Skoolcrush

1981. En hier beland ek in die Hoërskool. Bobbysocks tot bo by my knieë en my romp ook tot by my knieë. Twee ponytails aan weerskante van my kop, my oë lyk soos vraagtekens. En my constant companion: aknee. Staan ek saam met vriendinne een oggend by die vierkant met ‘n groot wit plakkaat teen my bors vasgespelle: “slymerige, snotterige vet groen wurm”. Stap die ou verby…

Mense, wat ‘n hunk. Ek sê vir my vriendinne, hierdie ou kan my nou enige tyd ‘n druk gee, ek wil myself verloor in sy arms. Vind ek later sy naam uit en hy speel vir o/19a, eerstespan ruby. Bul van ‘n man, lyk soos ‘n teddiebeer. En ek is verlief, maar hy kyk nie eers in my rigting nie. Ag nou ja, so maak hy matriek klaar en verdwyn in sy lewe in. Ek het daardie jaar ‘n diploma gekry vir 100% bywoning, die eerste keer en ook die laaste keer.

Later jare sit ek en ‘n vriendin in ‘n pub en ek hang soos ‘n wafferse barfly aan die kroegtoonbank, stap hierdie man my tromp-op en sê ek is die mooiste vrou in hierdie hele bar. Toe is dit die teddiebeer, ek sal hom oral erken. Jy kon my omtik met ‘n veer.

Ons het aan die gesels geraak en ek het hom toe van my skoolcrush vertel, en laat ek dit maar so stel, ek het toe my druk gekry……………..😉

Vertel my van jou skoolcrush toe?

12 Responses

  1. Jong …ek het gereeld crushes gehad op girls, verskillendes, die hele tyd!

    Sodra die ene uitbom, beweeg ons aan na die volgende ene toe.

    Ek was ongelukkig nooit een van daai wat crushes aangewakker het in die skoner geslag nie…eerder die ene wat gedurig crushes gehad het wat nooit in iets meaningful ontwikkel het nie.

    Ek het een gehad op my vriend se sussie, maar sy wou fokol weet van my nie. Jare later, by die einste vriend se troue waar ek best man was, VRA SY MY VIR ‘n DANS! Toe vry ek haar ore van haar kop af, charm haar uit haar onderklere uit en vir maande daarna het ek gebuk gegaan onder love letters van haar af uit Kroonstad. Dis toe dat ek besef die curse is gebreek. Ek kan nou maar aangaan met my lewe…

  2. Helloooooo julle

    Loer net gou in want Ingilsman kyk Grand Prix. Dis soos heiligdom in ons huis. Niemand mag hom pla. Baie school crushes gehad. Nie een van hulle het in my rigting gekyk want ek was maaaaaaeeeeer soos ‘n kriek. My pelle het die ouens gekry en hulle moes almal trou (oordeel hulle nie, dit kon met my ok gebeur het). Vandag is ek steeds maererig, maar ek lyk beter as hulle almal (ek dink!) En ek het nou die beste ou!

    Lekker Sondag vir julle hoeners

  3. Ja Koeksister ek het `n paar gehad, maar een “M” wat ek kwaai gelike het in standerd nege (1981), maar nooit `n move gamaak nie.Maar een Saterdagaand in 1983 het ek by haar gaan kuier terwyl ek op pas was.Ek het later uit Kroonstad vir haar geskryf terwyl ek my opleiding gedoen het en sy vir my, maar sy het nooit my brief ontvang nie.Ek het daarin verklaar dat ek verlief was op haar, maar ek glo een van die offisiere het nooit die brief gepos nie.

    Wel ek is toe later getroud en in 2006 (23 jaar later) loop ek haar weer raak in Springs en ons ruil telefoonnommers uit.Ek vertel dit toe aan my vrou en se dat ons klomp van daardie tyd `n “get together” wil hou, wel ek en sy het so paar maal mekaar gebel en gemail, my vrou het dit uitgevind en ek het jare se kak gehad oor niks.Maar eks moer gelukkig met my vrou en sy lyk stunning, met die beste looks en die sexyste lyf van almal op wie ek ooit `n crush gehad het en wat ek soms sien.My vrou (41 jaar) kan enige tyd langs enige 20 jarige meisie gaan staan en sy sal haar uitstof way sexy lywe aanbetref, werklik sy lyk stunning, ek dink ek hou haar so goed in shape.

  4. Hi julle

    In st 6 was daar hierdie hunk in st 9 wat vir die eerste span rugby gespeel het – nr 7. Ek was mal oor hom en ongelukkig het my niggie wat in matriek was daarvan uitgevind. Die dag met my verjaardag – dis in Januarie en was gedurende die insoutery – moes ons gaan kyk hoe die eerste span rugby oefen en terwyl hy op die pawiljoen gesit het, moes ek vir myself veels geluk sing. Ek het gewens die aarde wil my insluk!

    Sien hom nou die dag en hy lyk of hy iewers uit ‘n oerwoud ontsnap het…

  5. Die ou op wie ek ‘n crush gehad het is huidiglik my man, al vir die laaste 25 jaar! Ek het hom ook by die skole atletiek gesien en gehoor ons het dieselfde vanne, natuurlik het nuuskierigheid oorgeneem en ek moes hom ontmoet.

    Ons het vir ‘n kort rukkie uitgegaan, opgebreek en weer in std. 9 begin uitgaan. Ek was ook een van die moes trou statistieke (((Annie))), maar ons is vrek gelukkig, met drie wonderlike kinders.

    Hy is nog steed my hero, hy is moer sexy (tall dark & handsome) en hy doen letterlik alles vir my – hierdie crush was meer as die moeite werd!!

  6. Ek is mal oor julle stories!!!!
    😆

  7. 😆 memories…sy was die 800m en 1500m kampioen met ‘n lyf wat skrik vir niks. Op varsity het ek my kans gehad….maar ai, die brein was nie heeltemal so goed soos die lyf ontwikkel nie.

  8. Haai nee Bons, ek sê weer, ek kon net sowel een van daai statistieke gewees het – was net ongelukkig deurdat die nice ouens my misgekyk het! hehe

    Dis seker die lekkerste tyd in mens se lewe – daardie crush-stadium!

  9. Hi julle, kyk ek was ook nie `n beeld van skoonheid nie, ai en as mens hier in std 6 kom en jy sien die mooi groot matriek ouens dan was die hart darem aan die bokspring, daar was een Andries Fourie sjoe man, het saam bus gery skool toe en kon my vreeslik terg, ek het later met sy jonger broer uitgegaan, die was `n tweeling, hulle het poetse op meisies gebak, jy het nie geweet is dit Hannes of Jurie wat by jou kuier nie tot jy hul beter leer ken, die geaardhede het baie verskil.

  10. Annie, dit was erg tong in die kies – daarom die drukkie wat daarmee saam gegaan het ((Annie)). Ons almal weet mos nou hoe ons ou meisietjies se hormone totaal en al op loop gegaan het oor die matriek en eerste span seuns.

    Jy moet weet ek kom uit ‘n vreeslike konserwatiewe huis, en toevallig hy ook – ons het maar op gevoel gewerk en voila !! Ek moet erken ek is vir geen oomblik spyt nie en sal alles net so oordoen as ek weer die kans kry!

  11. Hulle se nie verniet die liefde is blind nie.🙄

    Dis hoekom mens in Braille vry en dan gebeur daar snaakse goed met al die vingers wat so oor die knoppe gly om uit te figure wat elke ene nou beteken.😀😆

    Koeksister, is daai skool crush as haar pa jou beet kry en te hard druk en die ribbes kraak in die proses.😯

  12. Hehe, WK🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: