Spietkop………..

My pa was ‘n Spietkop. Maar jy mag nie Spietkop gesê het nie. Jy moes verkeerskonstabel gesê het. Ek praat nou van die 70’s.

Hy was ‘n m@erse imposante man gewees, het amper 2 meter in sy sokkies gestaan, was groot en fris gebou. Het voorarms gehad soos Popeye en sy vingers het gelyk soos piesangtrosse. Hy was altyd bruin gebrand en het gietswart hare gehad. Ek het sy vriende eenkeer hoor sê dat as hy jou geklap het, het dit gelyk of hy jou reg rondom klap.

Hy het eenkeer ‘n medal for bravery in Jhb gekry, hy het 2 bankrowers wat uit die bank uitgehol het met hulle sakke geld, genader, elkeen ‘n vet klap gegee en in sy kar se boot gegooi en half bedwelm by die polisiestasie uitgehaal.

Maar ek was mal oor sy spietkopklere. Donkergrys hemp met swart das en swart baadjie. Swart broek wat so gepof het om sy bobene en gietswart leerkamaste . En al die swart belde wat om sy middel en om sy bolyf was en al die badges! Ek en my sussies het baklei om sy kamaste te polish, en die beste van alles om sy motorfiets te was en sy dienspistool te help skoonmaak.

Dis was die eerste keer wat ek geleer het van ‘n 9mm Parabellum, en ek was mal oor daardie woord en het dit oor en oor herhaal, parabellum, parabellum……..

Ek kon eenkeer onthou toe my ma besig was om skottelgoed te was (die venster het oor die straat uitgekyk), kom hy van die werk af en swaai met ‘n swierige draai in die oprit in toe sê sy: “ O, fok hier kom die Gestapo……”

8 Responses

  1. Weet jy Koeksister, dis lekker om trots te wees op jou pa. Ek was net so trots op myne. Hy was mynkaptein op Rustenburg Platina Myn, en ek het baie myn-voordele kon benut, soos perdry-lesse vir R4 ‘n les deur die beste instrukteurs. En die kerspartytjies was great! Dan was hy nog Kommandant van die Rooikruis Wes-Transvaal, met net so ‘n impossante uniform.

    Daar is maar min dinge in die wêreld so mooi soos ‘n man met uniform! Ek kyk nou weer my Ingilsman toe ek hom oplaai by die lughawe – hy is ook lank (6 vt) en met sy blou vlieguniform is hy darem ‘n dish. Ek het amper nie teruggekom werk toe nie! En 2 girls wat langs ons by ‘n robot stop tjaaf hom so wragtig voor my! Die slette! Hulle ken Annie nog nie…

  2. Julle ouens, ek is nie more by die werk nie. Ons gaan miskien weg die naweek. Hoop ek sal kan inloer…

  3. Geniet die nawekie Annie😉

    Ja-nee, ‘n uniform doen dit nogal vir my, ek het nou-nog Kuifie se army foto’s wat my behoorlik laat kwyl.

  4. 😆 Lekker herinnering….Gestapo!😆

  5. My seun is in die polisie en hy is die mooiste man in uniform wat ek ken. Hy is egter nou na die speurtak verplaas en dra nou net Woensdae uniform. ‘n Man in uniform bly maar mooi.

    Annie, hou matigheid voor oë en pasop vir die carpet burns.

  6. Mooi stukkie Koeksister.

    Ja, ‘n man in uniform….mmmm. Vir al Lugmag.

    Hehehe Annie, ek sien al hoe gluur jy daai “slette” aan. Enjoy jou tydjie saam met Ingilsman en soos Linda sê oppas vir daai carpet burns.

  7. Ja Koeksister jou pa was soos `n ruwe ongeslypte diamant, ek ken ook sulke ou garde wat nie kak gevat het nie, maar ook vir jy baie lief is.

  8. Dis so mooi geskryf. Ek sien sommer die gesin en pappie wat so trots is en hard werk. Uniform manne van lank terug het altyd so netjies gelyk, respek afgedwing in `n mooi sin van die woord en mens het veilig gevoel met hulle in die omtrek.

    My pa was lank RSM op Rooikop Lugmag basis (Walvisbaai) Ek kon my altyd vergaap aan die mooi jong troepies met hul netjiese hare, swart pt broekies oor naweke en darie help my sterk lyk wessies.

    Een ding wat nettie so lekker was nie…pappie was `n dem sant-majoor bydie huis ok. Dis waarom ek maar besluit het op `n boer!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: