Uitbuiters en rowers.

“Jy mag nie jou naaste uitbuit of hom beroof nie. Jy mag nie ‘n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie.Levitikus 19:13.

Ek wil bietjie uitvaar teen werkgewers en besighede wat in die jaar 2008 poste adverteer in openbare dagblaaie teen minder as `n dagloner se loon.Wat se dit van jou besigheid as jy `n persoon wat sewe dae `n week , twaalf ure per dag hom afsloof vir jou en slegs een dag in twee weke af is as jy so voel.

Ek dink dis `n skreiende skande , sover ek kon onthou was die dagloontariewe wat deur die staat vasgestel word in 2006, R90.00 per dag.Nou twee jaar later en met al die prysverhogings in die land betaal sekere firmas permanente werkers wat 24/7 werk R2500. 00 per maand en dan noem die onbeskaamde bliksems dit `n salaris.Dagloners aan die Oosrand vra R90.00 `n dag om in jou tuin te werk van 7 tot 4.As jy dit maal met gemiddeld dertig dae `n maand gee dit jou R2700,00 per maand wat die ou op die hoek van die straat vra vir sy dag se arbeid.

Party van die adverteerders probeer soveel heuning in die advertensie plaas dat R2500.00 per maand soos `n moerse klomp geld klink.Weet jy wat se dit vir my jou besigheid krepeer en jy dink in elk geval fokkol van jou werknemers en wat doen dit aan jou besigheid se image?

Maar weet jul wat?Dis gewoonlik die mense wat so veel as moontlik wil pocket en moer baie geld maak , maar te fokken inhalig is om hul werkers beter te besoldig.

Dankie Here vir ons werke en my dogter van 21 verdien drie maal soveel as wat die patetiese besighede aan baie ouer mense betaal.

Jul wat jul werkers enige iets minder as R3000,00 per maand betaal, is uitbuiters en niks beter as enige rower daar buite nie.

Die posting is opgedra aan `n vriend van my se dogter en almal wat so bedonnerd word.

16 Responses

  1. Hoor hoor Brein!

    Ek maak my tenk vol petrol, koop vleis en drank vir ‘n braai, n maand se sigarette en dan miskien ong so ietsie vir babakind en dan is R2500 na moer.

    Ek wonder gereeld hoe die mense dit deur ‘n maand maak.

  2. Ek werk vir so ‘n plek, ek kry van die mense darem maar baie jammer. Leef van die hand na die mond.

  3. Brein, ek stem heeltemal saam met jou. Aan die Weskus word die mense regtig uitgebuit. Ek het 4 jaar gelede my eie besigheid begin en een van die konsultante wat vir my begin werk het, het toe so pas matriek geskryf en sy het met ‘n baie groter salaris by my begin as wat haar suster verdien het by ‘n soorgelyke besigheid en sy het toe alreeds 3 jaar diens gehad en dit boonop by ‘n firma wat landswyd verteenwoordig word. Skande!!

    Lekker naweek vir julle almal.

  4. Ek stem heeltemal saam Brein.

    My man moes onlangs homself in die verleentheid stel deur vir sy baas te vra vir ‘n salaris aanpassing. Nadat ons ‘n lys van ons maandelikse uitgawes vir hom gestuur het, is sy salaris toe aangepas. Dis swak!!
    Hoekom moes hy eers vra vir so iets. Hulle weet die mense sukkel en alles gaan net op.

  5. diebrein
    Hierdie is ‘n verdomde euwel wat ons land se mense aan hulle self die reg toe eien om ‘n ander uit te buit. Nee my hel man, daar is firmas wat hulle mense met so klein salaris dan nog sal net 2% verhoging gee omdat dit nie goed gaan met die ekonomie nie.

    Intussen sponsor dieselfde blikskottels sport en ander gemors teen astronomiese berdrae en vir amper geen voordeel nie.

    Wetters.👿 hulle ruk my moer meter in die rooi in.😯

  6. Hey hey

    Dis `n sad ding, maar die ryne wit waarhyt.
    Aag, my hart gan nog helemal stikkint-stikkint gaan da-oor…
    `n Kind wat so te se voor my groot geword het, trap orie tou (plas dat sy die oukie se ou dingetjie daamee ophang) maar nietemin. Ore is min en oukie hol weg. Meisie trou later en het nog `n kind en noggie matriek nie. Oukie slat ha blou en groen en skei is die antwoord….sjame.
    Nou sit sy met gr.8 sertifikaat en kry R 2 200 p.m. voor aftrekkings. Sjame, ja ai…wat sal ek se?
    En dis elke dag skool toe, werk toe, klere, kos en u name it. En die 2de pappie betaal ook net wat helemal verpligtend is. Die 1ste ene is nou-nog weg.

    Alles maak mens se kwaad en die lewenskoste gaan net op en op en op.

  7. Dankie aan almal wat met my saam stem oor die een.Erens moet daar seker `n organisasie wees wat sulke uitbytende firmas en besighede se name erens moet publiseer as swakste betalende en onderdrukkende firmas en hulle dan rate van een tot wat ook al.

  8. Ek stem Brein! Dis ‘n skreiende skande! Ek weet eerlikwaar nie hoe mense kan oorleef op so ‘n “salaris” nie. Dis eerder ‘n tip. Maar ons is ook geneig om te kla (ek self) met die Woolworths brood onder die arm. Lekker dag julle!

  9. More more almal! My dogter se baas is een van daai moere wat dink hy doen sy werkers ‘n moerse guns. Hy betaal my dogter R 5000-00 per maand, voor verlede week besluit hy dat hulle twee nie oor die weg kom nie en dat sy maar ‘n ander joppie moet soek – die eintlike rede; sy wil nie “bend for a friend”. Hy het ook al klaar ‘n replacement vir haar gekry – BAIE gewillige ou dingetjie maar erg dom.

    Hy vertel toe my dogter kan maar dieselfde dag klaar maak hy sal betaal tot einde van die maand; die Hero!! Wel ongelukkig vir hom het hy vergeet my dogter het ‘n “bitch” van ‘n ma wat lank in “Labour hire” gewerk het en nogal so bietjie die wette ken.

    Ek het die bliksem gebel en mooi verduidelik dat ek weet dat hy geen UIF afgetrek en oorbetaal het nie, hy is nie eers geregistreer vir UIF of TAX nie. Ek soek een maand se salaris as kennis vir my dogter en dan ‘n brief waarin hy haar dienste beëindig en hoekom. Stupid wat hy is faks hy sommer gougou die nodige dokumente na my toe, en ek saag af Dept. of Labour toe.

    Ek moet julle waarsku, jy wag jou gat af om gehelp te word by die labour dept. want ons is té wit en het geen reg om te kla nie, maar ek het “velcro” in my gat en het gesit tot hulle my sad storie gehoor het en ‘n klagte registreer het. Een poepol minder wat die mense kan uitbuit – sy maatskappy word ondersoek en hy word aangekla van bedrog!

    • Fantasties! Dankie vir mense soos julle wat nog opstaan vir jul kinders en ander blanke mense!

  10. Goed gedoen Bons🙂

  11. Kwaai Bons, jy is soos ek , ek het ook so twee/ drie maande gelede my dogter se werkgewer met die law gslaan en hy moes die wet van Transvaal eerbiedig.

    Annie ja maar Woolies se goedies is so lekker, ja as mense dit nie gewoond is nie hoef hulle nie te kla nie, hulle gaan dit mos nie mis nie.Maar as ek daar moet wees sal ek ook Woolies mis.

  12. ek stem saam, met alles wat op gaan kan die mense nie meer oorleef nie, maar aan die ander kant by my man se werk kry die ouens baie goeie salaris maar dan sal hul te lui wees om te werk en omdat hulle kontrakteurs is op myne, jaag die myn hulle weg om dat hulle k#k sleg is, dan kom huil hulle by my man.

  13. ek hoor jou maar my moer koer weer vir die derduiwels wat betaling wil hê maar afboek met siekte om elek hoek en draai en sommer vir pa wat siek is en ma wat siek is en wie ookal en jy is maar verlee oor die arbeid – anders moet jy weer nuwe ten duurste oplei. jy mag ook nie vrae vrae nie dan word jy gedreig met ek sal ander werk soek. Nee wat sulkes kan vir my part ma R1000 ook kry!
    Hier by ons kom mense uit met R800 per maand omdat hul 20 in een huis bly. en kyk maar hoe lekker lewe hul op die all pay.

    Linda weskus – wanneer kom Steve weskus toe? laat weet my asb hier op die site.

  14. Ja Prok jy het `n punt beet, maar ek praat nou van goeie en getroue werknemers.Dankie vir jou bydrae.Nou gaan ek horisontaal verkeer, lekker aand verder.

  15. Dit is 100% die waarheid! Nie net ‘n probleem in SA nie maar selfs wêreldwyd. Dink dit is net soveel meer tasbaar in SA omdat die Rand mens ook nie regtig vêr wat nie…

    Is maar bliksems! Kan verstaan dat mense opstandig word – wit of swart – ek sou ook!

    Groetnis.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: