Bloody as hell vs. well done

Nou die dag toe chat ons so oor hoe gaar almal van hulle vleisie hou. Vertel ‘n vriend van my wat hy nou die dag aanskou het. Hulle kampeer iewers in die bosse en langs hulle trek ‘n GP nommerplaat in. Net ‘n man en vrou maar niks snaaks daaraan nie.

Daardie aand pak die man ‘n hele sak charcoal op die vuur, toe die kole reg is, kom sy vrou met 2 sulke dik steaks uit, sulke menere…. Hy gooi nog ‘n halwe sak charcoal uit vir die wis en die onwis, pak die steaks op die vuur en toe lui sy selfoon. Hy praat vir ‘n uur en toe swing hy vir die eerste keer daardie rooster om, gee die foon vir sy vrou om die familiekrisis te ontlont en sit nog charcoal op. Na ‘n uur kom die steaks af en sy bring nog twee en die hele braaiproses herhaal homself.

Teen daardie tyd toe het die voggies al goed getrek en altwee gaan slaap sonder om te eet. Die volgende oggend eet hulle steak saam met die ontbyteiertjie, die middag is die steak opgekap vir stir-fry en die aand word die orige steak warm gemaak saam met ‘n boereworsie.

Toe’s dit seker so goed jy kou aan ‘n stuk cardboard………

10 Responses

  1. So ou moet sy tande laat uittrek sodat hy vir die res van sy lewe aan boerpampoen moet suig!

  2. Gautengers kan jy skoensole voer, dan sal hulle jou glo dis steak😆

  3. Haha😆

  4. Sonkind

    Ek whatch jou, pasop vir daai stelling.😉

    Party mense se gewoontes is maar uiters eienaardig.

  5. Sonkind, jy beweeg op dun ys! Ons weeeeeet meer van steaks as die Kapenaars! Hulle ken net van vis en patats! En ons eet ons steaks rare! Baklei nie, sê maar net…

  6. Het vandag weer my steak geeet nadat ek eers ‘n stetoskoop teen hom moes hou om te hoor of daar nog hartklop is! En ek’s ‘n kapenaar!

  7. Sonkind,Fokkit nee ek like my steak medium/rare meer rare as medium.En net met growwe sout en swartpeper. Julle Capies met die vermiste voortande suie maar aan daardie viskoppe en patats soos Annie se.Maar ons beny julle mooiste Kaap.

    Maar ja steak moet jy van die rooster af eet en om dit later weer warm te maak al was dit rare, is grouse dan`s dit so taai soos `n knortoffie.

    Daardie mense het verseker te veel gesuip.

  8. Skies Pagodatjie. Het lelik veralgemeen daar. Mens mag nooit veralgemeen of ‘n sekere groep mense label nie. Ek beplan anyway om eendag ‘n Kapenaar te word. Patateters bo! hehehehe

  9. Nee jis daai mense weet hoe om ‘n goeie stukkie vleis op te d@nner.

    lol @ patateters!!

  10. Nee hel, so mors jy nou nie met ‘n leker stuk steak nie. Dit is fokken sonde!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: