doen nie, want mens weet nooit watter paadjie die lewe met jou gaan loop nie. Jy en jou liefie skei dalk en jy trou weer met ‘n jong bokkie wat babies wil hê. Sommige mense gaan vir inseminasie of aanneming, maar dis nie vir my nie. Dan stort ek maar eerder al my liefde en tyd op my dierekinners uit, en word Cruella de Ville …

15 Responses

  1. 😆 Cruella de Ville sê jy. How wêna!!

  2. Ek stem totenaal saam. Ek het in ‘n hospitaal in Engeland gewerk en kan jou nie se hoeveel 50 jarige mans ons ingekry het, met vroutjie nommer 2 of 3 of wat ookal, wat dan wil babas he nie.
    Dan word al daai geld gespandeer om daai ou se tubies weer aanmekaar te werk en ergste is, dit werk nie eens altyd nie.

  3. Wat is die toppunt van manlikheid?

    As jy huis toe draf na ‘n vasektomie. hehe

  4. Anniegetyourgun

    Daai is en bly ‘n baie moeilike onderwerp. Die een kant is daar die man wat sy vrou die gesukkel van komplikasies met medikasie wil spaar.
    Maar soos jy se wat van die toekoms, mens weet nooit wat se draaie loop die lewe met jou nie.

    Vriende van my ouers se klein seun het verdrink op sesjarige ouderdom. Die Pa se operasie was klaar gedoen en die uiteinde is geen kinders verder nie.

    Dit bly ‘n baie moeilike een, niemand het ‘n regte antwoord ooit in meeste sulke gevalle nie.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄🙂

    PS: Nee Brein jy kan nie “volunteer” nie.👿

  5. Mag ekke volunteer?

    Ek sal met my vrou praat dan reel ons ietsie Annieget!

  6. 🙂
    ((((((Annie)))))
    maar Cruella de Ville? nee ek glo nie. Jou hart is te MOOI!!!!!!!!
    My seun is mal oor jou 😛

  7. Annie ek is `n moerse voorstaander van vasektomies, dit bevoordeel die vrou baie meer. Ek het reeds myne gehad in 1993 het een dogter nou 21 jaar oud.Maar fok glo my ek soek net een.Ek se mos nou het ek my blasting ticket, he he he.

    Nee mense moet van die begin af oopkaarte met mekaar speel in tweede huwelike of meer.

    Ja dit kan weer omgekeer word ek het al op Tv gesien hoe word dit gedoen en dat daar goeie suksesse was.Maar ek se vir baie van ons vriendinne wat nie kinders het nie , ek sal hulle uithelp, dan se hulle maar jys dan regemaak, dan se ek ja ek weet maar kom ons probeer en as jy nie vat nie dan probeer ons weer en weer en weer.

    Viva vasektomie.

  8. O ja ek volunteer!!!!!!!!!!!

  9. OK Pagoda! Maar ek soek dit in ‘n botteltjie! hehe Brein, die Ferraris help my niks, verskaf net plesier!

    Thanx Monnatjie, ek dink ook jou seun is great. Job well done met daai ene se opvoeding!

    Ek spot maar net met die Cruella de Ville oor ek ‘n stiefma is, maar ek is ‘n groot softie soos Monna sê. Stiefkinners loop bo-oor my!

  10. Ai Annie, dis ‘n moeilike een. Jammer dat jy nie self die experience van moederskap kan ervaar nie. (Darem is jy ‘n stiefma al is dit seker nie dieselfde nie).
    Ek dink jy het seker die bederfste diere kinders, nê?

    Ek kan altyd my brat (3 jr) vir jou stuur vir ‘n naweek of so…..hehehehe… jy sal hom vinnig terug stuur.

  11. Hi julle almal

    Wat ‘n heerlike verrassing om julle hier raak te loop.
    Hoop julle het ‘n heerlike dag.

  12. lindawskus?

  13. Hallo Linda!!!

    Ek vra ook soos Koeksister – Is dat LindaWkus?

    Ag dis lekker om jou hier te sien.

  14. Ja dis maar ‘n hartseer storie, presies dieselfde ding het met ‘n vriendin van my gebeur. Hy het reeds 2 kinders uit ‘n vorige huwelik en sy gaan vir elke denkbare toets onder die son. Hy weier om vir toetse te gaan want hy het mos 2 kinders. 3 jaar se probeer, pille en sy het selfs ‘n operasie gehad om te kyk of dit nie sal help nie en toe noem sy ook die probleem aan ‘n vriend van haar man en hy noem toe dat sy vriend dan ‘n operasietjie gehad het. Hoe laag kan ‘n man dan nou daal. Nodeloos om te sê. hulle is uiteindelik getroud en sy is nou baie gelukkig getroud en het een pragtige seuntjie.

  15. Ja Beertjie, mens kry varke en varke!
    Koekie, nee wat, hou maar jou enetjie veilig daar by jou en ek bederf maar my dierekinners! hehe
    Dit moet LindaWskus wees! Ons e-mail mekaar nog.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: